Wysigings aan die kopieregwetgewing: Gys Visser werp lig op die probleme met die "fair use"-leerstuk
2024-02-28"Of jy handboeke of rekenaarsagteware skryf, almal wat enige vorm van skeppende werk doen, is ewe kwesbaar onder hierdie wetsontwerp. En 'fair use' impakteer ook outeursreg oor die hele spektrum – sekere bedrywe gaan dit wel vroeër as ander voel, maar dit gaan uiteindelik almal raak."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Asembese Mkumatela
2024-02-26"Meertaligheid is baie belangrik in ’n land soos Suid-Afrika om met mense van verskillende kulture en wat verskillende tale praat te kan kommunikeer. Wanneer ’n mens ’n taal aanleer, leer jy ook meer oor die kultuur en dit kan help om belangrike verhoudings met verskillende mense te bou, en dit hou ook baie ekonomiese waarde in om meertalig te wees."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Andréa Müller
2024-02-26"My spesifieke onderwerp is geïnspireer deur die dinamika wat ek tussen sogenaamde bruin Afrikaanse digters en die literêre establishment oplet. Die opbloei in uitstekende debute én opvolgbundels deur hierdie digters is opwindend, en beslis ’n aanduiding van ’n literêre sisteem wat evolueer."
Kanniedood, kopieregwetgewing en stories: ’n onderhoud met Joha van Dyk
2024-02-23"Ons medestudente en vriende is racially diverse. Daar is dus ook ’n natuurlike instink om diverse karakters te skryf omdat ek grootword met diverse mense in my lewe. Skrywers het ’n geleentheid om onsself in ander se skoene te sit en hulle ervaring so eg en natuurlik moontlik aan te bied – ons moet net verantwoordelik wees daarmee. Ek dink lesers is oop daarvoor as dit reg gedoen word."
Mirror, a solo exhibition by Adele van Heerden at 131 A Gallery: an interview
2024-02-23"The title, Mirror, refers to the water’s surface as a physical mirror reflecting the surrounding elements, be it the sky, the weather, rock, or architectural structures. This mirror, when clear, also reveals the hidden worlds beneath the water."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Carla Lindt
2024-02-20"Afrikaans behoort aan almal wat dit praat – elke liewe spreker, maak nie saak eerste of tweede of derde taal nie; maak nie saak watter ras; maak nie saak watter dialek, watter sosiolek ... Van die ghaadtjie op die Kaapse taxi en die vrugtesmous langs die pad tot die professor op universiteit."
Taal en tydsgees: ’n onderhoud oor al Pharos se woordeboeke
2024-02-20"Almal is ons lesers! Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Joanna Gouws
2024-02-19"Dit is geen geheim dat Afrikaans in die taalpolitiese sin van die woord onder ’n soort beleg verkeer nie, maar wanneer ons – soos wat Neville Alexander en Richard Ruiz leer – taal begin sien as ’n hulpbron in stede van ’n probleem wat opgelos moet word of ’n reg wat aan ons toegeken moet word – dan betree ons ‘n veel meer konstruktiewe posisie as Afrikaanse taalgebruikers."
Kinders wat lees en die publikasie van kinderboeke in elke kind se moedertaal: ’n onderhoud met Leoné Tiemensma
2024-02-19"Suid-Afrika is een van die mees ongelyke lande in die wêreld, en dit word ook weerspieël in 'kinders wat lees'."
Die Adam Small Boekefees | 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël: ’n onderhoud met Darryl David
2024-02-16"Die fees is daar om ’n platform te gee aan Afrikaapse (bruin) skrywers wat nooit erkenning gekry het vir hul literêre werke nie, soos Adam Small, maar dit sal altyd ’n veelrassige, veeltalige fees wees en almal is welkom om dit by te woon. Toegang tot die Adam Small-fees is absoluut gratis, pasella, verniet, danksy ons borge."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Susann Louw
2024-02-13"My inspirasie kom van my belangstelling in gender, maar ook die waarneming dat die media, samelewing en gender in ’n konstante en vervlegte verhouding tot mekaar ontwikkel en verander."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Nicolette Steyn
2024-02-13"Talle referate wat op die kongres gelewer is, het gehandel oor Afrikaanse taalverwerwing en uitspraakwenke vir tweede- of vreemdetaalsprekers. Dit was vir my baie interessant, omdat ek self met tweede- en derdetaalstudente werk, en die feit dat daar tans so baie navorsing in dié veld gedoen word, is verblydend."
LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: onderrig in die tale wat kinders en studente tuis praat
2024-02-12"Vir my lyk ’n ideale skool- of universiteitsomgewing meertalig."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Natasha Harmse
2024-02-12"Ek stel belang in die maniere waarop literêre tekste, veral gedigte, inmekaarsteek. Daarom benader ek hierdie tekste soos wat ’n motorwerktuigkundige dalk ’n enjin sal benader: Ek wil ’n werkende masjien uitmekaarhaal en die onderdele bekyk voordat ek dit weer aanmekaarsit."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Allison Matroos
2024-02-06"My navorsing gaan oor die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas om die taalaanleerproses vir taalaanleerders te vergemaklik. My leefwêreld en taalbegrip is deur middel van gedigte verryk en ek wou aan ander die geleentheid bied wat ek gehad het."

