Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud met woordghoeroe en straatmusikant Nicky Grieshaber
2024-09-16"Ek soek nog na ’n Afrikaanse woord vir 'busk' wat 'straatmusiek maak' nie tot strate beperk nie. Die busking gaan plaasvind by wat op die feesterreinkaart as die Speelpark aangedui word. Daar gaan glo drie van ons wees wat beurte maak."
BELAB onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-09-15"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud
2024-09-09Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."
The story of Emily: ’n gesprek oor Emily Hobhouse se huis as besienswaardigheid in Engeland
2024-09-03"Die huis het alles in wat ’n gesin van die tyd sou gehad het: gordyne, beddegoed, klere, meubels, boeke, speelgoed, skilderye van die familie teen die mure, en kos in die spense. ... Die resultaat is die mees akkuraat gerestoureerde middel-Victoriaanse huis in Engeland."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Zorada Temmingh oor Hoe speel die orrel (sit-sit so)?
2024-09-03"Min mense wat weet hoe ’n orrel klink, weet ook hoe die klank gebeur. In hierdie praat-en-wys gesels ek oor hoe ’n klawer se afdruk ’n pyp laat praat, oor hoe verskillende klankkleure geskep word wat die orrel amper soos ’n orkes kan laat klink, oor hoe die orrelis soos ’n seekat tekere moet gaan om betyds by al die note en knoppies uit te kom."
Ek en jy bestaan nie: ’n onderhoud met Danie Marais
2024-08-29"Namate die bundel begin vorm aanneem het, het ek besef hierdie woorde omvat op verskeie maniere wat my bedruk, bedroef en bekommer rondom al die sosiopolitieke kwessies wat ek hier bo genoem het en hoe dit ons persoonlike verhoudinge beduiwel."
Midlands Literary Festival 2024: an interview with Darryl David
2024-08-29"What makes this festival so special is how the community have come out and supported us."
kykNET Silwerskermfees 2024: ’n tweetalige onderhoud met Quanita Adams, skrywer-regisseur van Hier.Na
2024-08-28"It is never entirely one's own movie. It's such a collaborative process to make it. And maybe because I am an actor first, I am so accustomed to having things be fluid, and change, that I loved the way the story evolved when people – crew, or cast – brought their own contributions. It's magic. Alchemy."
LitNet Akademies Weerdink-onderhoud – skole: kompetisies of waardes?
2024-08-27"Mense wil van nature deel wees van ’n 'wenkultuur'. Ons raak almal opgewonde as die Springbokke wen, ons atlete medaljes by die Olimpiese Spele verwerf en Dricus du Plessis sy titel suksesvol verdedig. Daar is soveel uitdagings in ons land wat mense moedeloos en negatief laat, soos swak dienslewering, werkloosheid, verlies van mag, dat ek oortuig is dat skole en skole se prestasies dalk as ’n kruk gebruik word."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Cintaine Schutte oor ’n Begin
2024-08-26"Mens moet vertrou in die repetisieproses en al die rolspelers. Dat jy jou beste moet doen en dan oorlaat aan die teatergode."
Fietsry vir dommies by die Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Eldon van der Merwe
2024-08-23"Fietsry vir dommies laat ons toe om vir ’n oomblik ’n toeskouer te wees in die lewe van iemand wat almal dalk nie elke dag mee in kontak kom nie, al is dit die realiteit van baie mense in ons onmiddellike omgewings." Eldon van der Merwe se eenmanproduksie Fietsry vir dommies is Donderdag, 29 Augustus by die Welgemoed Kunstefees.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Skatkis vol stories – ’n onderhoud met Danneline Ramsden
2024-08-23"Ek is baie lief om Namawoorde te gebruik in my produksies. Dit gee my die geleentheid om mense bloot te stel aan die taal. Een van my gunstelingwoorde is 'xhoulag' wat beteken om diep en uitbundig uit jou maag uit te lag. Ons gaan lekker xhoulag en wie weet dalk ’n traantjie of twee pink."
kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout, skrywer van Die dekonstruksie van Retta Blom
2024-08-21"’n Storie op die silwerskerm bereik ’n mark wat die boek nie noodwendig sal bereik nie. Die feit dat al hoe minder mense boeke lees, is hartseer maar waar. En daar is stories wat eenvoudig met daardie wyer mark resoneer. Ek dink Die dekonstruksie van Retta Blom is so ’n verhaal."
Tuin van Digters 2024: ’n onderhoud met Francois Lötter
2024-08-21"Natuurlik is skryf en dig ’n persoonlike en sit-alleen-op-die-stoel-tipe ervaring. ... Maar ek vermoed skryf en dig kan (en moet dalk) in sekere gevalle meer as net ’n solo-ervaring wees, soos vanjaar se Tuin van Digters met die saamsaam-tema wil beklemtoon."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Stap in Idasvallei
2024-08-13"Vandag skep ons werk vir meer as 15 mans en vroue in die gemeenskap en het ’n fietsryprogram met meer as 30 jong kinders wat deel daarvan is."

