Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange

Naomi Meyer, Amanda de Lange Onderhoude 2024-10-31

"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."

Het van Verlangekraal: ’n onderhoud met Leon van Nierop

Naomi Meyer, Leon van Nierop Skrywersonderhoude 2024-10-30

"Met elke reïnkarnasie het ek net meer respek vir Het gekry en wou ek haar verhaal volledig vertel en reg aan haar as volledige, geskakeerde mens laat geskied. Sy was in die oorspronklike roman grootliks net ’n 'probleemkind'. In my verwerking hoop ek dat mense haar beter sal verstaan en haar selfs as ’n onwaarskynlike heldin, selfs ’n soort rolmodel, sal sien om te wys niks is onmoontlik as jou hart op die regte plek sit nie. Maar hulle moes haar tragedie verstaan."

Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na Konstitusionele Hof verwys: ’n onderhoud met Catrina Wessels

Naomi Meyer, Catrina Wessels Kopiereg-wetsontwerp 2024-10-23

"As jy as doodgewone Suid-Afrikaanse burger omgee oor die land se welvaart, behoort jy hieroor om te gee. Kunstenaars van oor verskeie dissiplines en skeppende bedrywe stel nie net wonderlike kreatiewe uitdrukkings daar nie, maar skep werk."

Foto’s en video: Bekendstellingsgeleentheid van "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp

Naomi Meyer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-18

"Dames en here", ’n boek rondom redenaars en debat, het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met Elbie Adendorff en Lisinda de Jager, gesels. Hier is foto’s en ’n video van die geleentheid.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Paranoid Android – an interview with José Dias

Naomi Meyer, José Dias Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-08

"I would say that art is always of its time, but also that great art has the potential to be timeless. By that, I already get into trouble with the postmodernists, but that’s fine by me."

Was daar enigiets geskik vir ’n dertienjarige op 2024 se Toyota Stellenbosch Woordfees-program?

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-07

"Vanjaar was daar ’n bekroonde Silwerskermfees-dokkie oor kinders en hul honde, ’n pryswenner-ATKV-Tienertoneelstuk en ’n meertalige Kaapse fantasie wat deur kinders van daardie ouderdom gekomponeer en opgevoer is. En dit was slegs produksies op die laaste Vrydagmiddag en Saterdagoggend van die fees."

Die Diana Ferrus-prys: ’n onderhoud met Zalman Davis

Naomi Meyer, Zalman Davis Boeke en skrywers 2024-10-04

"Die Diana Ferrus-prys word toegeken vir die beste poësiebydrae, en dis gestig om Afrikaanse streekstale te bevorder – of dan nou die sogenaamde Huisafrikaans. Ons glo dat die prys ’n baanbrekerinisiatief is wat poog om die ryk diversiteit van Afrikaans te bevorder en van dialekte wat dikwels misgekyk word. Ons skep ’n ruimte waarin digters hul uniekheid kan vier."

Openbare skole se finansies: hoekom ouers in Oktober oor die geldsake van hul kinders se skole moet praat

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-02

"Eienaarskap en verantwoordelikheid. Die 'openbare' aard van ons skole plaas die eienaarskap van ons skole in die gemeenskap, en die model van samewerkende beheer deur die beheerliggaam versterk dit. ’n Skool met betrokke ouers het ’n baie groot voordeel."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vergeet van my (en moenie vergeet van gratis of goedkoop vertonings nie)

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-02

"Dit kan die beeldmateriaal wees wat slim bymekaargevoeg is, of Beer se teks – wat gestroop is van onnodige woorde, en wat net die nodigste vertel of impliseer – wat hierdie film die moeite werd maak om te gaan kyk."

Die koning se bruid by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n resensie

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd."

Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"Hoe moeilik om ’n komedie te laat slaag in ’n land met soveel sensitiwiteite vir mekaar. Hoe vars en eerlik en bitter ongemaklik-snaaks is hierdie kleinverhaal. Mens kan dit ook gaan kyk net ter wille van Mandri Sutherland se hoofrolvertolking."

Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

"Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor American rhythms

Naomi Meyer, Reghardt Kühn Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Dit is wel belangrik dat mens onthou dat 'Amerika' meer is as net die VSA. Ons speel dus onder andere ’n wonderlike stuk musiek van die Meksikaanse komponis ... Arturo Márquez, Danzón Nr 2. Márquez probeer die kultuurerfenis van Meksiko na die wêreldverhoog bring deur middel van sy lewendige musiek."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."

Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud met woordghoeroe en straatmusikant Nicky Grieshaber

Naomi Meyer, Nicky Grieshaber Aardklop 2024-09-16

"Ek soek nog na ’n Afrikaanse woord vir 'busk' wat 'straatmusiek maak' nie tot strate beperk nie. Die busking gaan plaasvind by wat op die feesterreinkaart as die Speelpark aangedui word. Daar gaan glo drie van ons wees wat beurte maak."

Top