USAN 2022 – ’n onderhoud met Mart-Mari van der Merwe
2022-07-27"Vir my meestersgraad in Afrikaanse taalkunde is ek besig om prototipiese Afrikaanse taboewoorde te ondersoek."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Samantha Miller
2022-07-26"Ek is veral geïnteresseerd in die Afrikaanse uitgewersbedryf. Blootstelling van minderheidstale in die buiteland en die verkoop van neweregte is veral my passies."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Ancheri Götze
2022-07-19"My navorsing val binne die veld van Afrikaanstaalverwerwing. Ek het vir my MA-verhandeling ses taakgebaseerde lesse ontwerp waar Instagram as ’n digitale hulpmiddel gebruik word om Afrikaanse woordeskat aan te leer, te oefen en ook aan nuwe woorde blootgestel te word."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Danie Stander
2022-07-19"Sien ek ’n toekoms vir Afrikaans en Afrikaanse navorsing en navorsing in Afrikaans? Ongetwyfeld, ja."
Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou
2022-07-14"Ja, ek dink dit is juis die nostalgie en emosionele waarde wat ouers en veral ’n spesifieke generasie aan so ’n boekreeks heg wat boeke help verkoop. Mens moet darem ook nie vandag se tieners en jong lesers onderskat nie. As ’n jong leser een boek uit ’n reeks optel en begin lees, dan is dit gewoonlik neusie verby."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Marthie de Waal
2022-07-13"My hart is in gestremdheidstudies. As ek vir een aanleerder of opvoeder die proses kan vergemaklik, sal my hart bly wees. My doel is om voort te gaan in taalverwerwing en gestremdheidstudies en mettertyd verskeie navorsingstukke te produseer wat aan opvoeders riglyne bied (wat ek nie noodwendig gehad het nie)."
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman
2022-07-13"Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Lobke Minter
2022-07-12"In my meestersverhandeling het ek op Frankenstein gefokus, en die 'creature' het ek besonders interessant gevind. Hy is uit verskeie liggaamsdele saamgestik en dit het my laat dink aan hibriditeit en die manier waarop littekens dikwels gebruik word om karakters te stereotipeer, al is die litteken self ’n fenomenale manier waarop die liggaam homself genees."
Somerset East and the Walter Battiss Museum: an interview with Ros Turner
2022-07-10"Battiss is a huge subject! Briefly, he was born in Somerset East in 1906 and became South Africa’s best abstract artist. He is still considered to be our best water colour artist."
Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige
2022-07-08"Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen 'iets fout is', en dat 'dinge nie uitwerk nie'."
Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met Sebastian Pistor
2022-07-07"Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat."
USAN 2022 – in gesprek met Mareli Swart
2022-07-01"Ek was onlangs by ’n simposium in Brussel waar ek kon praat oor Afrikaans en vertaling in Afrikaans; ek kon gesprekke voer met mede-akademici oor my vakgebied en my taal terwyl hulle luister en ek later weer na hulle."
Inwoonskrywer: Naomi Meyer
2022-06-29"As mens in hierdie dorp inligting vir mens se storie benodig, moet mens net vra en jy sal met vriendelikheid vrygewig ontvang. Baie dankie, Somerset-Oos, en baie dankie Paulet Huis en al jou luukse gasvryheid!"
Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022
2022-06-29Theo Kemp: "Somerset-Oos het my vry laat voel. Ek kan vryer asemhaal, vryer dink."
Catrina Wessels: "Die tyd was ryp vir samewerking met dié dat Paulet Huis se restourasie voltooi was, wat pragtige fasiliteite daargestel het om juis letterkunde en die kunste te bevorder."
USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz
2022-06-22"Afrikaans is deel van ’n mens, dit is ’n identiteitsmerker. Dit is soms moeilik om die vakgebied van die individu of identiteit te skei of te onderskei. Wanneer iets negatiefs oor Afrikaans gesê word, voel dit dus amper asof daar iets negatiefs oor die Afrikaanssprekende gesê word."

