Maryke Roberts

Vryskutjoernalis

Die wêreld wou hom stil maak, maar Everybody’s talking about Jamie

Maryke Roberts Teater 2025-07-12

"Die verhaal is gebaseer op die ware lewensverhaal van die 16-jarige Britse skoolseun Jamie Campbell, wat vooroordeel en boelies oorwin het om ’n drag queen te word."

Verbode gedagtes in stereo by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Jani Marais

Maryke Roberts, Jani Marais Teater 2025-07-09

"Verbode gedagtes in stereo is ’n verhaal van een vrou se ongesensureerde, ongeredigeerde ervarings, maar is ’n stem vir almal; ’n klankbord waar mense kan besef hulle is nie stukkend nie, hulle is nie siek nie, hulle is mens, en menswees is nie romanties nie." Maryke Roberts gesels met Jani Marais oor dié toneelstuk.

Bacchus tot Bekker by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Amore Bekker

Maryke Roberts, Amore Bekker Teater 2025-07-09

Een van die ligter vertonings by vanjaar se Vrystaat Kunstefees wat van 15 tot 19 Julie in Bloemfontein gehou word, is Bacchus tot Bekker, met die nimlike radiopersoonlikheid van RSG-faam, Amore Bekker. Sy gesels hier met Maryke Roberts: "Dit was ’n vuurdoop. Teater gaan oor dissipline en konsentrasie."

Genadendal-onderwysberaad spreek onderwyskrisis aan

Maryke Roberts SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-02

"Die 'pandemie van middelmatigheid wat stelselmatig wegvreet aan kennis, vaardigheid en geletterdheid' in die huidige Suid-Afrikaanse onderwysstelsel, het die pasafgelope Saterdag ’n groot groep onderwysers, professore en doktore op Genadendal byeen gebring vir die Genadendal-onderwysberaad wat deur Kaapse Forum aangebied is. Elke spreker het die swak stand van opvoeding, die regering se dowe oor jeens die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig, en die afwesigheid van ouers in die opvoedingsproses in hul aanbiedinge beklemtoon."

Verhaal van hoe Pierre uiteindelik Elise geword het, laat jou dink

Maryke Roberts Boeke en skrywers 2025-07-01

"Elise Bishop – een van die eerste transgender Suid-Afrikaners wat openlik oor haar oorgangs- en geslagsbevestigingoperasie gepraat het. Sy gesels padlangs met Jean Oosthuizen oor haar lewensreis wat sy volledig opgeskryf het in haar boek, Twee lewens, wat in Augustus 2022 by Hemel & See Boeke verskyn het en in sy tweede druk is."

’n Begin: in gesprek met Cintaine Schutte en Carel Nel

Maryke Roberts, Cintaine Schutte, Carel Nel Teater 2025-07-01

"Ons groei as mense so tussen die speelvakke. So natuurlik gaan die stuk ook saam met ons groei. Met elke repetisie vind ons meer detail as vantevore. Dit laat ook toe dat die stuk bietjie meer gaan sit in ons bene." Cintaine Schutte gesels met Maryke Roberts oor ’n Begin wat by die Vrystaat Kunstefees te sien is nadat dit verlede jaar by die Toyota Woordfees op Stellenbosch debuteer het. 

Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los

Maryke Roberts, Rolanda Marais kykNET Portaal 2025-06-24

Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: "Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend."

Stap vir geregtigheid én studenteregte

Maryke Roberts Menings 2025-06-19

"Die vierde Maatskaplike Geregtigheid-staptog is Maandag 16 Junie, Jeugdag, in Stellenbosch gestap. Dis ’n inisiatief van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid en die 13 kilometer-staptog van Stellenbosch na Kylemore via die historiese Ou Helshoogtepas is daarop gemik om fondse in te samel vir die #Aksie4Insluiting- (#Action4Inclusion-) inisiatief."

Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller

Maryke Roberts Teater 2025-06-11

"Die bekroonde akteur Willem Dafoe het op ’n keer gesê: 'Goeie teater daag ons denkwyse uit en moedig ons aan om te fantaseer oor die wêreld waarvan ons droom.' Hierdie stelling is waar vir baie klassieke teaterstukke, maar beslis van toepassing op die pas bekroonde Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller wat vanjaar by die KKNK op Oudtshoorn gedebuteer het."

Liefdesbriewe van Jonker en Brink in nuwe toneelstuk vervat

Maryke Roberts Teater 2025-06-04

"Sy lees voor uit hul briewe; sy vertel stories oor hul verhouding en haar dogter, Simone. Sy vertel dat woorde net soos mense spook en dat haar lewe nie ’n sonskyndag is nie; dis eerder ’n onstuimige diepblou see."

Bitter winter: ’n briljante stuk deur Paul Slabolepszy

Maryke Roberts Teater 2025-06-03

"Paul is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde dramaturge. Hy is bekend vir sy karaktergedrewe stories wat spreek tot die menslike aard wat beide nasionaal en internasionaal aanklank vind."

Retta Blom val uitmekaar en word stelselmatig weer heel

Maryke Roberts Film 2025-05-23

"Ek stap met dikgehuilde oë uit, maar met ’n ligte hart. Antoinette het namens elke middeljarige vrou getriomfeer. Sy het alle vrese besweer van ouer word, onaantreklik en nutteloos voel."

Hedda Gabler: ’n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2025-05-13

"Die stuk is meer as 135 jaar gelede geskryf, maar ongeag die tydvak waarin jy dit sou sien of eerder beleef, die verveelde, wilde vrou is nie tydsgebonde nie; ook laat ’n verlore liefde en verraad van die hart hom nie in ’n boksie sit nie, maak nie saak waar vroueregte op die wêreldranglys is nie."

29ste KKNK het regtig iets vir almal gehad

Maryke Roberts KKNK 2025-05-06

"Dis die tweede keer dat ek Die swartmerrie gaan kyk. Verlede jaar was ek weggeblaas; vanjaar was dit nóg beter. Dit word net voor sononder opgevoer. Dis ’n verlate treinspoor en verslete perron waar die storie ontvou. Daar is swaeltjies wat huis toe kom as dit skemer raak; die son gooi goue patrone teen die mure. Die gehoor sit ingedruk op stellasies en word deel van Simon 'Tjoekepaf' Baadjies se hartseer."

Kwiksilwers: ’n onderhoud oor die film

Maryke Roberts, Jordy Sank Film 2025-05-02

"Die ware 'hoofkarakter' in hierdie film, Kwiksilwer, die vintage Ford Granada, is nie sommer enige kar nie. Vir Elsabe Marais (Lida Botha) is dit ’n tydkapsule vol herinneringe aan haar oorlede man, wat gereeld saam met haar avonture in dié motor aangepak het."

Top