Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

We were perfect parents until we had children: an interview with Vanessa Raphaely

Naomi Meyer, Vanessa Raphaely Books and writers 2024-08-08

"We felt that editing the mass of content down to a collection of gems would be a great curated read. We believe it to be powerful (so many parents, not gurus, sharing their experience and wisdom), and we see the trends of what subjects people are concerned about daily. We could and might still publish 10 books. There’s that much."

Die geskenk deur Riette Rust: ’n onderhoud met die skrywer

Naomi Meyer, Yolanda du Toit, Riette Rust Skrywersonderhoude 2024-08-08

"Terselfdertyd besef ek ook om te lewe is om pyn te hê, en om pyn te hê is om te lewe."

Om vakwoordeboeke by te werk is belangrik: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts

Naomi Meyer, Mariëtta Alberts Onderhoude 2024-08-02

"Afrikaanse vaktaal het daartoe bygedra dat Afrikaans as akademiese en wetenskapstaal kon ontwikkel. Dit sal ’n hartseer dag wees as Afrikaanse terminologie tot niet moet gaan omdat die waarde daarvan onderskat word." Mariëtta Alberts praat met Naomi Meyer oor Mariëtta se artikel "Voorgestelde proses vir die hersiening en bywerking van vakwoordeboeke" wat onlangs in LitNet Akademies verskyn het.

Vlooi en die Olimpiese vlam by die Kunstekaapteater: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2024-08-01

"As die towersleutel begin gloei, gaan Vlooi en sy maats [karakters in die Oxford University Press-leesreeks wat vir die Grondslagfase voorgeskryf is] op ’n avontuur, en hierdie keer is die bestemming Parys! En hulle is net betyds vir die dertigste Olimpiese Spele."

Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Marieta Nel

Naomi Meyer, Marieta Nel Leefstyl 2024-08-01

"Covid het ons geleer dat ons afhanklik van mekaar is. Mense wil op plaaslike vlak byeenkom, verhoudings bou, na mekaar en die omgewing omsien. In die gemeente het die oortuiging begin groei dat die gemeenskap gedien moet word deur ’n benadering van gasvry leef. Bogenoemde gebeure het die tafel gedek vir die ontstaan van ’n kunstefees in Welgemoed."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-07-26

"Ons speel met oorgawe, oral waar ons kan, behalwe tweede viool en parte speel. Ons wou ’n tema kies wat ligter voel – daar is genoeg ander sake om oor bekommerd te wees. Speel vra oorgawe en medepligtiges, en daarvan het ons oorgenoeg by die fees. En dan het ons natuurlik kunstenaars wat hulle harte gaan uitspeel."

Sanri Steyn-omnibus 3: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen Kinderboeke 2024-07-24

Theresa van Baalen praat oor die drie Sanri Steyn-stories wat onlangs in nog ’n Sanri Steyn-omnibus gepubliseer is. (En as jy inligting oor Theresa soek met die oog op die derde kwartaal se literêrenavorsingsprojek, kyk ook hier!)

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-07-24

"Waar begin ’n mens? By Saartjie en die Woordfeesspan, wat basies vir ’n mens vrye teuels gee binne ’n baie breë raamwerk, naamlik: Ons wil vir kunstenaars ’n platform skep om hulle te kom uitleef en hulle kuns te deel, en ons wil vir feesgangers ’n lekker tyd gee." Bibi Slippers praat met Naomi Meyer oor die EasyEquities Skrywersfees by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: alles wat jy nog nie van Jaco Jacobs geweet het nie

Naomi Meyer, Jaco Jacobs Skole 2024-07-24

"Op die oomblik het ons twee en ’n half honde."

An open letter to Gayton McKenzie: responses from Yvette Hardie and Mthokozisi Zulu

Naomi Meyer, Mthokozisi Mntwana Zulu, Yvette Hardie Interviews 2024-07-18

"The arts give us the space and capacity to express ourselves freely on any topic and any concern, to meet those who are most unlike us, and to understand their points of view" ... "We create conversations that confront and heal. We speak for those who don’t have a voice and take those who need to escape, to far-away places. Audiences leave changed."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Naomi Meyer, Fanie Viljoen Skole 2024-07-18

"Idees vir stories is oral om ons." Die derde kwartaal is die kwartaal waartydens leerders navorsing oor die letterkunde of oor sekere skrywers moet doen. Met die oog hierop vind Naomi Meyer by Fanie Viljoen uit wie hy is.

Die Ampie Teater: ’n onderhoud met Anne-Ghrett Erasmus

Naomi Meyer, Anne-Ghrett Erasmus Leefstyl 2024-07-11

"Na afloop van die wonderlike konsert op ons agterstoep, moes ek bedankings doen en voilà! Daar spoel die woord spontaan uit my mond: 'Welkom by die Ampie Teater.'"

Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2024-07-01

"In my skryfpassie voel dit asof ek deur die storie gekies word. My karakters daag op, sit my neer en maak dat ek hul stories vertel. Dit klink dalk passief, maar ek sien elke idee: dié wat gepubliseer word en dié wat ek nooit vir ander wys nie, wat my gekies het om dit te vertel. Ek leer so baie uit die skryfproses en waardeer die magic daarin."

Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: ’n onderhoud met Corlia Fourie en Annelize van Rooyen

Naomi Meyer, Corlia Fourie, Annelize van Rooyen Skrywersonderhoude 2024-06-24

"[Die bundel] het spontaan ontstaan uit ’n gesprek wat ons albei laat besef het hoe lekker dit is om herinneringe aan reise op te roep. Veral die reise wat, sê maar, skeefgeloop het, het met die tyd snaakser geword en lekkerder om oor te vertel."

Kommunikasie binne aftreeoorde en boeke oor aftreeoordbewoners: ’n gesprek met Rudie van Rensburg

Naomi Meyer, Rudie van Rensburg Onderhoude 2024-06-21

Daar het onlangs ’n artikel rondom die bestuur van aftreeoorde in LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) verskyn. Rudie van Rensburg, skrywer van die Hans-reeks wat oor die ouderdom en die wel en wee van bejaardes in aftreeoorde handel, praat met Naomi Meyer oor die gevorderde ouderdom, uitdagings en grysheid met die wysheid.

Top