Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Dude! Wa’s my phone? by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Jeremeo Le Cordeur

Naomi Meyer, Jeremeo Le Cordeur Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-03

"Dude! Wa’s my phone? ondersoek die moderne verskynsel van selfoonverslawing en die temas van tegnologie-afhanklikheid, vriendskap en die impak van digitale toestelle op ons lewens."

Hartsmense: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2023-10-03

"Daar is ook vir my ’n soort elitisme aan die siening van: 'Ek is ’n ernstige skrywer, ek sal nie so laag daal om myself te bemark nie.' Dit voel disrespekvol teenoor jou lesers. Dit voel asof hierdie siening dikwels sê: 'My tyd is te kosbaar om met julle te praat oor die karakters wat ons almal liefhet.' Soos jy kan agterkom, het ek sterk menings hieroor."

Die BELA-konsepwet is aanvaar: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-09-28

"Geen van die bepalings in BELA gaan sorg vir goeie skole of goeie landsburgers nie. Die teendeel kan eerder gebeur, naamlik dat die staat goeie skole se taalbeleide kan verander of goeie skole oorvol kan maak met beheer oor toelatings."

Tuis, ek’s liefie by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Cintaine Schutte

Naomi Meyer, Cintaine Schutte Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-28

"Ek dink mense gaan die produksie geniet. Dit het baie lag en baie byt. [Dit] het ook ’n fantastiese rolverdeling. Amanda Strydom, Wessel Pretorius, Crystal-Donna Roberts, Carlo Daniels en Veronique Jephtas."

Braam en die engel by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Naomi Meyer, Nico Scheepers Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-27

"Vir my voel dit soos om animasie te kyk wat lewend word. Dis werklik iets wat mens net in die teater kan ervaar."

Die dag toe Guppie sweef by vanjaar se Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Jeani Heyns

Naomi Meyer, Jeani Heyns Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-27

"Kinderteater is van kardinale belang in ’n feesprogram. Kinders moet van jongs af blootgestel word aan kuns van alle vorme sodat hulle kan lief raak vir die kunste en hulle wêreld kan verbreed. Ouers moet ook hulself afvra: Sal jy eerder wil hê jou kind moet ’n uur op die selfoon spandeer of hulle na ’n onvergeetlike teaterervaring neem?"

Diensplig deur Anelia Heese: ’n skrywersonderhoud

Naomi Meyer, Anelia Heese Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-27

Anelia Heese praat met Naomi Meyer oor Anelia se boek Diensplig wat onlangs verskyn het en wat ook tydens die EasyEquities-skrywersfees by vanjaar se Toyota US Woordfees bespreek sal word. "Die wonde in ons land is nog baie rou."

Erfeniskos en die EasyEquities-skrywersfees by vanjaar se Woordfees: ’n onderhoud met Fayruza Abrahams

Naomi Meyer, Fayruza Abrahams Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-22

"Curry stains all over the kitchen surfaces, dishcloths stained with turmeric and borrie and Tupperware tainted forever … But we love it!" In hierdie tweetalige onderhoud deel Fayruza Abrahams ook ’n kerrievisresep.

Kompleks: ’n onderhoud met Louis Pretorius

Naomi Meyer, Louis Pretorius Skrywersonderhoude 2023-09-20

"Kompleks het begin by daardie liefdeservarings in jou jeug wat deur jou hele lewe eggo. En die vraag: 'What if ...?' Wat sou gebeur het as ek gesê het hoe ek regtig voel? Wat sou gebeur het as ek nie so skaam was nie? Sou dit anders uitgewerk het?"

Hoerkind by die Toyota US Woordfees: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-19

"Die teater is 'showing, not telling', maar hoe nou gemaak met ’n eenmanvertoning van memoires? Dis toe ek besluit het om elke toneel basies as ’n eie klein drama te sien. Jy kry nie kans om aan die slaap te raak, gemaklik te raak of aan ander dinge te dink nie. Herman/Geon Nel vereis jou aandag."

Windroos by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met komponis Kristi Boonzaaier

Naomi Meyer, Kristi Boonzaaier Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-18

"Ons teikengehoor is mense wat ’n liefde vir musiek en kuns het. As jy Windroos by die Woordfees kom luister, kan jy ’n program verwag wat ’n samevloeiing van musiek en poësie bied, met ’n unieke en meesleurende ervaring wat jou emosioneel sal aanraak."

ATKV-tienertoneel: ’n onderhoud oor Parel Vallei Hoërskool se drie benoemde toneelstukke

Naomi Meyer, Lindie Strydom, Darryl Spijkers ATKV-Portaal 2023-09-13

"ATKV-Tienertoneel neem ons almal op ’n reis van 'wording'! Drama is die grootste spansport en ’n hele gemeenskap, van die tieners en ouers tot ons familie en vriende, bou, groei en 'word' saam."

Chuma Sopotela talks about her role in the stage adaptation of Damon Galgut's The promise

Naomi Meyer, Chuma Sopotela Interviews 2023-09-13

"I have never been a houseworker, but I can relate to the character – from part of my responsibilities as an artist and performer – as a “space holder”: someone who holds space for people, either in grief or distress, or just in enabling them to be themselves and being able to thrive."

Four-legged life lessons: the legacy of Koos Opperman of the Free Sate: ’n onderhoud met Christa Kleynhans

Christa Kleynhans, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2023-09-12

"Koos Opperman was my pa se swart brak: baie mooi, baie intelligent en in gelyke mate temperamenteel. By hom het sekere gewaarwordinge my my aksies as mens laat bevraagteken ..."

Toyota US Woordfees 2023: Stars – Iinkwenkwezi – Sterre-kinderteater, ’n onderhoud met Amelda Brand

Naomi Meyer, Amelda Brand Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-11

"Hoe meer ek oor die sterre in die suidelike halfrond gelees het, hoe sterker het die bewustheid geword dat dit deur die persepsies van die noordelike halfrond oorheers word. Ons wou dus juis speel met stories en mites uit die suidelike halfrond."

Top