Maryke Roberts

Vryskutjoernalis

Melankolie en geluk hand aan hand met Brel en Piaf: Brel/Piaf – a revue of their songs

Maryke Roberts Teater 2022-06-02

"Toe die staande ovasie effe bedaar, is dit André wat laat hoor: 'Theatre is alive and well."

Suidoosterfees 2022: ’n oorsig

Maryke Roberts Suidoosterfees 2022-05-10

"Sommige mense ry van die platteland in vir ’n enkele uur se boekbespreking; ander taxi vir een dansvertoning; ander is gepêrel en gehaarsproei vir ’n vyfdagfees waar almal tuishoort, maar belangriker nog, tuis vóél."

107 kaalkoppe: Nataniël lê op sy maag op Planeet Kaalkop en kyk na die chaos op aarde

Maryke Roberts Resensies 2022-04-06

"Die tyd vir ’n boek uit Nataniël se pen is vir my altyd reg. Altyd nou. Daar is geen ander storieverteller in Afrikaans soos hy nie. Of dit op die verhoog of tussen die bladsye van jou boek is: Nataniël mag maar."

Interessante vertelling van ’n kortstondige huwelik met lewendige musiek

Maryke Roberts Teater 2022-04-04

"Dis nie ’n reusemusiekspel met glans, blinkers en baie akteurs wat hoogskop terwyl die stel draai nie, maar dis ’n aanbieding met werklike musikante en goeie akteurs, en dis wonderlik om weer jou voet te voel saamtik of jou hand liggies op jou knie te voel, soos dit ritme hou met die viool- of klaviermusiek."

kykNET Silwerskermfees 2022: Apokaliptiese kortfilm Die beskermer ook diep persoonlike reis

Maryke Roberts, Diana Mills Smith kykNET Portaal 2022-03-23

"Tink leer uiteindelik dat die ontbrekende stuk om ’n familiebeskermer te wees, nog altyd binne-in haar was. Sy leer om daardie letsels nie uit te vee nie, maar om dit te omarm."

Afrikaaps is vanjaar ’n sterk element by kykNET Silwerskermfees

Maryke Roberts kykNET Portaal 2022-03-22

Maryke Roberts skryf oor vanjaar se kykNET Silwerskermfees wat van Woensdag tot Saterdag by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou en ook aanlyn aangebied word. Verskeie kortfilms waarin die dialoog heeltemal of gedeeltelik in Afrikaaps is, speel hier: onder meer Aan/Af, Baber, Bergie, Net ons, My beskermer, Nagvoël en Verstikking.

kykNET Silwerskermfees-onderhoud: Gaia dalk dié kultusfilm van Suid-Afrika?

Maryke Roberts, Tertius Kapp, Carel Nel, Jaco Bouwer, Pierre-Henri Wicomb, Anthony Oseyemi, Jorrie van der Walt, Monique Rockman kykNET Portaal 2022-03-18

"Een van die films wat vanjaar by die hibriede fees, wat van 23 tot 26 Maart in Kampsbaai en op die Silwerskermfees-webwerf vertoon gaan word, is Gaia, wat in die kategorie vir beste speelfilm meeding. Dit het al verskeie toekennings regoor die wêreld ingepalm. Dis die eerste ekologiese grufilm in Afrikaans en het die Forbes Top 10-lys as beste riller vir 2021 gehaal."

Eenvoudige verhaal van liefde wat alles oorwin

Maryke Roberts Teater 2022-02-03

"Die toneelstuk ontgin die uitsonderlike verhouding tussen ’n Amerikaanse outeur en digter, Gertrude Stein, en haar lewensmaat van meer as 20 jaar, Alice B Toklas, wat die konserwatiewe denke en waardes van middelklas-Amerika verwerp en skuiling in Parys se boheemse dekadensie vind."

Stef Bos terug op die verhoog – op sy weerloosste

Maryke Roberts Teater 2022-01-25

"Ek is dankbaar die kollig het hom weer geroep; dankbaar dat hy in musiek sy heil vind; want sy optredes het my geroep; sy musiek bring heil vir my siel."

Kunsvennootskap gee Norval-stigting wynlandse vlerke

Maryke Roberts Kuns 2021-12-15

"Die uitstalling staan nie vir my in afsondering nie. Jy kan nie help om met elke treë by ’n venster verby of met elke voetval op die swaar houtvloere te besef dat jy in geskiedenis – waar slawerny en onderdrukking ook vir drie eeue geseëvier het – stap nie."

Constellations by Spier: Teater in die woud maak kop skoon

Maryke Roberts Teater 2021-12-07

"Die program beskryf dit as '’n veelvlakkige buitelug-aanbieding en een wat uit reaksie op die pandemie gebore is. Om ’n inkomste te genereer vir mense wat in die kulturele sektore werk wie se inkomstes uitgewis is; én vir diegene wie se honger vir die lewe, betekenisvolle ontmoetings en veilige toegang tot die natuur, kan saamkom.'" Tot 18 Desember.

Humor is wat ons deurdra: ’n resensie van Pieter-Dirk Uys se Lockup/Lockdown

Maryke Roberts Teater 2021-10-29

"Toe hy sê dat mense aanvanklik vertel is jy sal dalk nie eers weet as jy die virus het nie, maar dat jy ander kan aansteek, vergelyk hy dit met die virus van apartheid. 'En voor ons weet, is daar 46 jaar van apartheid!'"

Gerugte van ’n ontvoering deur Chris Karsten, ’n lesersindruk

Maryke Roberts Lesersindrukke 2021-10-06

"Chris se karakters is goed ontgin – net genoeg om konteks en diepte te gee sonder om te veel kollig op sommige te plaas en die ander in die skaduwees te laat kwyn."

Woordfees op die teevee

Maryke Roberts Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-10-05

"Ons is meer as halfpad in die Toyota US Woordfees Fees TV – die eerste kunstefees wat op Suid-Afrikaanse televisie op ’n opwipkanaal uitgesaai word – en my oë is al byna vierkantig, maar van televisie afsit en gaan slaap is daar geen sprake nie."

Leef jou nuwe lied deur Elsa Winckler en Sonja Goldberg: ’n onderhoud met die skrywers

Maryke Roberts, Elsa Winckler, Sonja Goldberg Skrywersonderhoude 2021-09-01

"Daar is ’n hele paar voorbeelde waar hulle illustreer dat mens soms net moet asemhaal en bedaar, besef jy is nog hier. Dis soms genoeg om in daardie genade te staan. En die ander belangrike boodskap is dat jy soms ook net vir ander dít kan wees: hier en gewillig om te luister."

Top