"Onderwys in syfers"-verslag: ’n onderhoud met Riaan van der Bergh
2024-12-09"Ons gaan moet begin om die werklike kwelpunte aan te spreek as ons die gety wil stuit. Ons moet skole bou waar mense bly; ons moet moedertaalonderrig bevorder; ons moet kyk na ons befondsingsmodelle vir skole; ons moet die vrystellings en wanbetalings omdraai; en ons moet gemeenskapsbetrokkenheid deur eienaarskap en verantwoordbaarheid verhoog."
Hierdie is ’n boek oor monsters: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
2024-12-09"As skrywer van die boek het ek my bes probeer om hulle op hul plek te sit, maar julle sal self moet lees en besluit of hierdie ’n boek oor feetjies of ’n boek oor, wel, monsters is."
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden
2024-12-04"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."
ATKV-Crescendo-feesviering: foto’s en video’s van dié goue geleentheid
2024-12-03ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar lank ’n talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaard, Jodi Jantjies en Selby Williams se loopbane afgeskop. Om die vyftigste verjaardag van die projek te vier, is twee optofgeleenthede op Vrydagaand die 29ste November en Saterdagaand die 30ste November 2024 by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch aangebied. Pierre van Niekerk het Vrydagaand gaan foto’s neem.
Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-12-02"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n onderhoud
2024-11-29"Die boek se manuskrip was vir my baie lekker om te skryf, veral omdat ek kon speel met visuele elemente soos speelkaarte en Instagram-plasings tussen die teks deur."
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2025: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
2024-11-29"Aan al die groot probleme in ons land kan ek nie veel doen nie, maar ek kan bydra tot die kind se behoefte aan ’n storie wat met hulle praat. Om dit reg te kry kan ek skrywers touwys maak oor skryf, hul teikenmarkte en die uitgewersbedryf."
Die wêreld van werk is nie kinderspeletjies nie: waarom beroepsvoorligting lewensbelangrik is
2024-11-20"In die algemeen, wanneer leerders aangemoedig word om oor hul toekoms te dink en vakke te kies wat ooreenstem met hul doelwitte en belangstellings, gaan dit nie net oor hul individuele toekomstige sukses nie; hulle stel ook die hele land op vir ’n beter toekoms."
Karyn Maughan sal nie gemuilband word nie: PEN Afrikaans se lesing oor persvryheid
2024-11-18"En vergeet van jou eie agenda, voeg sy by. Ons almal moes al ’n berig skryf oor iets waarmee ons nie saamstem nie. ’n Berig wat dalk jou grootste vyand se saak sal ondersteun. Soek net die waarheid."
Bela-optog: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
2024-11-14"Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat."
Bela-wet: Waarom die groot bohaai oor twee klousules?
2024-11-12"Bela is lank nie meer net ’n onderwysaangeleentheid nie; dit is ’n politieke, ideologiese aangeleentheid."
Voces Cordis: ’n onderhoud met André van der Merwe
2024-11-11"In Suid-Afrika het ons wonderlike diversiteit met verskillende kultuurkomponente. Dit bring ’n opwinding wat aansteeklik is!" Lees wat André van der Merwe oor die Voces Cordis-koor vertel – en vind uit wanneer hulle laaste konsert vir die jaar plaasvind.
Quinn se jaar van kwik: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout
2024-11-06"Op ’n manier maak dit nie saak wat later in jou lewe gebeur nie, jou hoërskooljare word ’n soort bloudruk vir jou lewe. Dis waarom elke jeug- of jongvolwassene-boek wat ek skryf, dieselfde subliminale boodskap dra: Jy is oukei net soos jy is!"
Madibaland @ Bookbedonnerd Literary Festival 2024: an interview with Darryl David
2024-10-31"Book Town Richmond is like the Cheers bar in Boston. It's a place where everybody knows your name."
Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange
2024-10-31"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."

