Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Die Nasionale Gesondheidsversekeringswet: ’n onderhoud met ’n prokureur

Naomi Meyer, Péter Wassenaar Onderhoude 2024-05-16

"Is nasionale gesondheidsversekering indien ons slegs na die letter van die wetgewing kyk, afdwingbaar? Waarskynlik. Enige wet wat die oormag van die staat agter hom het, kan teoreties afgedwing word. Maak dit nasionale gesondheidsversekering ’n projek wat (1) realisties is en (2) volhoubaar sal wees? Nee."

Die goorste week ooit (Woensdag) deur Eva Amores en Matt Cosgrove: ’n onderhoud met Kobus Geldenhuys

Naomi Meyer, Kobus Geldenhuys Kinderboeke 2024-05-15

"Ek is bly dat prenteboeke deesdae in soveel verskillende kulture en tale die leesproses 'oopskryf' vir lesers wat as kinders (soos ek ook was!) gou verveeld raak tussen die een lang paragraaf ná die ander. Die illustrasies 'dra' soms die teks en maak ’n grap selfs snaakser, of lewer op ’n humoristiese manier kommentaar op die teks."

SA Festival of Children’s Literature 2024: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Books and writers 2024-04-30

"Rather than charge an entrance fee, we want children to be able to go home with a book or at least carry a story that they heard at the festival in their hearts for the rest of their school days, at least."

Suidoosterfees 2024: Mirre en aalwyn en Onder ’n bloedrooi hemel: ’n onderhoud met Nicola Hanekom

Naomi Meyer, Nicola Hanekom Suidoosterfees 2024-04-30

"Die mag van die verhoog is anders as die mag van geskrewe woorde. Ek het probeer om gedagtes in dialoog te omskep, om reise van die verstand voete te gee, voete wat op die planke kan loop."

Die ATKV-boeke-oase by Innibosfees 2024: ’n onderhoud met Sandra Jacobs en Annemarie van der Walt

Naomi Meyer, Sandra Jacobs, Annemarie van der Walt Feeste 2024-04-29

"Leon van Nierop se Droomjagter is in wording, en omdat hy ’n Laevelder is met noue bande met Innibos, is dit vir ons lekker om sy boek hier bekend te stel. Ons poog ook om die boekeaanbieding toeganglik vir feesgangers te maak. Danie du Toit van Spoegwolf gaan met Danie Marais oor sy nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, gesels. Dit beloof om lekker nuut en vars te wees."

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees

Naomi Meyer, JJ van Niekerk Suidoosterfees 2024-04-25

"Die ATKV het nog altyd ’n passie gehad vir teater en doen sy belofte gestand om die toekoms van teater en toneel te ontwikkel. Juis daarom vat die ATKV hande met feeste regoor die land, soos nou die Suidoosterfees, om ’n platform te skep om jongmense se talente uit te stal en jongmense bloot te stel aan teater."

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor Droomwerk

Naomi Meyer, Pieter Odendaal Suidoosterfees 2024-04-25

"Die oproep (op-die-planke-roep) van my voorouers het my ’n geleentheid gebied om oor tyd en plek heen versoening in my familie en my psige te bewerk."

Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?

Naomi Meyer, Cliffordene Norton, Sidney Gilroy, Jaco Jacobs, De Wet Hugo, Rudie van Rensburg Boeke en skrywers 2024-04-23

Dis Wêreldboekedag op 23 April. ’n Paar skrywers vertel wat dit vir hulle beteken.

Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!

Naomi Meyer, Miemie du Plessis, Nadine Petrick, Nicol Stassen, Simone Hough Kinderboeke 2024-04-23

Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix? Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel?

Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen

Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen Onderhoude 2024-04-22

"Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie."

Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2024-04-22

"Van stemloos na soomloos – dis wat ek glo ons in slaag. Om oor verskillende grense heen mense ’n verhoog te bied."

Suidoosterfees 2024: Cintaine Schutte oor Onder ’n bloedrooi hemel op die planke

Naomi Meyer, Cintaine Schutte Suidoosterfees 2024-04-19

"Ek het die boek gelees en my eerste indruk was dat elke mens in Suid-Afrika hierdie boek moet lees."

Suidoosterfees 2024: Burger King Konsert van Hoop – ’n onderhoud met Anna Davel

Naomi Meyer, Anna Davel Suidoosterfees 2024-04-18

"Die Suidoosterfees is ’n fees vir almal, en eerlikwaar, hierdie is so ’n heerlike potpourri van style en klanke om na uit te sien. Pop, klassiek, Afrikamusiek, ghoema, power ballads, Ierse musiek, Hongaars, so kan ek aangaan ..."

’n Onderhoud met Aletta Pretorius, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie

Naomi Meyer, Aletta Pretorius Skrywersonderhoude 2024-04-16

"Ek dink kinderpartytjies is maar vir die meeste ouers ’n groot stres. Veral as jy, soos ek, nou nie juis ’n huisvrou van formaat is en vernuftig is met koek bak en onthaal nie!"

The impresario at the Artscape Arena: an interview

Naomi Meyer, Elisabeth Manduell Lifestyle and entertainment 2024-04-10

"Opera is always important, no matter where you find yourself."

Top