Eendag is te ver: ’n onderhoud met Jaco Strydom
2025-07-02"Dis belangriker om lewendig te voel as om lekker te voel."
Foute in vraestelle: Sal die kinders vir die gelag betaal?
2025-07-01Die media het onlangs oor foute in sekere departementele matriekvraestelle berig. Sommige van die flaters was lagwekkend, soos die periodieke tabel wat verkeerdelik en foutiewelik in Afrikaans vertaal is. Belangrike vrae oor gehaltebeheer van die vraestelle behoort egter gevra te word – en die sielkundige effek van foute in ’n eksamenvraestel kan nie buite rekening gelaat word nie. Rolspelers van Fedsas en SAOU gee hul menings.
Tribuo Conference 2025: an interview with Joseph Gaylard
2025-06-27"There is a need to dispel myths about artists being unable to support themselves, but also for industry bodies such as Tribuo to push strategic interventions that speak to this fundamental challenge of precarity. And for us not to fall into the trap of thinking that artists must all now become businesspeople in order to solve this issue, noting that while some artists are highly successful entrepreneurs, others have talents that are more limited or focused on their core craft as artists."
Wortels, wêreldgebeure en hofuitsprake: ’n LitNet Akademies-onderhoud
2025-06-25Neels Swanepoel praat oor sy onlangsverskene LitNet Akademies (Regte)-artikel: "Uit ’n 'spirituele politieke perspektief' verteenwoordig en vergelyk ek die wortels as die spirituele en emosionele anker van ’n mens of samelewing se bestaan. Dit word in Suid-Afrika op die Grondwet geskoei. Die Suid-Afrikaanse Grondwet behoort dus gesonde vrugte te lewer. Maar dit gebeur nie."
Toorkombuis: ’n onderhoud met Karen Hart
2025-06-23"Maar wanneer ek nou terugdink, het kook en bak my baie vroeg al gefassineer. Ek kan baie ver terug onthou – van my eerste herinneringe strek so ver terug as toe ek as tweejarige in Shannon op ’n plot buite Bloemfontein gebly het."
Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025
2025-06-20Die Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstelling het op 19 Junie 2025 plaasgevind. Hier is enkele foto’s van die geleentheid en vanjaar se program. Kom deel in alles wat op die spyskaart is.
Tribuo Conference 2025: an interview with Marlene le Roux
2025-06-18"The arts and money have a peculiar relationship. People too often think they don’t 'need' the arts, forgetting the role it plays in social cohesion and the building of a nation."
Tribuo-konferensie 2025: ’n onderhoud met Theresa Olivier
2025-06-17"[M]ens kan soveel meer met kunsjoernalistiek in ’n digitale era doen!"
Tribuo-konferensie 2025: ’n onderhoud met Gideon Lombard
2025-06-17"Daar is verrassende ooreenkomste tussen kunstenaars en entrepreneurs: Albei begin met niks behalwe ’n idee nie. Albei moet waag. Albei leef tussen mislukking en moontlikheid. Maar sonder finansiële ondersteuning – of dit nou vir ’n toneelstuk, ’n produk of ’n maatskappy is – bly selfs die sterkste idee dikwels net ’n droom."
LitNet Tuishuise-inwoonskrywer 2025: ’n onderhoud met Ruhan Fourie
2025-06-13"’n Kernaspek van die herskryf van geskiedenis is die nuwe vrae wat ons van die verlede vra. Dis wanneer historici ophou nuuskierig raak oor die verlede dat geskiedenis begin stagneer. Nuwe vrae bring nuwe maniere van geskiedenis doen – metodologies, in vorm, en in temas. In die geval van [Beyers] Naudé is daar vele vrae wat opnuut gevra kan word: Tot hoe ’n mate was hy ’n propageerder van die Afrikanernasionalistiese projek, of was hy meer ’n produk daarvan?"
Tribuo Conference 2025: an interview with Lakin Morgan-Baatjies
2025-06-10"While the theme of arts and money is critical – artists absolutely need funding to continue their work – my presentation was not just about finances. It was about the often overlooked but essential role of arts administrators in the creative and cultural industries. I spoke about how arts administrators are no longer just support personnel; we are visionaries, policy influencers, systems-builders and change agents."
Tribuo Conference 2025: an interview with Tiisetso Mashifane wa Noni
2025-06-10"My presentation was a reflection on the role of one of the creative economy’s role-players, the young creatives. Where do they go from here with what is at their disposal?"
Die toekoms van die universiteit in ’n KI-wêreld: ’n onderhoud met Johan Fourie
2025-06-09"Ek voorspel dat ons binne ’n paar maande daar sal wees waar ons gaan sukkel om te onderskei tussen ’n middelmatige proefskrif deur ’n werklike student geskryf en een wat met behulp van kunsmatige intelligensie geskryf is."
Dagdigkursus by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument op 7 Junie 2025 met Danie Marais: ’n onderhoud
2025-06-06"Mense kan kom sonder enige ervaring of enige gedigte. Ek vra wel deelnemers om ’n gunstelinggedig van enige ander digter saam te bring as hulle lus het. En as jy een of twee gedigte het wat jy wil afwerk, bring dit asseblief ook saam. Dit sal lekker wees as jy kan wegstap met ’n gedig wat jy voel nou sterker is."
Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7: ’n onderhoud met Aletha de Klerk
2025-06-03"Teen eksamentyd voel dit mos of alles gelyk moet gebeur – en eintlik gister al. Die kind se konsentrasie wankel, die rekenaar gee in, en selfs die hond kruip weg. In daardie oomblik is Lees en kyk met begrip Graad 7 Huistaal presies in die kol – soos daardie ekstra stel hande wat jy nie eers geweet het jy nodig het nie."

