Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n nie-praktiserende prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se Inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Foto: Naomi Bruwer

Sala-toekennings 2021: ’n Onderhoud met André Trantraal

Naomi Meyer, André Trantraal Skrywersonderhoude 2021-11-11

"Ek hou van eenvoud en vind die stadig ontvouende spectacle van die alledaagse fassinerend. Dit is waar die grootste avonture maar tog gebeur." 

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2021-11-09

"Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het."

Klasgids, ’n digitale tydskrif vir taalonderwysers

Naomi Meyer, Kathie Viljoen Akademies en skole 2021-11-08

"Klasgids is daar vir verryking, vir onderwysers wat nie tyd het om ’n teks vir hersiening in die klas uit te werk nie, vir onderwysers wat wil seker maak dat hulle standaard op die regte vlak is."

Ek onthou – ’n outistiese seun se lewensreis: ’n onderhoud met Anton en Corrie Müller

Naomi Meyer, Anton Müller, Corrie Müller Skrywersonderhoude 2021-11-08

"Ek was altyd goed om ’n reeks boeke in ’n numeriese volgorde te rangskik. Ek was baie opgetense as ek agterkom dis nie reg nie. My oorlede ma het agtergekom ek is goed daarmee. En sy het besluit ek moet eendag in ’n biblioteek gaan werk." Anton Müller en sy broer, Corrie, het met Naomi Meyer gesels.

#kouekoffie: ’n Onderhoud met Carla Lang

Naomi Meyer, Carla Lang Skrywersonderhoude 2021-11-02

"Selde dat ek ’n warm koppie koffie of tee gedrink kry. Ek is seker baie ma’s kan vereenselwig."

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Jaco Jacobs oor sy storie, "Die meisie met uitroeptekens in haar oë"

Naomi Meyer, Jaco Jacobs Skole 2021-11-02

"Dit gaan oor Kieran wat op ’n dag ’n jong graffitikunstenaar met rooi sneakers ontmoet wat hom met nuwe oë na sy baie geordende, deeglik-beplande lewe laat kyk. Dit gaan daaroor om nie bang te wees om met uitroeptekens te lewe nie."

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"

Naomi Meyer, Annelie Ferreira Skole 2021-11-02

Die meisie met uitroeptekens in haar oë is ’n lekkerlees-boek vir tieners. Onderwysers kan die stories in die klas aanwend as hulle op soek is na voorbereide leesstukke of begripstoetse. Annelie Ferreira praat oor haar verhaal en die twee hoofkarakters wat duisende kilometer van mekaar bly.

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Jaco Fouché se kortverhaal oor vriendskap

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skole 2021-10-29

"Sosiale interaksie is baie dikwels pynlik, veral vir eenkantkinders en -mense wat nie aan algemene verwagtinge voldoen nie, of dit nou op grond van voorkoms, fisieke swakheid, skugterheid is. Genadiglik word ’n mens groot en kry jy meer seggenskap oor jou bewegings. Miskien kan in die klas gepraat word oor gewildheid."

PJ Philander-huldiging, Tuin van Digters 2021: ’n Oorsig

Naomi Meyer, Steward van Wyk Boeke en skrywers 2021-10-29

’n Gesprek rondom PJ Philander se lewe en skryfwerk het op Saterdagmiddag 23 Oktober 2021 by die Tuin van Digters plaasgevind. Hier is ’n oorsig van die geleentheid. Kyk ook na ’n video oor Philander wat daartydens vertoon is.

Richmond’s BookBedonnerd XIV: An interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Books and writers 2021-10-28

"No tickets needed! All our talks are FREE. We believe our festivalgoers have to travel so far to join us, how can we saddle them with yet another cost."

Is jy wakker vir die kunste? ’n Onderhoud oor die Tribuo Wawyd-wakker-veldtog

Naomi Meyer, Cornelia Faasen Teater 2021-10-20

"Die stroom begin om 12 op Vrydag 22 Oktober en ons vra dat die publiek die fonds en akteurs ondersteun deur ’n donasie te maak op die Tribuo-webwerf."

Toyota US Woordfees-TV 2021: enkele gedagtes

Naomi Meyer Toyota US Woordfees 2021-10-07

"Iets anders is die Woordfees gewis vanjaar, en daarvan kan feesgangers dwarsoor die land en in buurlande met DStv-toegang wat die afgelope paar dae in hul sitkamers fees, getuig."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Annelie Ferreira se kortverhaal oor innerlike krag

Naomi Meyer, Annelie Ferreira Skole 2021-10-04

"As ’n leser kan omgee vir ’n karakter in ’n storie, nuuskierig gemaak kan word oor die lewe en wêreld van daardie karakter, word dit meer natuurlik vir so ’n leser om in sy of haar lewe ruimte te maak vir werklike mense van ander kulture."

Simoelégri: stad van onrus – ’n onderhoud met Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skrywersonderhoude 2021-09-28

"Ek hou van vervulde mense en ek het baie respek vir ambisie en prestasie. Maar aan die rand van die samelewing kom jy op ’n hart af wat jy nie in gegoede kringe aantref nie." 

Pharos Woordeboeke en alle Suid-Afrikaanse tale as nasionale bate: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Delana Fourie, Annemie Stoman Onderhoude 2021-09-23

"Suid-Afrika se kulturele diversiteit [is] ’n waardevolle nasionale bate en daarom [het Pharos] onder meer die taak om meertaligheid, die ontwikkeling van die amptelike tale en respek vir alle tale wat in die land gebruik word te bevorder."

Top