
Die laaste kanariegeel notaboek deur Anchien Troskie: ’n resensie
2023-11-01"Anchien skram nie weg van moeilike onderwerpe nie. Haar eie lewe getuig van ’n diepgewortelde ken, en sy wéét hoe diep mishandeling op alle vlakke kan sny. Hoe jy daardie ervaringe in jou onderbewussyn kan bêre om jouself te probeer beskerm, maar hoe dinge van die verlede hulle nie vir altyd laat begrawe nie."

Borrel, borrel, vele stof tot nadenke by Woordfees | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-26"Die pas afgelope Toyota US Woordfees met sy feestema 'Borrel' het by tye die vreugde laat oorborrel, soms die bloed laat borrel van verontwaardiging en woede en op ligter tye bloot die borrels in jou vonkelwyn gesit."

Katvis deur Annelie Botes: ’n boekbespreking | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-16"Dit sou makliker wees om die son te oortuig om in die weste op te kom as om Annelie te oortuig om ’n boek halfpad te los." Maryke Roberts het ’n gesprek met Chris Botes, Annelie Botes se man, gelei. Annelie sterk tuis aan na ’n hele paar operasies en kon nie die fees bywoon nie.

Maalkolk: 'n onderhoud met Marie Lotz
2023-09-13"Ek twyfel of ek ooit misdaadfiksie as genre sal laat vaar. Die hele ondersoekproses en die raaiselagtigheid daaromheen fassineer my te veel. Tog sou ek graag êrens in die toekoms ʼn historiese roman wou skryf. Verder geniet ek ʼn goeie riller, en as dit ʼn psigologiese riller is, des te meer. Ek sal waarskynlik nog in die toekoms my hand daaraan ook waag."

Same time, next year: 'n teaterresensie
2023-09-07"Een ding op die ander bring ’n dieper dimensie na die aanvanklike onskuldige pret in ’n hotelkamer, en die besef dat hierdie twee mense mekaar eintlik innig liefhet en baie goed ken, bring ’n klankie van huweliksverraad teweeg."

Filmvertonings en sterre op die bloutapyt: ’n oorsig van die Silwerskermfees
2023-09-07"Die speelfilms het vanjaar uiteenlopende temas gehad. Daar is Old Righteous Blues, wat op Robertson verfilm is en die trauma van ’n verskeurde gemeenskap oor lojaliteit en die posisie van ’n trommemajoor uitbeeld. Dan ook die riller Blindelings, waar ’n blinde pianis tydens ’n angswekkende nag om haar lewe veg. Die trane het geloop van die lag in die verwerking van Rudie van Rensburg se Hans steek die Rubicon oor. Pierre van Pletzen het die rol van Hans vertolk en sy ouetehuisrevolusie was tegelyk skreeusnaaks en hartseer."

In foto's | Gala-aand by die kykNET Silwerskermfees
2023-08-29Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie het Saterdag 26 Augustus in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ’n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is. Blaai deur die foto’s!

Troula Goosen en die Sproetebessies: ’n onderhoud
2023-08-21"Vandag nog, wanneer ek vir kinders en jongmense vra watter genres hulle die meeste geniet, is rillers, avontuur-, spannings- en speurverhale, asook spookstories nog altyd hoog op die lys. Ek geniet dit dus om die jong lesers oor hulle skouers te laat kyk en die ganglig saans aan te los."

The Beauty Queen of Leenane: Vir twee uur is ook jy vasgevang in Ierland
2023-08-15"Die klipmure laat voel jou onmiddellik soos ’n besoeker in ’n klein Ierse kliphuisie en met die openingstoneel waar water teen die mure afkartel en patroontjies maak, sak die mistroostigheid en koue amper oor alles neer."

Stemme: Teaterprojek gee stemme toe alles stil geword het – én daarna
2023-08-03"Dis ’n projek van LitNet, in vennootskap met Suidoosterfees, NATi en die ATKV wat ondersteun word deur Het Jan Marais Nasionale Fonds en die LW Hiemstra Trust."

Life & Times of Michael K: Bekroonde stuk sleur jou mee
2023-07-06"’n Mens sit in die teater in verwondering: Soms kyk jy na die groot marionet wat Michael K voorstel, hoe sy lyf aanmekaargesit is; hoe sy haaslip uitgekerf is. Soms verloor ek my in Carlo Daniels se toneelspel."

Minder ontwerpklem op menslike behoeftes, meer op planeet
2023-07-05"Decorex Kaapstad is pas in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gehou en benewens die produkte wat aan die publiek beskikbaar is, bied dit ’n noodsaaklike geleentheid aan ontwerpers en handwerkers om hul produkte in die internasionale kollig te plaas."

Dolos deur Jaco Wolmarans: ’n resensie
2023-06-28"Hoe dit ook al sy, die boek is die ideale vermaak vir ’n lang aand voor die kaggel met ’n glas rooiwyn. Die storielyn is goed ontwikkel, verklap net genoeg om jou te laat wonder oor die volgende kinkel, en die spanning is deurgaans teenwoordig."

Laat die Boston Filharmoniese Jeugorkes jou meevoer
2023-06-21"Daar is altesaam sewe konserte op die orkes se SA-toer en hulle voer twee reusagtige orkeswerke op: Richard Strauss se 'Ein Heldenleben' en ’n werk wat min gehoor word, die massiewe Simfonie No 2 C Mineur 'Resurrection' van Gustav Mahler."

The Visigoths: Een sielverwoestende besluit verwoes baie jare later steeds
2023-06-19"Dit laat jou voel of jy in ’n reuse-wasmasjien beland het en net sodra jy dink jy kan opkom vir asem, is die verstikkende gemaal weer daar."