Die verkeerde vrou: ’n onderhoud met Irma Venter
2022-09-21"Ek beplan my karakters deeglik, met gedetailleerde agtergrondstories en sterk voorkeure en afkere. Hulle hou my geselskap vir die 18 tot 24 maande wat ek die boek skryf en hulle mag my nie verveel nie. As hulle my gaan verveel, gaan ek die leser verveel, en om die leser te verveel is eenvoudig ontoelaatbaar."
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor onder woorde
2022-09-20"Ek dink mense kan verwag om amper as ’t ware in ons voorhuis ingenooi te word. Die vertoning sal ’n kombinasie wees van gedigte en musiek."
Kaap: ’n onderhoud met Hans Pienaar
2022-09-15"[D]aar (was) ’n tyd toe ek kwaad was oor die ANC wat ons almal in die steek laat, maar ek wou nie by kwaad vassteek nie, ek wou iets doen, net soos ek destyds nie by kwaad oor apartheid wou vassteek nie, maar dit wou beveg. En ek het gedink: Nou maar as die ANC die staat kaap, kom ons kaap die revolusie by die ANC."
Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede
2022-09-14"My droom is dat elke leerder in Suid-Afrika ’n kwaliteitopvoeding sal ontvang, ongeag die area waarin hulle woon. Net omdat dit ’n no-fee-skool is, beteken dit nie dat hierdie leerders nie kan presteer nie. As jy vir ’n kind die geleentheid skep, en jy maak die commitment om saam met hulle die pad te stap en altyd hul nommer-een-ondersteuner te wees, selfs na skool, kan enige kind presteer."
Fraksie op kykNET: ’n onderhoud met Louis Pretorius
2022-09-09"Ons ideale kyker is iemand wat nie bang is om uitgedaag te word nie. Om van die karakters te hou ten spyte van hulle feilbaarheid. Hulle is almal menslik, en almal probeer hard. Die kyker wat bereid is om in die spieël te kyk en bereid is om sy eie donker kant te sien, sal die reeks geniet."
Toyota US Woordfees 2022 is "Wild": ’n onderhoud met Saartjie Botha
2022-09-05"Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees." Lees die onderhoud en laai die Woordfeesprogram én die volledige boekeprogram hier af.
Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie: ’n onderhoud met De Wet Hugo
2022-09-05"Dit was altyd ’n droom om te kan skryf en ek het altyd gesê as ek net een boek gepubliseer kan kry, sal ek tevrede wees. Maar soos dit met die meeste goed in die lewe is, was een natuurlik nie genoeg nie. Die plesier wat ’n nuwe boek my gee is verslawend. Ek glo nie ek sal ooit kies om op te hou skryf nie."
Vlooi en die geheim by die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Marinda Engelbrecht
2022-08-25"Vir 60 minute laat ons kinders vergeet van die moontlike swaarkry en seerkry van die lewe. Ons laat hulle die magic en mooi ervaar."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Jean-Marie Potgieter
2022-08-24"Navorsing oor elemente wat spreker-perspektief uitdruk en hoe hierdie elemente geïntegreer kan word binne die tradisionele sintaktiese raamwerk is tans aan’t floreer. Vooruitgang binne die akademie kan slegs geskied as bestaande inligting en benaderingswyses bevraagteken en uitgedaag word. Dis baie opwindend om deel te kan wees van hierdie akademiese diskoers."
USAN-kongres 2022 – 'n terugblik: Jerome Coetzee
2022-08-18"Ek wou aanvanklik iets doen oor die magiese in die letterkunde – ek is gefassineer met hoe Afrika se magiese verteenwoordig word in die letterkunde. Ek het Afrofuturisme as invalshoek gevind met die lees van magiese tekste en die fliek Black Panther. Na dit kon ek nie ophou daaroor lees nie."
Hoe belangrik is ’n boek soos Pharos se KABV-geskikte Grondslagfasewoordeboek? ’n Onderhoud met Michele van der Merwe
2022-08-16"Ek wil ’n pleidooi tot die Departement van Basiese Onderwys rig dat woordeboeke nie as aanvullende leermateriaal nie, maar wel as verpligte, voorgeskrewe leermateriaal in skole beskou word. Elke klaskamer moet oor ’n voldoende aantal woordeboeke beskik, sodat onderwysers dit daagliks in lesse kan integreer. As ander Afrika-lande dit kan doen, waarom nie ook ons nie?"
USAN 2022: ’n onderhoud met Kanja van der Merwe
2022-08-08"Afrikaans is ’n nuutskeppende, kreatiewe, bruikbare en wetenskaplik ontwikkelde taal, en so moet dit en sal dit voortleef."
Nuwe redaksielid by LitNet se Nuwe Skryfwerk: ’n onderhoud met Didi Potgieter
2022-08-04"Ek het tydens my studies geleer dat kritiek (of in dié geval ’n afkeuring) my beste leermeester is."
Stemme | Voices | Amazwi: "My ouma – die bakker, die bokser": ’n onderhoud met Dean Balie
2022-08-02"So ek wou sê my ouma het my geknie in die vorm wat mense vandag sien. Ek is ’n produk van haar hande, haar lesse, haar lewe en haar liefde."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Marishan Hendricks
2022-08-01"Afrikaans behoort aan enige persoon wat die taal magtig is. Ek dink nie Afrikaans is ’n eiendom wat aan een spesifieke groep behoort nie, en ek glo nie daar moet na Afrikaans op so ’n manier verwys word nie. Afrikaans is ’n kommunikasiemiddel, soos enige ander taal, maar ryker in sekere opsigte as gevolg van die taal se geskiedenis."

