From violence to violins: ’n onderhoud met Maria Botha van Muzukidz
2024-03-13"My gedagte was nie om kinders in townships te red nie. Hulle het as mense dit nie nodig om gered te word nie. Hulle beskik reeds oor al die potensiaal waaroor mense in beter omstandighede beskik. Baie mense in townships woon wel in omstandighede van geweld of stadige geweld … slow violence. My visie was my viool."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Jané de Wet
2024-03-12"Die passie, progressiewe denke en diversiteit het my uit die staanspoor opgeval. Daar was passievolle gesprekke rondom taalaanleerstrategieë en vertaalkunde; kwantum- en metateorieë is onder die loep geneem; ons het dieper gedelf in die temas van kwesbaarheid en broosheid; en het kuns as produk waargeneem."
Open Book Youth Festival 2024: an interview with Refilwe Nsibande
2024-03-07"Growing up, I did not have books. People around me didn’t buy books, and libraries were far from where I lived in Soshanguve. .... I eventually went from not having books to writing them."
Open Book Youth Festival 2024: an interview with Bianca Flanders
2024-03-07"Representation really matters. When you see yourself represented on film or in books, I feel that it sends the message that you are worthy and your stories are worthy of being told. You belong in this world. You are seen."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Elodi Troskie
2024-03-06"Táál diskrimineer nie; ménse diskrimineer. Afrikaans is vir almal wat daarin praat en lees en luister en leef. Hier is nie plek vir mean girls nie!"
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Danie Stander
2024-03-04"Ek self is nie besitlik oor Afrikaans soos ek dit leer ken het nie. Omdat ’n sekere gestalte van Afrikaans my moedertaal is, het dit ongetwyfeld my psige, my uitkyk op myself en die res van die wêreld gevorm en my gevoelslewe getoonset. Waarom sal ek daardie gegewe wil ontneem van iemand vir wie Afrikaans ’n ander gestalte aanneem?"
The Independent Theatre Maker Awards: an interview with Mxolisi Masilela
2024-03-01"Acknowledging the work of independent theatre makers at awards events like the one in Tembisa is important. Firstly, it validates their contributions to the cultural landscape, recognising their creativity and talent. Secondly, it provides them with exposure and opportunities for networking, funding and future collaborations. Additionally, celebrating independent theatre helps to diversify the arts scene, ensuring that a variety of voices and perspectives are heard and appreciated."
Wysigings aan die kopieregwetgewing: Gys Visser werp lig op die probleme met die "fair use"-leerstuk
2024-02-28"Of jy handboeke of rekenaarsagteware skryf, almal wat enige vorm van skeppende werk doen, is ewe kwesbaar onder hierdie wetsontwerp. En 'fair use' impakteer ook outeursreg oor die hele spektrum – sekere bedrywe gaan dit wel vroeër as ander voel, maar dit gaan uiteindelik almal raak."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Asembese Mkumatela
2024-02-26"Meertaligheid is baie belangrik in ’n land soos Suid-Afrika om met mense van verskillende kulture en wat verskillende tale praat te kan kommunikeer. Wanneer ’n mens ’n taal aanleer, leer jy ook meer oor die kultuur en dit kan help om belangrike verhoudings met verskillende mense te bou, en dit hou ook baie ekonomiese waarde in om meertalig te wees."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Andréa Müller
2024-02-26"My spesifieke onderwerp is geïnspireer deur die dinamika wat ek tussen sogenaamde bruin Afrikaanse digters en die literêre establishment oplet. Die opbloei in uitstekende debute én opvolgbundels deur hierdie digters is opwindend, en beslis ’n aanduiding van ’n literêre sisteem wat evolueer."
Kanniedood, kopieregwetgewing en stories: ’n onderhoud met Joha van Dyk
2024-02-23"Ons medestudente en vriende is racially diverse. Daar is dus ook ’n natuurlike instink om diverse karakters te skryf omdat ek grootword met diverse mense in my lewe. Skrywers het ’n geleentheid om onsself in ander se skoene te sit en hulle ervaring so eg en natuurlik moontlik aan te bied – ons moet net verantwoordelik wees daarmee. Ek dink lesers is oop daarvoor as dit reg gedoen word."
Mirror, a solo exhibition by Adele van Heerden at 131 A Gallery: an interview
2024-02-23"The title, Mirror, refers to the water’s surface as a physical mirror reflecting the surrounding elements, be it the sky, the weather, rock, or architectural structures. This mirror, when clear, also reveals the hidden worlds beneath the water."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Carla Lindt
2024-02-20"Afrikaans behoort aan almal wat dit praat – elke liewe spreker, maak nie saak eerste of tweede of derde taal nie; maak nie saak watter ras; maak nie saak watter dialek, watter sosiolek ... Van die ghaadtjie op die Kaapse taxi en die vrugtesmous langs die pad tot die professor op universiteit."
Taal en tydsgees: ’n onderhoud oor al Pharos se woordeboeke
2024-02-20"Almal is ons lesers! Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Joanna Gouws
2024-02-19"Dit is geen geheim dat Afrikaans in die taalpolitiese sin van die woord onder ’n soort beleg verkeer nie, maar wanneer ons – soos wat Neville Alexander en Richard Ruiz leer – taal begin sien as ’n hulpbron in stede van ’n probleem wat opgelos moet word of ’n reg wat aan ons toegeken moet word – dan betree ons ‘n veel meer konstruktiewe posisie as Afrikaanse taalgebruikers."

