Lag ’n slag!
2019-12-09"Late Bloomer is kraakvars, skreeusnaaks en teen die halfpad-merk is jou wangspiere seer gelag, jou snaarstyf skouers ontspan en vee jy trane af oor sy pittighede."
Filmresensie: Pain and glory
2019-12-04"Banderas groei en krimp saam met die storielyn en vang sodoende die karakter se sterk- en swakpunte perfek vas."
Resensie: Noorman deur SD Fourie
2019-11-28"Hierdie boek staan heeltemal goed op sy eie voete en aan leesgenot is daar beslis geen tekort nie, maar ek glo as die skrywer se ander twee boeke vóór Noorman gelees word, dit sal bydra tot een van die lekkerste leestrio’s in ’n baie lang tyd."
Balletdanser se lewe is hartseer en ontstellend
2019-11-15"Die man val voor jou oë uitmekaar en die eens trotse, fier danser, word ineengetrek van verslaentheid."
Koningin Lear: Tydlose Shakespeare sny diep
2019-11-11"Om van ons land se beste akteurs op die verhoog byeen te hê terwyl hulle Antjie Krog se Afrikaans praat, is ’n raar voorreg."
Mark Banks ON ICE! te sien tot 2 November
2019-10-29"Hy verseker jou die vertoning is 83 minute lank – 82 minute plus een minuut vir die staande ovasies ... En dan weet jy dit gaan een groot lagsessie wees tot die trane loop en jou maag pyn."
Danger in the dark weer op die planke
2019-10-28"David Kramer se Danger in the dark, ’n verwerking van die gewilde musiekblyspel Poison, wat hy en Taliep Petersen in die 1990’s geskryf het en wat toe deur Renaye Kramer vervaardig is, is tans vir ’n kort seisoen by die Baxter-teater."
Voorste produksies op die groot skerm te sien by die Fugard-teater
2019-10-25"Die Fugard-teater het vanjaar ’n rekord 48 titels wat deel uitmaak van die 2020 Fugard Bioscope World Arts Cinema-seisoen wat tot einde Desember vertoon word. Die gewilde filmfees word vanjaar vir die negende jaar gehou en in samewerking met Ken Forrester Vineyards aangebied."
Drie ouer verhale bied lekker leesvermaak
2019-10-10"Helene is ’n ervare woordsmid en dat sy uitgeknip is om met woorde te toor, is gewis."
Kamphoer: ’n teaterresensie
2019-09-04"Dit bring dit ’n eeu later na vore en bewys weer dat geweld teen vroue deur die eeue nie sy afgryslikheid verloor het nie."
The old man and the sea: maskers en pop bring ander dimensie na Hemingway-meesterstuk
2019-08-08"The old man and the sea word gereken as een van die Amerikaanse outeur, Ernest Hemingway, se bekendste werke wat in 1951 in Kuba geskryf is en die jaar daarna verskyn het."
Voete tik saam op bekende liedjies in South Pacific
2019-08-01"Hul sterk stemme het pragtige hulde aan bekende, nostalgiese liedjies gebring."
Kinky Boots: die meeste pret wat jy vanjaar gaan hê – met jou "boots" aan, natuurlik!
2019-07-23"Op die ou end besef Lola en Charlie hoeveel hulle eintlik in gemeen het en dat wanneer jy jou houding jeens iemand verander, jy die hele wêreld kan verander."
Fees van die jaar: 'n oorsig van Innibos 2019
2019-07-10Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees het vir die vierde agtereenvolgende jaar die Fiësta vir Fees van die Jaar ingepalm. Maryke Roberts skryf oor haar ervaring.
