Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n nie-praktiserende prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se Inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Foto: Naomi Bruwer

Praktykgerigte kernelemente van 'n navorsingsvoorstel: 'n onderhoud

Naomi Meyer, Remona Voges, Jo-Riëtte Jacobs, Chris-Mari Le Hanie Onderhoude 2019-12-05

"Die boek word aanbeveel vir enige Afrikaanssprekende navorser, al word die navorsing in ʼn ander taal uitgevoer."

Valda Jansen: ’n onderhoud rondom die 2020 Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs

Naomi Meyer, Valda Jansen Skrywersonderhoude 2019-12-04

"Die idee vir hierdie projek het so sewe jaar gelede reeds oor my pad gekom."

ATR-Kokertoekennings 2019: ’n oorsig

Naomi Meyer Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2019-12-03

"Vanaand kon ek iets anders sien: dat Afrikaans ’n heenkome kan wees; ’n tuiste vir al sy sprekers in die skadu bied."

Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

Naomi Meyer, Olivia M Coetzee Skrywersonderhoude 2019-11-21

"Dis baie moeilik om kallid mense se stories te kry in boekvorm. En daa is stories, maa daa is soeveel meer stories wat nog vetel moet wôd. ... En daa is baie min skrywers van kleur – which wel biesag is om te change, en dis lekke om te kan deel wies van die change."

Toyota US Woordfees 2019: Onderhoud met Remona Voges oor Penseel & Kie

Naomi Meyer, Remona Voges Toyota US Woordfees 2019-11-21

"Die sukses van 'n gedig hang (soos enigiets anders!) uiteindelik af van die eindelose vermoë om moeite daarmee te doen."

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Naomi Meyer

Remona Voges, Naomi Meyer Toyota US Woordfees 2019-11-21

"Inspirasie is ’n vonk én dis ’n stadige vuur ook."

 

Die tale van die springbok

Naomi Meyer Menings 2019-11-08

"Want as ons Saterdag saam kon juig, moet ons in die week met mekaar kan praat ook."

Eileen Pooe’s Setswana PhD: an interview in three languages

Naomi Meyer, Eileen Pooe Universiteitseminaar | University Seminar 2019-11-07

"Maaforikaborwa ba tshwanetse go semelela mme ba iteke ba ithute dipuo bonnye di le PEDI godimo ga puo ya gaabomotho gonne Aforikaborwa ke naga ya dipuontsi le ditsontsi ..." | "South Africans have to go the extra mile and learn at least two more languages, because we are a multilingual and multicultural country." | "Suid-Afrikaners moet die ekstra myl loop en minstens twee ander tale leer, want ons is ’n veeltalige en multikulturele land."

Siya Kolisi – against all odds: an interview with Jeremy Daniel

Naomi Meyer, Jeremy Daniel Books and writers 2019-10-31

"I think he is a figure of reconciliation already. What he's achieved, where he came from, how he lives his life is all part of his story."

Kerneels Breytenbach oor die Wêreldrugbybeker 2019 en oor Hond se gedagte

Naomi Meyer, Kerneels Breytenbach Onderhoude 2019-10-29

"Die plesier van Hond se gedagte was vir my om rugby te gebruik om mense oor godsdiens te laat nadink. Die boek handel oor geloof – hoe mense dit verloor, hoe hulle geloof herwin, hoe bereid hulle is om in wonderwerke te glo."

Die storie van Racheltjie de Beer: Antoinette Louw praat oor haar kinderboek

Naomi Meyer, Antoinette Louw Onderhoude 2019-10-25

"Ons beweeg al nader daaraan om volksverhale as Suid-Afrikaans te sien, en nie geëien en gekaap deur een kultuurgroep nie. Dis universeel."

BookBedonnerd XII: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2019-10-23

"Hierdie fees, Naomi, het 'hart' – dis sonder fieterjasies. Dis ’n fees waar skrywers hulle eie boeke smous. En dis ’n fees waar ’n mens unieke boeke sal ontdek."

Is Akademia die antwoord?

Naomi Meyer Universiteitseminaar | University Seminar 2019-10-22

Naomi Meyer het die inligtingsessie rondom Akademia op Saterdagoggend 19 Oktober in Somerset-Wes bygewoon. Hier is haar indrukke.

Skrywersonderhoud: Helene de Kock oor Die kind uit die wingerd

Naomi Meyer, Helene de Kock Skrywersonderhoude 2019-10-18

"Enige roman weerspieël onvermydelik die skrywer se werklikheidsbeeld en ek hou daarvan om aan my siening van die werklikheid getrou te bly sonder om dit die hooftema van die boek te maak. Dit is soos suurdeeg in brood. Hopelik proe die leser dit nie, maar is bewus daarvan dat 'n smaaklike brood baie aan suurdeeg te danke het."

Terminologie en terminografie: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts

Naomi Meyer, Mariëtta Alberts Onderhoude 2019-10-11

"Sommige terme is dalk verouderd, maar die ou vakwoordeboeke word nie bygewerk nie en gevolglik gebruik mense maar sommer die Engelse terme omdat hulle geredelik beskikbaar is. Dit is nie goeie nuus vir Afrikaanse vaktaal nie en dit was een van die redes waarom die handleiding geskryf is – gebruikers moet gemotiveer word om Afrikaanse terme te skep, te gebruik en te bewaar."

Top