Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n skrywersonderhoud
2024-06-05"’n Boek moet nie net geléés word nie, ’n boek moet belééf word."
Platsak maak ’n plan vir voorlees in die klaskamer: ’n onderhoud met die skrywer
2024-05-22"Ek het ook grootgeword in ’n huis waar elkeen van ons kinders die voorreg gehad het om op ’n stadium ’n troeteldier te kon hê. Ek wens ek kon vir alle diere ’n goeie huis gee. As iemand wat my boek klaar gelees het, net ’n bietjie liewer is vir hul troeteldier, is dit reeds ’n wen vir my!"
The accordion and famo music in South Africa: an interview with RKM, The Accordion Guy
2024-05-22"The reason behind my accordion playing is solely based on my love for sounds and music in general; it gives me an outlet to express myself, and it gets me into a realm/space I can’t explain in words, but which brings peace and excitement to my heart."
BELAB: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-05-17"Wette is onlosmaaklik deel van die regerende party se ideologie en dus ook begrotings, en iewers haal beloftes en swak besluite jou in. Die probleme in onderwys is legio, maar daar is nie kortpaaie in die regruk nie."
Entrepreneursonderrig in die klaskamer: ’n onderhoud met Adri du Toit
2024-05-17"Waarde word geskep as leerders entrepreneuriese vaardighede soos probleemoplossing, kreatiewe denke en so meer toepas om probleme in hul eie lewens en omgewings te identifiseer en aan te spreek. Hierdie waarde kan ekonomies, opvoedkundig, kultureel, sosiaal of ten bate van die natuurlike omgewing wees."
Die Nasionale Gesondheidsversekeringswet: ’n onderhoud met ’n prokureur
2024-05-16"Is nasionale gesondheidsversekering indien ons slegs na die letter van die wetgewing kyk, afdwingbaar? Waarskynlik. Enige wet wat die oormag van die staat agter hom het, kan teoreties afgedwing word. Maak dit nasionale gesondheidsversekering ’n projek wat (1) realisties is en (2) volhoubaar sal wees? Nee."
Die goorste week ooit (Woensdag) deur Eva Amores en Matt Cosgrove: ’n onderhoud met Kobus Geldenhuys
2024-05-15"Ek is bly dat prenteboeke deesdae in soveel verskillende kulture en tale die leesproses 'oopskryf' vir lesers wat as kinders (soos ek ook was!) gou verveeld raak tussen die een lang paragraaf ná die ander. Die illustrasies 'dra' soms die teks en maak ’n grap selfs snaakser, of lewer op ’n humoristiese manier kommentaar op die teks."
SA Festival of Children’s Literature 2024: an interview with Darryl David
2024-04-30"Rather than charge an entrance fee, we want children to be able to go home with a book or at least carry a story that they heard at the festival in their hearts for the rest of their school days, at least."
Suidoosterfees 2024: Mirre en aalwyn en Onder ’n bloedrooi hemel: ’n onderhoud met Nicola Hanekom
2024-04-30"Die mag van die verhoog is anders as die mag van geskrewe woorde. Ek het probeer om gedagtes in dialoog te omskep, om reise van die verstand voete te gee, voete wat op die planke kan loop."
Die ATKV-boeke-oase by Innibosfees 2024: ’n onderhoud met Sandra Jacobs en Annemarie van der Walt
2024-04-29"Leon van Nierop se Droomjagter is in wording, en omdat hy ’n Laevelder is met noue bande met Innibos, is dit vir ons lekker om sy boek hier bekend te stel. Ons poog ook om die boekeaanbieding toeganglik vir feesgangers te maak. Danie du Toit van Spoegwolf gaan met Danie Marais oor sy nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, gesels. Dit beloof om lekker nuut en vars te wees."
Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees
2024-04-25"Die ATKV het nog altyd ’n passie gehad vir teater en doen sy belofte gestand om die toekoms van teater en toneel te ontwikkel. Juis daarom vat die ATKV hande met feeste regoor die land, soos nou die Suidoosterfees, om ’n platform te skep om jongmense se talente uit te stal en jongmense bloot te stel aan teater."
Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor Droomwerk
2024-04-25"Die oproep (op-die-planke-roep) van my voorouers het my ’n geleentheid gebied om oor tyd en plek heen versoening in my familie en my psige te bewerk."
Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?
2024-04-23Dis Wêreldboekedag op 23 April. ’n Paar skrywers vertel wat dit vir hulle beteken.
Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!
2024-04-23Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix? Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel?
Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen
2024-04-22"Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie."

