Kinders wat lees en die publikasie van kinderboeke in elke kind se moedertaal: ’n onderhoud met Leoné Tiemensma
2024-02-19"Suid-Afrika is een van die mees ongelyke lande in die wêreld, en dit word ook weerspieël in 'kinders wat lees'."
Die Adam Small Boekefees | 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël: ’n onderhoud met Darryl David
2024-02-16"Die fees is daar om ’n platform te gee aan Afrikaapse (bruin) skrywers wat nooit erkenning gekry het vir hul literêre werke nie, soos Adam Small, maar dit sal altyd ’n veelrassige, veeltalige fees wees en almal is welkom om dit by te woon. Toegang tot die Adam Small-fees is absoluut gratis, pasella, verniet, danksy ons borge."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Susann Louw
2024-02-13"My inspirasie kom van my belangstelling in gender, maar ook die waarneming dat die media, samelewing en gender in ’n konstante en vervlegte verhouding tot mekaar ontwikkel en verander."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Nicolette Steyn
2024-02-13"Talle referate wat op die kongres gelewer is, het gehandel oor Afrikaanse taalverwerwing en uitspraakwenke vir tweede- of vreemdetaalsprekers. Dit was vir my baie interessant, omdat ek self met tweede- en derdetaalstudente werk, en die feit dat daar tans so baie navorsing in dié veld gedoen word, is verblydend."
LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: onderrig in die tale wat kinders en studente tuis praat
2024-02-12"Vir my lyk ’n ideale skool- of universiteitsomgewing meertalig."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Natasha Harmse
2024-02-12"Ek stel belang in die maniere waarop literêre tekste, veral gedigte, inmekaarsteek. Daarom benader ek hierdie tekste soos wat ’n motorwerktuigkundige dalk ’n enjin sal benader: Ek wil ’n werkende masjien uitmekaarhaal en die onderdele bekyk voordat ek dit weer aanmekaarsit."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Allison Matroos
2024-02-06"My navorsing gaan oor die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas om die taalaanleerproses vir taalaanleerders te vergemaklik. My leefwêreld en taalbegrip is deur middel van gedigte verryk en ek wou aan ander die geleentheid bied wat ek gehad het."
Ontgroening, insouting, doop, inburgering? ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Eduard Potgieter
2024-02-02"Moenie vashou aan geykte gebruike net omdat die old boys/girls of groot borge jou dwing nie. Wees werklik ’n agent van verandering. Daardeur sal die vloek van ontgroening gebreek word."
In die sop op kykNET: ’n onderhoud met Maryke Roberts
2024-01-31"Die proses is ’n baie emosionele ervaring vir restauranteienaars, en dis goed om ’n skouer te hê waarop hulle kan huil. Om te erken jou besigheid is in die sop, is baie moeiliker as wat die meeste mense besef, en om dit boonop op nasionale televisie te doen, nog meer uitdagend."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Anke van der Merwe
2024-01-30"Die ikoniese Breyten Breytenbach se Afrikaanse poësie en laatwerk, en korpuslinguistiek is die fokuspunte van my navorsing."
Regsopleiding, toegang en sukses vanuit ongelyke omstandighede: Leani van Niekerk praat oor inkom en deurkom
2024-01-25"Om verantwoordelikheid te neem om ’n verskil te probeer maak. Dalk goedkoper tariewe vir jou gemeenskapslede te vra, ’n regshulpkantoor op die been te bring, te help om geskille deur middel van mediasie op te los? ’n Gewilligheid om betrokke te raak in die gemeenskap, is wat die verskil kan maak."
Matriekuitslae in Loeriesfontein: Sonja Squires deel ’n verhaal van hoop
2024-01-24"Loeriesfontein se graad 12’s het letterlik soos in daardie film Racing Stripes, soos die klein sebra, van agter af gekom en hulself oortref tot hul oor die wenstreep genael het."
Seeperde: ’n skrywersonderhoud
2024-01-24"Ek het ’n dromgroep in Langa, buite Kaapstad, hoor speel ’n ruk gelede en ook een aand by ’n musiekkonsert by die laerskool gehoor hoe ’n dromgroep speel. Dis toe ek besef het: Dit is die instrument vir my storie. Dis die klank van die boek."
Akademia in 2024: ’n onderhoud
2024-01-23"Akademia is ’n hoëronderwysinstelling vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe, wat beteken dat enige persoon wat hom-/haarself as Afrikaansmagtig bestempel, welkom is."
"Behalwe (die besit van) skryfbehoeftes, is dit ook belangrik dat die leerders elke dag in die skool moet wees": wenke vir ’n suksesvolle skooljaar
2024-01-23"Vergeet van die gewoonte om te wag om alle skryfbehoeftes op een slag in Desembermaand te koop. As jy byvoorbeeld ’n boek, pen, plastiek, ensovoorts koop saam met elke maand se inkopies, behoort die las beslis ligter te wees teen Desembermaand."

