Maryke Roberts

Vryskutjoernalis

Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2023-06-19

"Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ’n vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ’n postapokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy leef in ’n wêreld van stof en watertekort, afguns, geestelike aftakeling deur ’n mishandelaar vir ’n eggenoot, en die grootste seer van haar lewe: Haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg ... te gaan vestig."

The Phoebe book of poems for children by Patricia Schonstein: an interview

Maryke Roberts, Patricia Schonstein Books and writers 2023-06-14

"We often get asked why we are focusing on animals, children, education and the environment – instead of possibly just one or two of these. When we consider the case of Phoebe, it is impossible to separate out the animal cruelty from the child welfare issues and the overarching need for people to be educated around incorrect superstitions, animal sentience and the psychological welfare of the children involved."

Kaapstad is beslis gereed om te rock! We will rock you!

Maryke Roberts Musiek 2023-05-16

"Dis ’n musiekblyspel met ’n baie interessante – en relevante – storielyn wat verweef is rondom 24 van Queen se gewildste treffers."

Gideon Lombard, die teaterverkleurmannetjie, doen verskuiwende werk

Maryke Roberts, Gideon Lombard Teater 2023-05-10

"Ek voel bevoorreg dat ek die evolusie van die stuk kan aanskou, so ek soek altyd vir nuwe betekenisse. Ek moedig dit ook aan, om nuuskierig te bly oor waarmee ons besig is. Dit is immers ’n lewende medium."

Suidoosterfees 2023, ’n oorsig: "Fees vir almal" gedenk 20 jaar met meesterlike aanbiedinge

Maryke Roberts Suidoosterfees 2023-05-09

"Jonk en oud uit alle buurte en tale het die fees ondersteun. Sommige het by die kunsuitstallings en gratis vertonings gekuier, ander het een toneelstuk of dansprogram op die ander gekyk, ander het die Jakes Gerwel-gesprekke meegemaak met onderwerpe so wyd soos kan kom."

Emosionele skoppelmaai van gay-leefstyl treffend uitgebeeld

Maryke Roberts Teater 2023-04-21

"Cruise. Dink jou in: Dis die tagtigerjare; jy is jonk en gay en woon in Londen. Jy glo jy is onsterflik, verhewe bo die hartseer, dood en teleurstelling. Die lewe is vol geleenthede. Maar dan word jy en jou lewensmaat met MIV/vigs gediagnoseer."

Jakob by die Drama Factory: ’n resensie

Maryke Roberts Teater 2023-04-20

"Jakob is die hartseer storie oor ’n vreemde seuntjie wat op ’n ewe vreemde manier in sy ouers se lewe beland. Die kind is anders en daarom word hy deur die skool, ander kinders en die gemeenskap uitgeskuif en uiteindelik tuis onderrig. Die temas van liefde, lig en donker en alles wat daarin weerkaats én verhelder word, word meesterlik vertel ..."

Elke sosiale kwessie in die KKNK se teaterligte uitgewys

Maryke Roberts, Clifford Roberts KKNK 2023-04-19

Die KKNK is 1–9 April op Oudtshoorn gehou. Clifford en Maryke Roberts was 6–9 April daar: Clifford agter die kamera en Maryke met haar notaboek. Hier is hul oorsig van dié vier dae.

Buddy Holly: Dié vertoning laat jou uitasem – van rock ’n roll én hartseer

Maryke Roberts Teater 2023-04-11

"Buddy Holly het in sewe kort jare amper meer vermag as die meeste ander kunstenaars in ’n leeftyd, en in ’n tyd toe rock ’n roll as 'boosaardig en volksvreemd' beskou is, gewys dat daar baie meer in die lirieke steek as wat mense verwag."

Devil song: Ware teatertuiskoms by ou teatersentrum in Distrik Ses

Maryke Roberts Teater 2023-03-30

"Die kabaret is geïnspireer deur die Tony-bekroonde Audra McDonald se liedjiesiklusse The seven deadly sins en bevat kort beskrywings, liedjies en voordragte oor die sewe doodsondes: hoogmoed, gierigheid, gramskap, afguns, wellus, gulsigheid en luiheid."

Fleur du Cap-teatertoekennings 2023: Room van teaterwêreld vereer

Maryke Roberts Teater 2023-03-29

"Africa Melane se afsluitingswoorde namens die beoordelaars het die teaterbedryf en hul invloed op die samelewing baie raak opgesom: 'Geen stad soos groot soos Kaapstad kan sonder kunstenaars oorleef nie.'"

Key change-teaterresensie: Roxmouth is ’n meestervermaker

Maryke Roberts Teater 2023-03-20

"Jy kan nie uit daardie teater stap ná Key change en kwaad of angstig of terneergedruk voel nie. Jonathan Roxmouth is ’n meestervermaker en dan is hy boonop ’n uitstekende sanger en pianis."

Teaterresensie: Meesters in aksie in Master Class

Maryke Roberts Teater 2023-03-06

"Prinsloo word Callas. Die waarhede wat sy praat oor die waardering van die kunste; die belangrikheid daarvan in ons lewens, word ewe toepaslik in die Suid-Afrika van 2023 – drie jaar van verhongering van baie kunstenaars."

Johan Combrink-gedenklesing 2023 – "Afrikaans, ekosisteme vir volhoubaarheid en sukses: die kunste, TV- en vermaaklikheidsbedryf"

Maryke Roberts ATKV-Portaal 2023-03-01

"In vraetyd het Karen bygevoeg dat sy as jong student geleer het dat jy in die kunste nie net kan film of teater doen nie, nie net kan sing of dans nie. Jy moet iets van alles kan doen om te oorleef. En dan is ’n sepiester die groot aantrekkingskrag by ’n kunstefees se teaterproduksie en vise versa. Alles werk saam."

Maryke Roberts en Bettina Wyngaard in gesprek oor Lokval

Maryke Roberts, Bettina Wyngaard Skrywersonderhoude 2023-02-16

"Opbouende kritiek is iets waaruit mens altyd kan leer. Daar is byvoorbeeld een keurverslag wat ’n aantal probleme in ’n vorige manuskrip uitwys. Daai kritiek was soos ’n meesterklas in skryfkuns, en ek bewaar dit soos goud."

Top