Trial and error: Gehoorjurie beslis hier oor jong meisie se lot
2024-09-06"Met die verloop van die hofsaak, 75 minute, ontgin die verdediging en die aanklaer die rou emosies van die betrokkenes, wat die jurie (die klein gehoor) uitdaag om hul eie vooroordele en oortuigings te konfronteer."
Glans en glorie op 12de kykNET Silwerskermfees
2024-09-03"Dit kan nie méér glansryk as die Silwerskermfees nie. Die uitsig oor die see aan die voorkant van The Bay Hotel in Kampsbaai, die berg in die agtergrond, wiegende palmbome en die room van die land se fliek- en filmmakers wat vanjaar vir die 12de fees daar gekuier het. Die fees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, toe die land se wenners in televisie en film met die pragtige kristal-rolprentkamera-trofeë vereer is."
Bonus-Silwerskermfees-film van Jaco Bouwer internasionaal gewild
2024-09-03"Bouwer se film het kritici gaande – nie net oor die rilleraspek met die toordokterondertone nie, maar ook oor sy keuse van akteurs."
A streetcar named Desire: ’n teaterresensie
2024-08-16"Die toneelstuk is vandag – 77 jaar nadat dit die eerste keer opgevoer is – nog net so toepaslik. Klas, geld, opvoeding en erfenis bly die kern van sosiale konflik regoor die wêreld. Daardie storie kon enige plek van Manchester tot Istanboel, van Buenos Aires tot Sydney afspeel en sin én saak maak."
Pieces of me: ’n teaterresensie
2024-07-15"Jy wil ook weer jou lewe se stukkies bymekaarmaak vir heelword." Pieces of me is tot 27 Julie 2024 by Baxter Studio in Kaapstad.
Kaptein Onderbroek se avonture klink goed in Afrikaans: ’n resensie
2024-07-02"Ek het die boeke geweldig baie geniet en hou van die kinderlike pret wat die twee seuns het. Die onderwerpe sluit alles van zombies en toilette met tande, bankrowers en wetenskapeksperimente, tot slegte snoepiekos in."
Blonde poison by die Baxter: ’n teaterresensie
2024-06-24"Ek kry nie simpatie met Stella in enige hoekie van my wese nie. Nie eers toe sy die gehoor vra wat hulle sou doen om te oorleef nie. Die besoek aan Auschwitz en Oradour-sur-Glane is ewe skielik weer glashelder en ek voel die walging wat ek daar gevoel het, weer in my keel opstoot. Gelukkig breek die applous dawerend uit en elke siel staan uit hul stoel op."
Al wat tel deur Irma Venter: ’n resensie
2024-06-11"Ek wil my verstout om te sê dat benewens die leesgenoet van ’n krimiroman, sy ook haar lesers ongemerk inlig oor presies watter booshede in die land én wêreld aangaan en dat Suid-Afrika allermins ’n eiland is – veral wanneer groot misdadigers speelplek soek."
André Schwartz se Any dream will do: ’n persoonlike teaterindruk
2024-06-10"Hy begin die vertoning met die woorde: 'Ek is 13 en só opgewonde ek kan in my broek piepie. Ek en my pa en ma is op pad teater toe.'"
28ste Kanna-toekennings luisterryk in Franschhoek gevier
2024-05-13"Die 2024-Kannas is gisteraand by Leopard’s Leap in Franschhoek oorhandig en die inklusiwiteit van die fees is deur verskeie Kanna-ontvangers beklemtoon."
Suidoosterfees vier 21 én 30 met lag én traan
2024-05-09"Die baba is mondig. Ongelooflik om te dink die Suidoosterfees – die fees vir almal – vier vanjaar sy 21ste jaar. Suid-Afrika vier 30 jaar van demokrasie, maar dinge is nie so rooskleurig soos ons gehoop het nie, en die kunste is die waghond."
As jy net een teaterstuk gaan kyk, laat dit The king of broken things wees
2024-05-08"Jy kan nie gebroke uit hierdie ervaring stap nie. Dis die tipe toneelstuk waarvoor jy dalk jou hele lewe lank al wag."
Die soet smaak van mondigwording
2024-05-08"Elke kleur, elke kultuur, elke ouderdom is daar. Hulle is in poniesterte en toetoes; in rolstoele en met krukke. Daar is blink rokke en hoë hakke; daar is sweetpakbroeke en bont tekkies; daar is linnebroeke met dik witsool-seilskoene. Die gemene deler is die kunste; maar belangriker nog, die kunste in Afrikaans."
Leo deur Deon Meyer: ’n resensie
2024-04-29"Sit daardie verlof in; kry die glas wyn of koppie tee; fluit vir die hond of lok die kat. Jy gaan vir twee dae buite aksie wees."
KKNK 2024: ’n Kuur vir elke kwaal was dié KKNK beslis
2024-04-02"Die 28ste KKNK op Oudtshoorn het die naweek ten einde geloop en dis asof die kurators diep gaan grawe het om in hierdie post-Covidtyd ’n ware smorgasbord van toneel, musiek, poësie, kuns en mimiek byeen te bring wat enige feesganger se wildste drome kon laat waar word."
