Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Suidoosterfees 2025: Hortjies dig – ’n onderhoud met Francois Toerien

Naomi Meyer, Francois Toerien Suidoosterfees 2025-04-08

"[Dit is] in wese ’n liefdesverhaal, of dan nou ’n verhaal van twee mense wat aangewese is op mekaar. Een van die partye was ’n korrelkop, bitsig, begaafd, venynig, staatloos, te na gekom; die ander een was ondersteunend, alleen, sensitief, ’n klankbord, ’n kunstenaar, sy vrou. Beide vertel ons van onsself en van ’n lewe wat geleef is – hoe suksesvol, is vir die gehoor om te besluit. En dan is daar die ongelooflike poësie van Blum wat die produksie deurspek."

The South African Festival of Children’s Literature 2025: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Kinderboeke 2025-04-08

"But the main reason I do it is to see the joy on children’s faces. ... That unadulterated smaaail is because you’ve just gifted a young child a book. Entrance is free!"

Leesstof vir die skoolvakansie! Speurhond Willem in Japan: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman

Naomi Meyer, Elizabeth Wasserman Kinderboeke 2025-04-02

"Willem is ’n goed-opgeleide speurhond wat lank diens gedoen het in die Internasionale Polisie. Hy praat en verstaan ’n hele paar tale, hy is ’n meester van verskeie soorte Oosterse gevegskuns, hy speel goed skaak (al verneuk hy soms bietjie) en hy kan Adriaan met sy wiskundehuiswerk help. Wie sou nie graag só ’n troeteldier wou hê nie?"

Waarom Donkerster goeie leesstof vir die skoleherfsvakansie is: ’n onderhoud met Annerle Barnard

Naomi Meyer, Annerle Barnard Skrywersonderhoude 2025-03-28

"Dis aktueel. Dis relevant!"

Menseregtedag 2025: Leon van Nierop oor menseregte, die regte van filmmakers – en die onsigbare draaiboekskrywer

Naomi Meyer, Leon van Nierop Menings 2025-03-25

"Die wanbegrip bestaan dat dit maklik en glansryk is. Dit is nie so nie. ’n Goeie draaiboek kan maande, selfs jare neem om te skryf. Dit gaan deur verskeie prosesse en dikwels is die finale produk nie noodwendig wat op papier staan nie. Dit word soms op stel verander om dit nog beter te maak."

Menseregtedag 2025: Saartjie Botha oor menseregte en kunstenaarsregte – en waarom kunstenaars moet skep

Naomi Meyer, Saartjie Botha Menings 2025-03-25

"Kunstenaars skep eers; die aktivisme is ’n byproduk. Kunstenaars het die wapens van subteks en metafoor, en daarmee kan hulle regimes en vergrype deurboor en gemeenskappe mobiliseer. Hulle is die gewete van die gemeenskap." 

Menseregtedag 2025: Catrina Wessels oor menseregte, kopiereg en hoekom skrywers vir hul werk betaal moet word

Naomi Meyer, Catrina Wessels Menings 2025-03-25

"Dit is tot ons almal se voordeel."

Human Rights Day 2025: mind your language! About language rights and recent developments at UCT

Naomi Meyer, Mphuthumi Ntabeni Menings 2025-03-20

"It is pertinent that UCT chose the month of March, when we celebrate Human Rights, to make this long overdue announcement about adding Xhosa as one of its official languages. Globally, throughout the United Nations, the protection of minor or native languages is an urgent human rights issue. South African indigenous languages are not minority but majority languages, yet they’re still suppressed, especially by the hegemonic preference for English."

Menseregtedag 2025, belangrike dae in die onderwys – en hoe onderwysers se regte soms geskend word

Naomi Meyer, Faeed Amardien Menings 2025-03-20

"In ’n kontemporêre wêreld kan dit lyk asof die regte van onderwysers dalk uitgeruil word vir die regte van leerders (nog altyd menseregte)."

Human Rights Day 2025: Human rights and the theatre

Naomi Meyer, Mike van Graan Opinion 2025-03-20

"But, as creatives, we should also be cognisant of who has access both to practise and to enjoy this right. Like with all other rights – healthcare, education, food, security, etc – it is those of us with resources, education and networks who are best able to enjoy these rights, as we have the capacity to pay for these to be delivered privately if government fails."

Suidoosterfees 2025: ’n onderhoud met Theo Kemp oor die Jakes Gerwel-gesprekke

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2025-03-19

"Die gesprekke is heeltemal gratis en verniet en pasella. Jy kry op die koop toe nog ’n koffie ook gratis! Jy moet egter wel groot asseblief jou plek op Webtickets bespreek, want daar is beperkte plekke."

Katinka Heyns deur die Indiese Filmfees in Suid-Afrika vir lewensbydrae vereer: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Katinka Heyns Onderhoude 2025-03-17

"Ek was van kleins af verlief op stories."

Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met Paul Strydom

Naomi Meyer, Paul Strydom TV 2025-03-12

"Dis ’n reeks, dis vermaak, maar dis ook kuns. Dit wys vir mense ’n spieël. Die meeste reekse help ons om te escape. Die ouers wat dit kyk, sal wel agterkom: die tieners in slegte situasies het nie altyd beheer oor hulle omstandighede nie. Hulle wil graag die regte ding doen."

Pharos se grondslagfasewoordeboeke: ’n onderhoud met Annemie Stoman en Delana Fourie

Naomi Meyer, Annemie Stoman, Delana Fourie Onderhoude 2025-03-07

"Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."

Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jana Hattingh Suidoosterfees 2025-03-05

"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."

Top