Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Kopiereg, billike gebruik en kunsmatige intelligensie

Catrina Wessels, Naomi Meyer, Izak de Vries Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2023-04-05

Verskeie taalmodelle, waaronder ChatGPT, kan deesdae teks genereer op aanvraag. En verskeie toepassings, waaronder DALL·E en Midjourney, kan kunswerke skep. Waar laat dit gewone mense met die vraag oor kopiereg? Hoe raak hierdie nuwe tegnologie publikasies soos LitNet?

Donkerbos en Menseregtemaand: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Naomi Meyer, Nico Scheepers kykNET Portaal 2023-03-27

"My verantwoordelikheid as die skrywer en regisseur is om ’n storie te vertel so goed soos ek kan, niks meer of minder nie. Die dinge wat die storie aangrypend maak, dra by tot die diskoers, maar dit is nie die uitgangspunt nie. Vertel die storie reg, laat die mense iets voel, en hulle sál lank daaroor nadink."

Kopiereg en billike gebruik vir leke

Catrina Wessels, Naomi Meyer, Izak de Vries Onderhoude 2023-03-23

Wat is kopiereg? Hoekom is daar iets soos kopiereg? Mag ek iemand se kiekies op die sosiale media deel? Mag ek ’n gedig met WhatsApp na ’n vriendin stuur? En wat van billike gebruik? LitNet het by Catrina Wessels, ’n kopieregkonsultant en literêre agent, gaan aanklop.

Cut to the chase: Scriptwriting for beginners – an interview with Janet van Eeden

Naomi Meyer, Janet van Eeden Books and writers 2023-03-23

"Filmmaking is famously described as 'showing and not telling'. My favourite thing about it is that screenwriting is the art of getting a character to say something which reveals a completely different truth to the words they say. As Emma Thompson said when I had the honour of meeting her (it’s in the book!), screenwriting is the art of a character saying, 'Pass me the butter', when they really mean, 'You have ruined my life.'"

Twitter dawn: ’n gesprek met Koos Kombuis, oftewel Joe Kitchen

Naomi Meyer, Koos Kombuis Skrywersonderhoude 2023-03-23

"Die nuwe tegnologie is besig om op talle vlakke ons lewens te verander en oor te neem. Twitter dawn was vir my die begin van hierdie spekulasieproses."

Uit die mond van Klein-Brakriver | From the mouth of Little Brak River: ’n onderhoud met Skip Krige

Naomi Meyer, Skip Krige Skrywersonderhoude 2023-03-16

Waarom ’n koffietafelboek oor Klein-Brakrivier saamstel? Skip Krige vertel.

Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: foto’s van Bloubergstrand-bekendstelling

Naomi Meyer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2023-03-09

Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen is op 8 Maart 2023 in Bloubergstrand bekendgestel. Dercksen het met Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder van LitNet, oor Elmarié se boek gesels. Hier is ’n paar foto’s van die geleentheid. 

I did not die: an interview with Tebello Mzamo

Naomi Meyer, Tebello Mzamo Books and writers 2023-03-09

"When I was writing the story I was just being a storyteller. And when it comes to different genders, races or ages when writing, I always think of characters as people and that everyone deserves to have their story told."

ATKV-gemeenskapsteater: ’n onderhoud met Ebeth Wilson oor Daar is die Lam

Naomi Meyer, Ebeth Wilson ATKV-Portaal 2023-03-09

"Gedurende Covid was die teater stil en Daar is die Lam is ons eerste groot gemeenskapsteaterproduksie na Covid. Wat ’n voorreg en seën om weer terug in die teater te mag wees saam met ons ongelooflike gemeenskapsteaterfamilie."

isiXhosa: an interview with Tessa Dowling

Naomi Meyer, Tessa Dowling Interviews 2023-02-28

During International Mother Tongue Language Month, Tessa Dowling talks about her love and teachings of the Xhosa language. "I was captivated by the superb sound of Xhosa and the absolute grammatical sense that it made to me! Its power to connect me to people."

Adam Small Festival 2023: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Lifestyle and entertainment 2023-02-23

Darryl David praat met Naomi Meyer oor vanjaar se Adam Small-fees, wat op 24 tot 26 Februarie in Pniël plaasvind. | Darryl David chats to Naomi Meyer about this year’s Adam Small Festival, taking place in Pniël from 24 to 26 February 2023.

Ver in die wêreld: ’n onderhoud met Frederik de Jager

Naomi Meyer, Frederik de Jager Skrywersonderhoude 2023-02-22

"En nou is daar die groeiende aantal mense wat die land wil verlaat. Hulle kan ook met vrug eers die boek lees voor hulle hul planne finaliseer."

The Winelands Philharmonic Orchestra: ’n onderhoud | an interview

Naomi Meyer, Reghardt Kühn Musiek 2023-02-15

"Ons wil baie graag bydra tot die ontwikkeling van klassieke musiek in die gemeenskap en ons is besig om ons pad te karteer om dit op ’n konstruktiewe en ’n volhoubare manier te doen." | "We really want to contribute to the development of classical music in the community and we are mapping out our path to do it in a constructive and sustainable way."

Taaldinge: Ria Olivier praat oor Afrikaans in die klaskamer

Naomi Meyer, Ria Olivier SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-02-15

"Baie Afrikaans-onderwysers bevind hulle in ’n moeilike situasie, want die kurrikulum bepaal dat hulle die leerders moet voorberei om in die gestandaardiseerde variëteit van Afrikaans te kan funksioneer, terwyl baie leerders se huistaal eintlik een van die ander variëteite is, bv Kaapse Afrikaans of Namakwalandse Afrikaans."

Die gawe van groen: ’n onderhoud met Elmarié Dercksen

Naomi Meyer, Elmarié Dercksen Skrywersonderhoude 2023-02-14

"Dit was altyd die gawe van groen; dit was van die begin af die konsep."

Top