Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Lansdowne dearest: My family’s story of forced removals – an interview with Bronwyn Davids

Naomi Meyer, Bronwyn Davids Books and writers 2022-04-27

"I wanted to give my family dignity and closure and, above all, let them rest in peace. And to the future generations, this is what it was. You can go on and make your own lives."

As die katjiepiering blom: ’n onderhoud met Audrey Jantjies

Naomi Meyer, Audrey Jantjies Skrywersonderhoude 2022-04-26

Audrey Jantjies praat met Naomi Meyer oor As die katjiepiering blom, wat sy ook by vanjaar se Suidoosterfees bespreek: "Met die gehoor by SOF wil ek graag praat oor die mite dat ons wat van die platteland af kom, iets van ’n agterstand het, maw ek wil baie graag praat oor stereotipes."

Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Qondiswa James

Naomi Meyer, Qondiswa James Lifestyle and entertainment 2022-04-20

"How can our work not be relevant? All our work, and here not just artists, is part of the fabric of our society, so in fact our work is imperative at all times."

Die dodelikste donuts in die heelal: ’n onderhoud met kinder- en jeugboekskrywer Cecilia Steyn

Naomi Meyer, Cecilia Steyn Skrywersonderhoude 2022-04-12

Dit was onlangs internasionale kinderboekdag. Naomi Meyer praat met Cecilia Steyn, veral bekend vir haar kinder- en jeugboeke, oor ’n kinderboek van haar wat in Junie by NB-Uitgewers verskyn.

Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Anna-Mart van der Merwe

Naomi Meyer, Anna-Mart van der Merwe Lifestyle and entertainment 2022-04-12

"Is breathing relevant? Until the last Homo sapiens disappears, and with it imagination and emotion, there will be art."

Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Peggy Tunyiswa

Naomi Meyer, Peggy Tunyiswa Lifestyle and entertainment 2022-04-07

"Why still make art? There’s a child who does not want to work in an office to earn a living. They have no idea what else they can be, because there’s no career advice for what others think is irrelevant. I want to make art to reach that child, to shift mindsets and provide healing."

Hannon: ’n onderhoud oor Glam Guru se nuwe seisoen op kykNET

Naomi Meyer, Hannon kykNET Portaal 2022-04-06

"Ek het al van kindsbeen af almal om my mooigemaak – my maatjies, hulle ma's en selfs onderwyseresse. Ek het toe al gesien hoe die tikkie positiewe aandag wat iemand kry wanneer hulle mooi lyk en dus beter voel oor hulself, 'n groot impak het op die oomblik. Skielik sien iemand hulself met 'n  hernude potensiaal – 'n nuwe krag waarvan hulle nooit bewus was nie."

Moer: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer Skrywersonderhoude 2022-03-31

"Toe ek die hoeveelste ma se verhaal van verlies, verlating, verskeuring, vernedering deur ’n eks, of die hof, of familie hoor, het ek geweet Moer moet gebeur."

’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne

Jerzy Koch, Naomi Meyer, Izak de Vries Onderhoude 2022-03-23

"Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie). Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een dermatoloog."

Giselle at Artscape: an interview with Debbie Turner, CEO of Cape Town City Ballet

Naomi Meyer, Debbie Turner Lifestyle and entertainment 2022-03-23

"In times of uncertainty and difficulty, it is art in all its forms that sees us through. Giselle remains a universal story of love and betrayal that can be understood and appreciated anywhere."

Interview with a former refugee, Karina Szczurek

Karina Magdalena Szczurek, Naomi Meyer, Izak de Vries Interviews 2022-03-13

"Watching Ukrainian parents evacuate their children to safety while staying behind to fight for their future breaks my heart. I cannot imagine the levels of anxiety and distress this kind of separation causes for a family. These people will never fully recover from this, even if they survive."

SALA-toekennings 2021: ’n onderhoud met Jean Meiring

Izak de Vries, Jean Meiring, Naomi Meyer, Melt Myburgh Boeke en skrywers 2022-03-03

"Wat is ons sonder storievertellers en hul stories?"

BTW, belasting en die toerismehuisvestingsbedryf: ’n onderhoud met Marlene Botes

Naomi Meyer, Marlene Botes Onderhoude 2022-03-02

"[E]lke verhuurder van ’n huis of ander blyplek moet hom deeglik van BTW vergewis. Aangesien verhuringstransaksies van mekaar verskil en die verhuurder se ander bedrywighede ook ’n invloed op sy BTW-registrasieverpligting kan hê, is dit noodsaaklik dat ’n verhuurder by ’n geregistreerde belastingpraktisyn aanklop ten einde sy BTW-risiko’s te bestuur."

Adam Small-fees op Saterdag 26 Februarie 2022: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2022-02-24

"Alle lesings is gratis vir die publiek en vir boekliefhebbers. Natalia da Rocha se vertoning sal egter R50 kos vir haar musikale huldeblyk aan Adam Small."

Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem

Naomi Meyer, Chris Klopper SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-02-18

"Hierdie voorstelle is ’n teruggryp na mikrobestuur en die hervestiging van ’n staatskoolbedeling waar die staat vir gemeenskappe besluit wat in hulle belang is – soos gedurende 1976."

Top