Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Madeleine Venter se terugvoer

Naomi Meyer, Madeleine Venter, Mia Oosthuizen Boeke en skrywers 2023-06-12

"Maar as ek iets moet uitsonder, sou ek sê dat die module oor verskillende plotstrukture en beplanning van kinder- en jeugverhale vir my baie beteken het. Waar ek in die verlede meestal ’n manuskrip halfpad gelos het – omdat ek net nie meer geweet het watter kant toe verder nie – skryf ek nou baie meer doelgerig."

Die Bergengel-reeks deur Carina Stander: ’n gesprek met die RSG-voorleser, Pieter van Zyl

Naomi Meyer, Pieter van Zyl Boeke en skrywers 2023-06-12

"Dit het my uit die staanspoor opgeval dat dit ’n roman is wat ook nuanses van digkuns besit. Carina Stander is egter nie net ’n romanskrywer/digter nie, sy is ook ’n beeldhouer. Ek kan dikwels die aardse, kragtige energie van beeldhoukuns in haar skryfwerk aanvoel."

Tribuo-kunsberaad: waarom kunstenaars doen wat hulle doen

Naomi Meyer Menings 2023-06-05

"Die kunstenaarsgesprekke en die beraam van planne duur voort, want dit kan nie anders nie."

Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Phillip Louw Onderhoude 2023-06-05

"[D]ie WAT is die plek waar enige mense wat Afrikaans praat of skryf, hulle taalgebruik geboekstaaf moet vind."

Nou in Infrarooi deur Tom Dreyer: beleef die Stellenbosch-bekendstelling asof jy daar was

Naomi Meyer, Ansurette Pretorius Jonathan Ball-portaal 2023-06-02

Die bekendstelling van Tom Dreyer se bundel, Nou in infrarooi, het onlangs in Lou-Marié Kruger se huis in Stellenbosch plaasgevind. Kyk video’s van die voorlesings en gesprek.

Eksamenwenke aan ouers en leerders: Faeed Amardien, ’n opvoeder, gee raad

Naomi Meyer, Faeed Amardien Skole 2023-06-01

"[J]y weet reeds waarom jy elke dag vroeg opstaan en skool toe kom. Hou aan met hierdie narratief. Dit is nie tevergeefs nie. Ignoreer die geraas rondom jou. Jy het die vermoë om sukses te behaal."

Eksamenwenke aan ouers en leerders: Renette Symington, ’n opvoeder, gee raad

Naomi Meyer, Renette Symington Skole 2023-06-01

"Bêre jou selfoon baie ver weg wanneer jy leer. Sit by 'n werksarea en skryf. Moenie op jou bed lê, na die werk staar en verwag dit gaan self in jou kop klouter nie."

Waarom ouers nou wérklik aan die BELA-wetsontwerp aandag moet gee: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-06-01

"Die staat sukkel om kwaliteitonderrig by 80% van die land se skole te lewer en wil nou kortpad vat met die wysigingswet om beheer te neem oor die goed funksionerende skole deur meer magte vir onderwyshoofde te gee oor onder andere taal en toelating. Ouers moet eenvoudig vasskop – élke skool behoort kwaliteitonderrig te gee, en as dit nie gebeur nie, moet die probleem daar aangespreek word."

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Pieter van Zyl se terugvoer

Naomi Meyer, Mia Oosthuizen, Pieter van Zyl Boeke en skrywers 2023-05-30

"Mia het my wakker geskud uit my drome van sprokies vertel sonder harde, baie harde, werk."

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Troula Goosen se terugvoer

Naomi Meyer, Mia Oosthuizen, Troula Goosen Boeke en skrywers 2023-05-30

"Die kursus het my egter ander insigte gegee wat gemaak het dat ek met vars oë na my eie skryfwerk kyk."

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Elsibé McGuffog se terugvoer

Naomi Meyer, Elsibe Loubser McGuffog, Mia Oosthuizen Boeke en skrywers 2023-05-26

"Wat ek geleer het is dat, soos by gedigte, woorde baie raak moet wees, en soms is woorde onnodig, want die beelde sê dit."

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Deidré Victor se terugvoer

Naomi Meyer, Mia Oosthuizen, Dedré Victor Boeke en skrywers 2023-05-26

"Almal van ons ken die witpapiersindroom – daardie vrees om jou eerste woord of sin of paragraaf te skryf. Die skryfskool (en Mia) het soveel planne gehad om dit te oorkom."

Die menslike dieretuin: ’n onderhoud met François Durand

Naomi Meyer, François Durand Skrywersonderhoude 2023-05-26

"Daar is 6 500 tale op aarde en Afrikaans is die 69ste grootste taal op aarde. Dus, wanneer iemand my vra hoekom het ek nie my boek in Engels geskryf het nie, vra ek die persoon hoekom hy nie ’n boek in Chinees geskryf het nie. Die tweede ding wat ek vra, is hoekom vra jy so ’n simpel vraag? Hoekom sou ek? Hoekom wil ek?"

Truth to power: ’n onderhoud met die uitgewer Marida Fitzpatrick

Naomi Meyer, Marida Fitzpatrick Onderhoude 2023-05-18

"Ons moet weet in hoeveel moeilikheid ons is. Ons kan nie meer bekostig om anderpad te kyk nie, om eerder nie te weet nie."

Moet kinders hulself en hul omgewings in kinderboeke herken?

Naomi Meyer, Anzil Kulsen Onderhoude 2023-05-15

"Ons skryf nie stories om iemand wat in ’n veilige borreltjie woon, skuldig te laat voel of te ontnugter nie; elke verhaal moet vertel word."

Top