The Barber of Seville: prettige opera in intieme teater bied groot vermaak
2025-08-13"Die lekkerte begin sommer nog voor die gordyn vir die eerste bedryf lig, wanneer Jan Hugo, die musikale regisseur, met sy manelpak en pluiskeil deur die teater stap en agter die vleuelklavier inskuif. ... Ek is verheug om te sien die stuk gaan ook na die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Spier-amfiteater."
Unruly: ’n teaterresensie
2025-07-31"Ek verstaan weldra die rede vir die diep asemhaal, want die onderwerp is ’n vlambare een: Mense is óf teen bobbejane óf vir hulle. Daar is min draadsitters. Elkeen daar ken iemand of is self die slagoffer van bobbejane se verwoesting in huise en tuine."
Speelgoed van glas: ’n teaterresensie
2025-07-29"[D]ie toneelstuk – een wat Tennessee Williams in die veertigs ’n ster-teksskrywer gemaak het – is eintlik ’n bietjie van ons almal se storie. Scheepers se oorspronklike vertaling in Afrikaans het dieper gesny as wat ek aanvanklik sou besef. ... En as jy kans kry, gaan kyk beide die Afrikaanse en die Engelse stuk – dit sal twee verskillende gewaarwordinge meebring."
In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu
2025-07-16"Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel."
Vredemaker deur Reggie Peace: ’n resensie
2025-07-15"Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, 'maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.'"
Die wêreld wou hom stil maak, maar Everybody’s talking about Jamie
2025-07-12"Die verhaal is gebaseer op die ware lewensverhaal van die 16-jarige Britse skoolseun Jamie Campbell, wat vooroordeel en boelies oorwin het om ’n drag queen te word."
Verbode gedagtes in stereo by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Jani Marais
2025-07-09"Verbode gedagtes in stereo is ’n verhaal van een vrou se ongesensureerde, ongeredigeerde ervarings, maar is ’n stem vir almal; ’n klankbord waar mense kan besef hulle is nie stukkend nie, hulle is nie siek nie, hulle is mens, en menswees is nie romanties nie." Maryke Roberts gesels met Jani Marais oor dié toneelstuk.
Bacchus tot Bekker by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Amore Bekker
2025-07-09Een van die ligter vertonings by vanjaar se Vrystaat Kunstefees wat van 15 tot 19 Julie in Bloemfontein gehou word, is Bacchus tot Bekker, met die nimlike radiopersoonlikheid van RSG-faam, Amore Bekker. Sy gesels hier met Maryke Roberts: "Dit was ’n vuurdoop. Teater gaan oor dissipline en konsentrasie."
Genadendal-onderwysberaad spreek onderwyskrisis aan
2025-07-02"Die 'pandemie van middelmatigheid wat stelselmatig wegvreet aan kennis, vaardigheid en geletterdheid' in die huidige Suid-Afrikaanse onderwysstelsel, het die pasafgelope Saterdag ’n groot groep onderwysers, professore en doktore op Genadendal byeen gebring vir die Genadendal-onderwysberaad wat deur Kaapse Forum aangebied is. Elke spreker het die swak stand van opvoeding, die regering se dowe oor jeens die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig, en die afwesigheid van ouers in die opvoedingsproses in hul aanbiedinge beklemtoon."
Verhaal van hoe Pierre uiteindelik Elise geword het, laat jou dink
2025-07-01"Elise Bishop – een van die eerste transgender Suid-Afrikaners wat openlik oor haar oorgangs- en geslagsbevestigingoperasie gepraat het. Sy gesels padlangs met Jean Oosthuizen oor haar lewensreis wat sy volledig opgeskryf het in haar boek, Twee lewens, wat in Augustus 2022 by Hemel & See Boeke verskyn het en in sy tweede druk is."
’n Begin: in gesprek met Cintaine Schutte en Carel Nel
2025-07-01"Ons groei as mense so tussen die speelvakke. So natuurlik gaan die stuk ook saam met ons groei. Met elke repetisie vind ons meer detail as vantevore. Dit laat ook toe dat die stuk bietjie meer gaan sit in ons bene." Cintaine Schutte gesels met Maryke Roberts oor ’n Begin wat by die Vrystaat Kunstefees te sien is nadat dit verlede jaar by die Toyota Woordfees op Stellenbosch debuteer het.
Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los
2025-06-24Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: "Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend."
Stap vir geregtigheid én studenteregte
2025-06-19"Die vierde Maatskaplike Geregtigheid-staptog is Maandag 16 Junie, Jeugdag, in Stellenbosch gestap. Dis ’n inisiatief van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid en die 13 kilometer-staptog van Stellenbosch na Kylemore via die historiese Ou Helshoogtepas is daarop gemik om fondse in te samel vir die #Aksie4Insluiting- (#Action4Inclusion-) inisiatief."
Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller
2025-06-11"Die bekroonde akteur Willem Dafoe het op ’n keer gesê: 'Goeie teater daag ons denkwyse uit en moedig ons aan om te fantaseer oor die wêreld waarvan ons droom.' Hierdie stelling is waar vir baie klassieke teaterstukke, maar beslis van toepassing op die pas bekroonde Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller wat vanjaar by die KKNK op Oudtshoorn gedebuteer het."
Liefdesbriewe van Jonker en Brink in nuwe toneelstuk vervat
2025-06-04"Sy lees voor uit hul briewe; sy vertel stories oor hul verhouding en haar dogter, Simone. Sy vertel dat woorde net soos mense spook en dat haar lewe nie ’n sonskyndag is nie; dis eerder ’n onstuimige diepblou see."
