Mutton hour: Cintaine Schutte vertel waarom mense hierdie toneelstuk moet kyk

  • 0

Mutton hour het net na die grendeltyd ontstaan. Die teaterstuk is geskryf om mense terug te lok teater toe – al is die teater by iemand se huis. Die teaterstuk het sedert sy ontstaan by feeste soos die Suidooster- en Toyota US Woordfees gespeel en is binnekort by Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville te sien.

Cintaine Schutte vertel vir Naomi Meyer hoekom LitNet se lesers nie Mutton hour moet misloop nie.

Cintaine, ons lesers sal almal weet wie jy is. En dit sal lekker wees vir hulle om kennis te neem van ’n produksie waarby jy betrokke is en waarvoor hulle, as hulle in die Kaap woon, nie tot die volgende fees hoef te wag nie. Vertel asseblief in breë trekke waaroor handel Mutton hour

In Mutton hour bring ek en my mede-akteur Wilhelm van der Walt kort stories oor liefde, verlies, krokodille en katte na die verhoog – lekker lawwe verhale vol humor, musiek en kamishibai, die Japannese tegniek van geïllustreerde storievertelling.

.............
In Mutton hour bring ek en my mede-akteur Wilhelm van der Walt kort stories oor liefde, verlies, krokodille en katte na die verhoog – lekker lawwe verhale vol humor, musiek en kamishibai, die Japannese tegniek van geïllustreerde storievertelling.
..............

En wie al hierdie lawwighede geskryf het, was ek, Gideon Lombard (ons regisseur), De Klerk Oelofse en Jemma Kahn – die moeder van Suid-Afrikaanse kamishibai-teater. Ons het geopen by die Suidooster-kunstefees en toe gespeel by die Toyota US Woordfees met 13 uitverkoopte vertonings. Ons het hierdie stukkie ode aan teater bymekaargesit sodat ons ook huisvertonings kan doen, en dit is wat ons nou ook inderdaad doen, en dit is vet pret! 

Die naam is prikkelend (ek dag beslis dat hierdie titel met ’n restaurant te doen sou hê), maar soos ek dit het, is dit meer kamishibai as Britse pub. Help ’n bietjie om die Japannese woord te verstaan? 

Ja, wel, ons het gesit en gedink: “mutton” (lamb) is een van die lekkerste disse – dis warm, dis huis, dit maak jou vol en gelukkig, en dan “hour” – kom ons vermaak vir ’n uur. Gooi hierdie twee woorde saam en jy het MUTTON HOUR – by jou naaste fees, naaste teater en op jou voorstoep!

Omdat Jemma Kahn aan die begin van die proses betrokke was, het sy ons gehelp en geleer van kamishibai-teater – die Japannese tegniek van storievertelling. Sy doen dit al jare en is ’n meester in haar eie reg met die tegniek. So het ons die kamishibai-stories as deel van ons stuk gemaak.

https://www.muttonhour.com/

Ek dink in hierdie dae van Eskom en ander neerslagtighede sal almal hou van lag. Is hierdie teaterstuk donker en swaar of is daar ook ontvlugting en humor waarvan mense kennis kan neem? (Ander vraag: hoe kry ’n mens dit reg om nie sélf te lag as mens ’n humoristiese rol vertolk nie? Verklap ’n aktrise-geheim, asseblief.)

Dit is ’n uur van pure plesier en lawwigheid, en ons sien dit as ’n uur van sketse en ’n ode aan alles waarvoor ons lief is in die teater. En op die punt van loadshedding – gaste wat ons by hul huise wil hê, moenie bekommer nie, ons het ons eie inverter. So, nooi ons om by julle te kom speel, veral op daai Sondae-aand-horries! Julle sit in die donker en ons verlig jul sitkamer 🙂

...........
So, nooi ons om by julle te kom speel, veral op daai Sondae-aand-horries! Julle sit in die donker en ons verlig jul sitkamer 🙂
..............

Ek verklap nooit my geheime nie, book ’n kaartjie, nooi ons na jou huis en kom sien vir jouself 😉 

Wat is vir jou die hoofrede hoekom mense Mutton hour moet kom kyk, waar is dit binnekort op die planke en waar kan mense kaartjies koop?

Want ek dink hulle het nog nie so iets gesien nie. Dit is ’n show waar jy agteroor kan sit, saam kan speel, saam kan lag met pelle, moontlik ’n gasheer kan word waar pelle van jou in jou eie sitkamer sit en teater kyk (jy bring letterlik teater na jou vriende!) ... Want kom ons wees nou BAIE ernstig – huiskonserte was nog nooit so cool nie! So, as jy ons wil bespreek vir ’n huis show, gaan loer na ons webtuiste: www.muttonhour.com of volg ons op

Instagram @muttonhour. 

Maar dis baie opwindend dat ons op pad is na die ongelooflike (een van ons gunstelinge) Die Boer Restaurant Teater in Durbanville. 21–22 Februarie. Waarvoor meer kan jy vra? ’n Lekker bord kos, drankie en dan Mutton hour = DANKIE!

Besprekings kan deur hul webtuiste gemaak word: dieboer.com of kontak Die Boer by: 021 979 1911 / 082 574 1651.

Daar is net ’n beperkte aantal sitplekke vir die vertonings. 

  • Mutton hour is moontlik gemaak deur NATi en Suidoosterfees
Besoek ook: https://www.muttonhour.com.

Lees ook:

Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Mutton hour

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top