Daniel skitter as Charles Chaplin én The Tramp
2025-10-10"Die vertoning is pure (uitstaande) kabaret waarvoor ek baie lief is, maar waarvan ons baie min te sien kry die afgelope paar jaar. Daniel wissel soomloos tussen hartseer, komieklik, dramaties, melankolies en ernstig. Die 90 minute in die intieme teatertjie voel asof jy letterlik saam met Charles Chaplin op sy lewenspad reis."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boek jouself in by Veldhospitaal
2025-10-08"Op die oomblik is die kunslandskap grotendeels ’n woestyn. Die kunstenaars moet stap oor die sandduine sonder enige water en aan die einde van die reis kry hulle een groot applous. En dan word hulle teruggestuur om dit weer te doen."
Spier se Routes of sound bekoor
2025-10-03"Routes of sound is die afgelope naweek vir slegs vier vertonings by Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied. Ses musikante speel sonder orkes, sonder fênsie klank, sonder kolligte en rook. Eerlik en rou, soms só sag dat jy moet inleun om te hoor. Wiegend, peinsend en helend."
Charl du Plessis tokkel die klawers op ’n ander manier
2025-10-01"Vanjaar doen hy verskeie interessante projekte by Momentum Aardklop: een saam met Nataniël, NATANIËL + CHARL: 25, en Charl du Plessis se Surf & turf."
Kort balletuittreksels laaf die siel
2025-09-24"Die vertoning wat wag, bied uittreksels uit die internasionale choreograaf en regisseur, Maina Gielgud, se tradisionele Giselle en ook Michelle Reid se stomende Smoke."
Fugard se Boesman en Lena terug op die verhoog
2025-09-24"Die stuk is ’n gepaste huldiging aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede is. Dit ontgin temas van onderdrukking, maar ook die mens se vermoë om aan te hou veg vir hul plekkie in die son."
Die uitvaart deur Carla van der Spuy: ’n resensie
2025-09-22"Ek prys Carla vir hierdie boek, ’n noodsaaklike hulpmiddel vir elkeen wat deur rou gaan en elkeen wat nog moet besluit wat met die geliefde se oorskot moet gebeur nadat hy of sy gesterf het."
Uitsonderlike viering van wynplaas, luiperdtrust en outeur
2025-09-19"Vir 21 jaar is die CLT aan die voorpunt van luiperdbewaring in die Kaap. Die organisasie, wat in 2004 gestig is, fokus op die bewaring van luiperdbevolkings deur ’n kombinasie van wetenskaplike navorsing, omgewingsopvoeding en habitatbewaring."
Chicago is sexy, sensueel en hope pret: ’n teaterresensie
2025-09-15"Die blyspel is regtig ’n teaterhoogtepunt omdat ons min sulke gewaagde, sexy, musiekblyspele hier op eie bodem sien."
Suid-Afrikaanse filmmakers wys hul slag by 13de kykNET Silwerskermfees: ’n feesoorsig
2025-08-29"Natuurlik kon daar net ’n handjievol wenners wees, maar vir vier glansdae by The Bay Hotel in Kampsbaai het die land se voorste akteurs, regisseurs, kinematograwe en vervaardigers hul oomblikke van glorie op die blou tapyt geniet."
kykNET Silwerskermfees 2025: Hen – ’n onderhoud
2025-08-21"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."
kykNET Silwerskermfees 2025: My f*k Marlize – ’n onderhoud
2025-08-18"Ons het doelbewus elemente van vermaak ingesluit, maar altyd met die Horns se essensie in gedagte. Die film moes voel soos ’n tuisvideo – eerlik en intiem."
The Barber of Seville: prettige opera in intieme teater bied groot vermaak
2025-08-13"Die lekkerte begin sommer nog voor die gordyn vir die eerste bedryf lig, wanneer Jan Hugo, die musikale regisseur, met sy manelpak en pluiskeil deur die teater stap en agter die vleuelklavier inskuif. ... Ek is verheug om te sien die stuk gaan ook na die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Spier-amfiteater."
Unruly: ’n teaterresensie
2025-07-31"Ek verstaan weldra die rede vir die diep asemhaal, want die onderwerp is ’n vlambare een: Mense is óf teen bobbejane óf vir hulle. Daar is min draadsitters. Elkeen daar ken iemand of is self die slagoffer van bobbejane se verwoesting in huise en tuine."
Speelgoed van glas: ’n teaterresensie
2025-07-29"[D]ie toneelstuk – een wat Tennessee Williams in die veertigs ’n ster-teksskrywer gemaak het – is eintlik ’n bietjie van ons almal se storie. Scheepers se oorspronklike vertaling in Afrikaans het dieper gesny as wat ek aanvanklik sou besef. ... En as jy kans kry, gaan kyk beide die Afrikaanse en die Engelse stuk – dit sal twee verskillende gewaarwordinge meebring."
