Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Suidoosterfees 2025: ’n onderhoud met Theo Kemp oor die Jakes Gerwel-gesprekke

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2025-03-19

"Die gesprekke is heeltemal gratis en verniet en pasella. Jy kry op die koop toe nog ’n koffie ook gratis! Jy moet egter wel groot asseblief jou plek op Webtickets bespreek, want daar is beperkte plekke."

Katinka Heyns deur die Indiese Filmfees in Suid-Afrika vir lewensbydrae vereer: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Katinka Heyns Onderhoude 2025-03-17

"Ek was van kleins af verlief op stories."

Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met Paul Strydom

Naomi Meyer, Paul Strydom TV 2025-03-12

"Dis ’n reeks, dis vermaak, maar dis ook kuns. Dit wys vir mense ’n spieël. Die meeste reekse help ons om te escape. Die ouers wat dit kyk, sal wel agterkom: die tieners in slegte situasies het nie altyd beheer oor hulle omstandighede nie. Hulle wil graag die regte ding doen."

Pharos se grondslagfasewoordeboeke: ’n onderhoud met Annemie Stoman en Delana Fourie

Naomi Meyer, Annemie Stoman, Delana Fourie Onderhoude 2025-03-07

"Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."

Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jana Hattingh Suidoosterfees 2025-03-05

"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."

Tuiskoms: hoe Afrikaans op Netflix tuiskom

Naomi Meyer, Louis Pretorius TV 2025-03-05

"Dit het begin met die feit dat Netflix begin belangstel het in Afrikaans as ’n mark en ’n storietaal."

Loeriesfontein hou ’n skole-expo en skep geleenthede: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-24

"Ons visie is om landelike kinders (meestal Afrikaanssprekend) ’n kans duisend te gee! Om persoonlike interaksie op die dag van die Loopbaanskou te hê – met kundiges, bestuurders van besighede, alumni en/of werwers vir tersiêre en ander loopbaangeleenthede en verdere studie."

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met Marsha Bothma

Naomi Meyer, Marsha Bothma ATKV-Portaal 2025-02-21

Marsha Bothma was ’n paar jaar gelede ’n finals van die Crescendo-projek. In hierdie onderhoud praat sy oor haar herinneringe en ook oor wat die projek vir haar loopbaan beteken het.

Die Adam Small-gedenklesing en voorsitterskap van die SBA: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Onderhoude 2025-02-20

"Sal Kaaps ooit deel word van die kurrikulum? Is daar jonger skrywers wat Small se oeuvre verder gaan neem? Hoe sien bruin mense hul toekoms met Afrikaans?" Michael le Cordeur, die nuwe voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), praat hieroor – asook oor die Adam Small-gedenklesing, dié naweek by die Adam Small-fees. 

Die Adam Small Boekefees 2025: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2025-02-19

"En mense moenie Willem Fransman jr se opvoering van Adam Small se werk misloop nie. Nee wat, letterlik elke sessie by vanjaar se fees is ’n hoogtepunt." 

Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé: Foto’s en video’s vir almal wat nie daar was nie

Naomi Meyer, Ansurette Pretorius Boeke en skrywers 2025-01-31

Uiteindelik wens Charl-Pierre Naudé vir Jaco Barnard-Naudé geluk met "die wonderlike skepping, raar en mooi".

Die Nagtegaal-teksprys: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-01-29

"Alle teater dien die teks. Dit is die priem, die begin, die kreatiewe vonk. Daarom moet ons na skrywers omsien en hulle behoorlik vir hulle pennevrugte vergoed." Saartjie Botha praat met Naomi Meyer oor die Nagtegaal-teksprys se visie, waarom dit nou herleef en hoekom teater lewensbelangrik is.

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met ’n vorige naaswenner

Naomi Meyer, Pierre van Niekerk Musiek 2025-01-27

"Die passie vir ons taal en kultuur klop sterk by Crescendo, en dit is hierdie hartklop wat ons inspireer om ’n nalatenskap vir die nageslag in Afrikaans te bou."

Die kinder- en jeugliteratuurskryfskool in Wellington: Pieter van Zyl vertel hoe sy boek gebore is

Naomi Meyer, Pieter van Zyl Skrywersonderhoude 2025-01-24

"My ma, Nellie Winifred de Villiers van Zyl, is die rede hoekom ek so graag kinder- en jeugboeke wil skryf. ... Met die vergeetagtigheid wat vir haar al meer ontstellend geraak het, het ek geweet ons tyd is min om ons projek te voltooi. Dis hoekom ek ingeskryf het vir die kinderboekskryfkursus om te slyp aan die manuskrip."

Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100%-slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het

Naomi Meyer, Hendrik Urion, Marshalene de Jongh, Juanicia Bates, Jeandré van Wyk, Jody Tieties SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-01-22

"As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan." 

Top