Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Die uitvaart deur Carla van der Spuy: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Carla van der Spuy Skrywersonderhoude 2025-08-27

"Die lewe is ’n asem lank. Laat elke sekonde tel."

Wenke vir matrieks: ’n matriekleerder wat verlede jaar haar eindeksamen in die hospitaal geskryf het, deel haar suksesstorie

Naomi Meyer, Marshalene de Jongh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-25

"Moenie jouself onderskat nie."

Pharos se Klein woordeboek/Little Dictionary bedoel vir groot en klein: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Annemie Stoman, Lize Burger Skrywersonderhoude 2025-08-25

"Ons teikenmark is jonk en oud, Afrikaans en Engels – enigiemand wat ’n betroubare, sakpas naslaanbron saam met hulle wil dra."

’n Onderhoud met André Terblanche, bestuurder van die Breytenbach Sentrum

Naomi Meyer, André Terblanche Onderhoude 2025-08-21

"Ons wonderlike bedryf kan gesond en voortvarend wees as ons seker maak skrywers, kunstenaars en onderwysers het ordentlike fasiliteite, sodat hulle kan fokus op dít waarin hulle goed is en waarvoor hulle lief is. So word daardie wonderlike begeerte om ’n verskil te maak nie geblus deur die beslommernis van admin, kommunikasie, bemarking en die inrigting van fasiliteite nie."

Welgemoed-kunstefees 2025: ’n onderhoud met Marieta Nel

Naomi Meyer, Marieta Nel Feeste 2025-08-21

"Die fees het vanjaar ’n groot musiekkomponent, maar boeke is ook ’n hoogtepunt. Antjie Krog is Saterdag 23 Augustus om 10h00 in gesprek met Iris Bester oor haar outobiografiese roman, Binnerym van bloed. Antjie het die hele land vol gereis om oor Binnerym te praat. Wat hierdie praatjie anders maak, is die speel van die televisiedokumentêr wat Iris 42 jaar terug oor Dot Serfontein gemaak het en Iris se toeligting daarvan."

Wenke vir jongmense wat wil skryf of in die boekebedryf wil werk: ’n onderhoud met Jannes Erasmus

Naomi Meyer, Jannes Erasmus Onderhoude 2025-08-19

"Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste 'advertensie/bemarking' is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en dit vir tydskrifte te stuur."

"Kom ons begin ’n band": ’n onderhoud met Janke Mostert

Naomi Meyer, Janke Mostert Musiek 2025-08-11

Janke Mostert praat in hierdie onderhoud oor hoe alles begin het, oor alternatiewe Afrikaanse musiek, popkultuur, lirieke, optredes in Aandklas – en hoe Dierbaar na die Maan verlede jaar die ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-kompetisie gewen het.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied, 30 jaar later – ’n onderhoud met Marthinus Basson

Naomi Meyer, Marthinus Basson Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-08-04

"Om weer aan Boklied te werk is ’n vreesaanjaende voorreg, alhoewel mens bewus is van die feit dat dit is soos om 'n ’n uiters hoë piek te moet uit. Maar dis een wat ek met baie vreugde aanpak. Beslis ook met ootmoed."

Swak gevaar in die tweede kwartaal se skooleksamen? Hier is hulp en raad

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-30

"Ek weet van leerders wat in Junie-eksamens gedruip het in vakke soos wiskunde en ander leervakke en die einde van die jaar met ’n 70%-slaagsyfer weggestap het. Hulle het eenvoudig besluit die druippunt is net ’n wekker wat hul wakkergemaak het om die erns van die saak te besef."

The Barber of Seville by Theatre on the Bay: ’n onderhoud met William Berger

Naomi Meyer, William Berger Teater 2025-07-29

William Berger bied ’n luisterryke voorsmakie – letterlik! – van wat die gehoor van hierdie vermaaklik opera binnekort sal kan aanhoor. Lees en luister ’n onderhoud met William Berger, die bekroonde baritonsanger, wat die rol van Figaro sal vertolk.

Derde skoolkwartaal: verwikkelinge rondom die Bela-wet en skoolsake – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-25

Die nuwe skoolkwartaal het pas begin. Hoe lyk die situasie in die middel van die jaar vandat die nuwe wetgewing onderteken is? Jaco Deacon vertel.

An interview with Emma Sadleir about the landmark court order against Meta – and some important social media advice

Naomi Meyer, Emma Sadleir Interviews 2025-07-23

"[I]f you wouldn’t put it on a billboard, you should not let it exist in digital format. Digital content is vulnerable content; it is dangerous content, it can be recorded, it can be shared."

Vrystaat Kunstefees 2025: Toor | Bos – an interview / ’n onderhoud

Naomi Meyer, Dineke Orton Feeste 2025-07-17

"Slippers and Roodt each chose one of Van Schalkwyk’s artworks and, with exceptional skill, pieced together a poem that relates directly to the chosen work." | "Slippers en Roodt het elk een van Van Schalkwyk se kunswerke gekies en met uitsonderlike vaardigheid ’n gedig geskep wat direk verband hou met die gekose werk." 

Francois Verster praat met Naomi Meyer oor sy jongste boek, Ill at ease.

Naomi Meyer, François Verster Skrywersonderhoude 2025-07-09

"Ek koester wel die sukses wat ons met die onderrig van plaaslike skoliere in die Caprivi behaal het – daarop is ek trots, en dankbaar dat ek die voorreg gehad het."

Hoe haal ek nou asem?: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2025-07-04

"Ons was een oggend besig om ’n kamer uit te pak. Ek het boeke van een plek na ’n ander gedra, toe ’n seun op ’n huis se dak in my gedagtes verskyn."

Top