Key change-teaterresensie: Roxmouth is ’n meestervermaker
2023-03-20"Jy kan nie uit daardie teater stap ná Key change en kwaad of angstig of terneergedruk voel nie. Jonathan Roxmouth is ’n meestervermaker en dan is hy boonop ’n uitstekende sanger en pianis."
Teaterresensie: Meesters in aksie in Master Class
2023-03-06"Prinsloo word Callas. Die waarhede wat sy praat oor die waardering van die kunste; die belangrikheid daarvan in ons lewens, word ewe toepaslik in die Suid-Afrika van 2023 – drie jaar van verhongering van baie kunstenaars."
Johan Combrink-gedenklesing 2023 – "Afrikaans, ekosisteme vir volhoubaarheid en sukses: die kunste, TV- en vermaaklikheidsbedryf"
2023-03-01"In vraetyd het Karen bygevoeg dat sy as jong student geleer het dat jy in die kunste nie net kan film of teater doen nie, nie net kan sing of dans nie. Jy moet iets van alles kan doen om te oorleef. En dan is ’n sepiester die groot aantrekkingskrag by ’n kunstefees se teaterproduksie en vise versa. Alles werk saam."
Maryke Roberts en Bettina Wyngaard in gesprek oor Lokval
2023-02-16"Opbouende kritiek is iets waaruit mens altyd kan leer. Daar is byvoorbeeld een keurverslag wat ’n aantal probleme in ’n vorige manuskrip uitwys. Daai kritiek was soos ’n meesterklas in skryfkuns, en ek bewaar dit soos goud."
Hansard se vaslegging kry ander betekenis hier
2023-02-15"Diana smeek Robin om sy woorde aan die Britse publiek goed te kies, hulle te help om die groter prentjie te sien, maar sy verweer is dat die Britte ’n konserwatiewe nasie is en nie wil hê dinge moet verander nie."
Laerskool Noord – ’n komedie: skoolkomedie vind by almal aanklank
2023-02-02"Wat wel seker is, is dat ek hierdie stuk nog ’n keer sal kan gaan kyk, want dis die lekkerste lag-en-ontspan-uur wat ek in ’n lang tyd ervaar het."
Die geskiedenis word lewendig in Chris Karsten se Op pad na Moormansgat
2023-01-17"En natuurlik kan jy nie onaangeraak bly deur Karsten se ongelooflike talent as woordkunstenaar nie. Sy vermoë om iets doodgewoons só anders te stel, terwyl die sosiale kommentaar so half onopsigtelik saam geabba word, is iets wat ek regtig van sy boeke geniet."
Dis asof Aleit Swanepoel saam met jou kosmaak – al geselsende
2023-01-10"Dis meer as ’n leefstylkookboek, dis ’n huldeblyk aan iemand wat miljoene mense se lewens geraak het – nie net met sy programme, akademie of vriendskappe nie, maar by al die glansgeleenthede waar hy regoor die land opgetree het en waar sy woorde mense geïnspireer het."
Doolhof deur Rudie van Rensburg: ’n doolhof van gebeure en juwele
2022-12-05"Dit laat jou omblaai tot in die nanag wanneer jy weet jy gaan dit die volgende oggend ontgeld."
Phoebe word ambassadeur vir roerende projek
2022-11-17"The Cactus Foundation is deur Sarah Clayton gestig in reaksie op kinders se wrede marteling en poging om ’n klein hondjie dood te maak in opdrag van hul pa. Die hondjie se naam is Phoebe en sy is nou die ambassadeur vir die projek. Feesgangers kan vir Phoebe, Patricia en Sarah tydens die fees ontmoet."
Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie
2022-11-15"Dis meer as ’n baie goeie tienerboek; dit fokus jou aandag weer op die klein juwele in die lewe, wat so maklik deur die oorverdowende geraas van die alledaagse verdwerg word."
Diving deeply inward to write fiction: Maryke Roberts chats to Bridget Krone
2022-11-14"My first challenge is to write a really good story that readers will invest in. I try to weave in satisfying resolutions that readers won’t see coming. It takes me ages to get the plot sorted out and tie up all the loose ends."
Rhapsody is veel meer as ’n sirkus – dis Suid-Afrika in 90 energieke minute
2022-11-04"Dis vir kinders; dis vir grootmense; dis vir oumense. Dis ’n speelse, mal, bont joligheid, met afgeronde optredes wat my aan oomblikke in die Cirque du Soleil-vertonings herinner. Daar is nie skaafsels en springmielies nie, daar is eerder strykinstrumente en swart aandrokkies. Maar daar is pret. Hope daarvan." Net tot Sondag.
The unlikely secret agent by die Baxter: Toneelstukke soos hierdie een is nou nóg meer toepaslik as voorheen
2022-10-27"Dis 90 minute van loutere teatergenot om al hierdie bekroonde mense te sien saamspan in ’n toneelstuk, wat soms die wind uit jou seile ruk, soms aan jou hartsnare pluk en soms jou bloed laat kook." Slegs tot die 29ste Oktober.
Toyota US Woordfees 2022: ’n oorsig van die week se fees
2022-10-21"Die week was ’n ware tuimeltrein van die lewe in Suid-Afrika. Jy beleef al die hoogte- en laagtepunte in sewe dae. Sommige goed wat ná bykans 30 jaar van demokrasie amper ongeloofwaardig in hul absurde waarheid lyk; ander hartverskeurend nóú; ongelyk en onregverdig ten spyte van demokrasie."
