28ste Kanna-toekennings luisterryk in Franschhoek gevier
2024-05-13"Die 2024-Kannas is gisteraand by Leopard’s Leap in Franschhoek oorhandig en die inklusiwiteit van die fees is deur verskeie Kanna-ontvangers beklemtoon."
Suidoosterfees vier 21 én 30 met lag én traan
2024-05-09"Die baba is mondig. Ongelooflik om te dink die Suidoosterfees – die fees vir almal – vier vanjaar sy 21ste jaar. Suid-Afrika vier 30 jaar van demokrasie, maar dinge is nie so rooskleurig soos ons gehoop het nie, en die kunste is die waghond."
As jy net een teaterstuk gaan kyk, laat dit The king of broken things wees
2024-05-08"Jy kan nie gebroke uit hierdie ervaring stap nie. Dis die tipe toneelstuk waarvoor jy dalk jou hele lewe lank al wag."
Die soet smaak van mondigwording
2024-05-08"Elke kleur, elke kultuur, elke ouderdom is daar. Hulle is in poniesterte en toetoes; in rolstoele en met krukke. Daar is blink rokke en hoë hakke; daar is sweetpakbroeke en bont tekkies; daar is linnebroeke met dik witsool-seilskoene. Die gemene deler is die kunste; maar belangriker nog, die kunste in Afrikaans."
Leo deur Deon Meyer: ’n resensie
2024-04-29"Sit daardie verlof in; kry die glas wyn of koppie tee; fluit vir die hond of lok die kat. Jy gaan vir twee dae buite aksie wees."
KKNK 2024: ’n Kuur vir elke kwaal was dié KKNK beslis
2024-04-02"Die 28ste KKNK op Oudtshoorn het die naweek ten einde geloop en dis asof die kurators diep gaan grawe het om in hierdie post-Covidtyd ’n ware smorgasbord van toneel, musiek, poësie, kuns en mimiek byeen te bring wat enige feesganger se wildste drome kon laat waar word."
White rabbit, red rabbit: Onbekende teks ontgin en betrek op ongewone manier
2024-03-25"Stel jou dit voor: ’n Akteur arriveer by ’n fotografie-ateljee wat in ’n opskietteater omskep is. Hier wag 78 mense op houtbankies vir hom. Hy gaan ’n toneelstuk opvoer waarvan hy nie die teks ken nie, oor ’n onderwerp wat hy nog moet ontdek, en daar mag dalk gehoordeelname wees."
Sting se woorde en musiek, aangebied deur John Ellis en James Stewart: 'n resensie
2024-03-18"Dit is weer die vroeë tagtigs. Ek is ’n kaalvoet hoërskoolmeisiekind. Musiek is ons wat op afgeleë dorpe bly se lewenslyn, met die groot wêreld daarbuite. Saterdagaande luister ons vir die trefferparade voor ons gaan sokkie in die skoolsaal. Sondagmiddag maak ons mixed tapes vir mekaar en die klankbaan van ons tienerlewens is met Sting se liedjies deurspek."
As drome waar word: ’n onderhoud met die skrywer en illustreerder
2024-02-27"Ek hoop mense verstaan en sien gestremdhede en gestremde mense anders ná die boek. Ek hoop kinders maak maatjies met die een maatjie wat anders lyk of loop. Ek hoop dit gee gestremde mense ’n stem om hul stories te deel."
Expelled: ’n teaterresensie
2024-02-20"Die span agter die toneelstuk Expelled is How Now Brown Cow, wat ’n paar maande gelede ook verantwoordelik was vir die bekroonde The Beauty Queen of Leenane. Hierdie keer is hul fokus die euwel van sosiale media wat nie net families, huwelike en verhoudings kan laat skipbreuk lei nie, maar lewens kan vernietig en tokomsdrome aan skerwe kan laat spat."
Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis
2024-02-19"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."
In die sop op kykNET: ’n onderhoud met Maryke Roberts
2024-01-31"Die proses is ’n baie emosionele ervaring vir restauranteienaars, en dis goed om ’n skouer te hê waarop hulle kan huil. Om te erken jou besigheid is in die sop, is baie moeiliker as wat die meeste mense besef, en om dit boonop op nasionale televisie te doen, nog meer uitdagend."
Improvisasie of ingeoefen: Jy gaan lekker lag vir Alan
2024-01-29"Is dit nie juis hoekom Suid-Afrikaners altyd oorleef nie? Ons vermoë om oor alles te lag is dikwels ons redding."
Help, help deur Nataniël: ’n resensie
2024-01-22"Die stories bly syne; of jy dit op die verhoog sien en die woorde oor sy lippe kom en of jy dit in sy skryfstyl in jou bed of gemakstoel lees. Jy hoor sy stem in jou kop; sien sy gesig in jou geestesoog. Die vertoning gebeur in jou lyf."
’n Onderhoud met Zak Hendrikz oor A Christmas carol by Theatre on the Bay
2023-12-06"Ek kan nie met die ou Scrooge identifiseer nie, maar met die nuwe Scrooge, wat agterkom dat Kersfees oor baie meer as net jouself gaan en dat jy in ’n posisie is om een keer ’n jaar mense se lewens te kan verander met positiwiteit, absoluut!"
