Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Jean’s Hill: ’n onderhoud met Henry Cloete

Naomi Meyer, Henry Cloete Musiek 2023-08-02

"Die lekker ding van woordloosheid (en taalloosheid, uiteraard) is dat bykans enigiemand in die wêreld aanklank daarby kan vind (indien hulle daarvan hou … ek maak geen beloftes of aannames hieroor nie), so dit is ook ’n interessante nuwe rigting om te verken."

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Stef Bos

Naomi Meyer, Stef Bos Feeste 2023-08-01

"Ek sien daarna uit om met Frazer iets te sing en te skryf. Ek hou van hom en dink ook dat hy ’n brug kan bou na die noorde."

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Frazer Barry

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2023-07-26

"Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor."

Die Barbie-fliek en agentskap: die pienk kalklig val op Ken

Naomi Meyer Film 2023-07-26

"Tussendeur, terwyl ek Ken se reis beskou, wonder ek: Wie mag uiteindelik vir wie uitdink? Wie kan dit regkry?"

WoW (World of Work) Career Festival: an interview with Daniel Galloway

Naomi Meyer, Daniel Galloway Skole 2023-07-25

"One of the greatest catalysts of the festival is that it broadens horizons for those who might never have known that a career in logistics, or eventing, or catering, or agriculture, or finance, was even a possibility. This, in part, motivates a focus in the hearts and minds of the learners, which leads to a positive, gainfully employed work life ahead."

ATKV-Tienertoneelproduksie, Lyf, by die Vrystaat Kunstefees: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Naomi Meyer, Nico Scheepers ATKV-Portaal 2023-07-25

"Ek dink die ATKV-Tienertoneelkompetisie is een van die belangrikste hoekstene vir die vooruitgang van ons taal. ... Hierdie platforms kweek ’n gehoor: tieners wat lief is vir woorde, kuns en stories – in hulle eie taal. Tieners wat grootword en wat eendag gaan kaartjies koop vir teater."

Verhale van hoop: ’n onderhoud met Pieter van Zyl

Naomi Meyer, Pieter van Zyl Skrywersonderhoude 2023-07-20

"Elke dag moet ’n geestesgesondheidsdag wees ..."

A place to call home: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Books and writers 2023-07-18

"And maybe A place to call home might have been produced by my subconscious, trying to work through that grief. They say absence makes the heart grow fonder, and leaving Howick made the life I lived there just so vivid. In many ways the story of my Egyptian geese is the story of my life."

Elsibe Loubser McGuffog gesels met Naomi Meyer oor Katja se kattesalon.

Naomi Meyer, Elsibe Loubser McGuffog Skrywersonderhoude 2023-07-10

"Die feit dat ek ’n 8-jarige kind het, het beslis ook ’n invloed. Hy lewer goeie en saaklike kritiek op my stories."

Vrystaat Arts Festival director Michael Garbett on the transformative power of the arts

Naomi Meyer, Michael Garbett Interviews 2023-07-07

"What makes the Vrystaat Arts Festival special is our commitment to showcasing a mix of established and emerging talents, creating a rich and diverse program that caters to all tastes. We pride ourselves on our community engagement initiatives, which involve local communities in co-creating elements of the festival."

Bestekopname in die middel van die jaar: ’n gesprek oor skoolrapporte

Naomi Meyer, Dierdre Bester SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-07-06

"Uiteindelik is die mikpunt nie om net goeie resultate en uitslae op skoolrapporte te kan wys nie, maar om ’n gebalanseerde kind groot te maak wat later as volwassene die uitdagings wat die lewe aan hom stel, met selfvertroue te kan aanpak en ’n gelukkige lewe te kan lei."

Geheim van die gruwelsand deur Zirk van den Berg: ’n onderhoud

Zirk van den Berg, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2023-07-05

"Afrikaans lê my nader aan die hart en ek geniet dit meer om met die medium self te speel, die woordspelings en poëtiese moontlikhede. Ek meen dit wys in die prosa van bogenoemde twee boeke, waarin ek ongebreideld in die kultuur en taal kon wroet."

Freek Robinson ontvang Silwerskermfees-toekenning vir lewensbydrae as joernalis

Naomi Meyer, Freek Robinson Onderhoude 2023-07-04

"Dit was ’n adrenalien rush. Dit was ook die eerste keer dat mense wat onder apartheid uitgesluit was van die politiek, die kans gekry het om openlik en vry in die openbaar op TV oor hulle standpunte te redeneer."

In gesprek met Didi Potgieter oor Hoe om ’n hart te steel

Naomi Meyer, Izak de Vries, Didi Potgieter Skrywersonderhoude 2023-06-29

Didi Potgieter se stomende romanse Hoe om ’n hart te steel het pas verskyn. Naomi Meyer en Izak de Vries het haar vyf vrae elk gevra.

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Jeanelde Mouton se terugvoer

Naomi Meyer, Mia Oosthuizen, Jeanelde Mouton Boeke en skrywers 2023-06-29

"Ons skryf binne ons gemaksone en buite ons gemaksone. Ons leer bymekaar, bemoedig mekaar en absorbeer elke kriesel van Mia se diep en relevante kennis van die bedryf."

Top