Maryke Roberts

Vryskutjoernalis

KKNK 2026: Eugène Marais se siel in musiekteaterproduksie ontbloot

Maryke Roberts, Daniel Anderson KKNK 2026-03-16

"Ter voorbereiding het ek in die literatuur self geklim – dit wat Marais só beroemd gemaak het. Daar is iets so verfynd, maar tog so gebroke en melancholies omtrent sy werk. Ons is gelukkig om die gedigte en sy ander literêre werke as ’n portaal na die gedagtes van Marais te hê."

Woordenaar by die KKNK: Churchil veg vir Afrikaans

Maryke Roberts, Churchil Naudé KKNK 2026-03-04

"Een van die debuutproduksies by die 30ste KKNK op Oudtshoorn vanjaar is Woordenaar, met Churchil Naudé, Jackie Lätti, Riku Lätti en Jannie van Tonder."

Adam Small Fees vier verskeie ander hoogtepunte

Maryke Roberts Feeste 2026-02-26

"Small sou vanjaar 90 jaar oud gewees het en is 10 jaar gelede oorlede. Die vierdagfees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, met Internasionale Moedertaaldag wat ook gevier is."

The firebird, deur Igor Stravinsky, herverbeel deur Janni Younge

Maryke Roberts Teater 2026-02-23

"Die meesleurende klanklandskap dryf die visuele aksie vorentoe, terwyl die dansers en poppe mekaar se energie versterk."

Een keer om die son deur François Bloemhof: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2026-02-17

"Daar was oomblikke waar ek gevoel het asof ek nie lees nie, maar luister – asof iemand vir my hul storie vertel."

Die kontessa is terug – meer betowerend as ooit tevore

Maryke Roberts Teater 2026-01-29

"Dis nie bloot die herlewing van ’n geliefde teaterikoon nie, maar ’n geleentheid om vir ’n hele aand die buitewêreld uit te sluit in ’n magiese wonderwêreld van spieëls en vere en maskers en kostuums, terwyl wêreldbekende akrobate hul toertjies hoog bo jou lewer en operadivas en goëlaars jou verlei."

Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-12-18

"Glip een in elke Kerskous wat jy vanjaar moet vul. Dis lekker lag, na binne kyk en klein dorpie op sy beste."

Cats is terug en die hele Kaapstad kattemaai!

Maryke Roberts Teater 2025-12-15

"Die akteurs se lui, katagtige soepelheid maak van hulle oortuigende vierbeenkreature wat ligvoets oor die verhoog beweeg. Die liggies en katogies en dramatiese beligting voer jou weg na ’n ondergrondse wêreld vol stories."

Die drie weduwees deur Irma Venter: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-12-15

"Irma is bekend vir haar vermoë om spanning met ’n karaktergedrewe storielyn te balanseer, en in hierdie roman bereik dit ’n nuwe hoogtepunt."

Nuwe digitale argief maak kultuurerfenis toeganklik vir almal

Maryke Roberts Menings 2025-11-26

 "Ons wil die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal skep, vir die toekoms bewaar en dit beskikbaar stel vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges. ... Dit sluit in die nuusmedia, uitvoerende kunste, beeldende kunste, televisie- en filmmateriaal, familiestambome, kerkgeskiedenis en landbou." Maandagaand is die bekendstelling van Nuuseum – ’n aanlyn platform sonder winsbejag wat voortdurend bygewerk sal word – op Stellenbosch bekend gestel. Maryke Roberts lewer verslag.

Bosman se werk is tydloos en leef voort met jaarlikse fees

Maryke Roberts Feeste 2025-11-17

"Slegs 100 gaste kan jaarliks akkommodeer word, omdat die dorp se akkommodasie beperk is."

Far gone: ’n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2025-11-14

"Wanneer Rwothomack se eerste woorde oor die teater val, word die gehoor onmiddellik ingetrek in ’n wêreld waar onskuld, geweld en menslikheid mekaar op die rand van oorlog ontmoet."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n oorsig

Maryke Roberts Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-06

"Die toekoms is in jong, kreatiewe hande en ons gaan oukei wees."

Dokkie vertel wie die ware Leon Schuster is

Maryke Roberts, Rian van Heerden, Leon Schuster Onderhoude 2025-10-29

"Leon Schuster is ’n nasionale skat en seker naas Madiba, oor generasies heen, die bekendste mens in Suid-Afrika," sê Rian van Heerden, vervaardiger van Schuster. Maryke Roberts gesels met hom en Leon Schuster oor dié kykNET-reeks.

Die naweek het vele Woordfees-aanbiedinge

Maryke Roberts Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-17

"Dis naweek en daar is geen beter plek om jou siel te kom voed as by die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees nie. Die fees duur tot Sondag en daar is tot laataand vermaak, boekbesprekings, toneel, dans, kuns en klassieke musiek."

Top