Drie uiteenlopende stukke ballet sal wye smake bevredig
2019-07-02"Amaranth is ’n program van neoklassieke en kontemporêre klassieke meesterstukke en bestaan uit drie balletopvoerings: George Balanchine se Serenade, Frank Staff se Transfigured night en Christopher L Huggins se Enemy behind the gates."
Hier gaat ons! Reise en rampe deur Gerard Scholtz: ’n resensie
2019-06-27"Hierdie is ’n lekker boek om in een sit te lees; maar die stories is so lekker pittig geskryf dat jy ook net af en toe een of twee verhaaltjies kan lees vir verryking."
Kleine Zalze-wynlandgoed vir tweede agtereenvolgende jaar wêreld se beste
2019-06-27Kleine Zalze-wynlandgoed buite Stellenbosch het Suid-Afrikaanse wyne aan die voorpunt van een van die wêreld se grootste en begeerlikste markte gehou deur te vermag wat geen ander inskrywer in die multinasionale Sommelier Wine Awards (SWA) in die VK nog ooit tevore kon nie: Dit is vir die tweede agtereenvolgende jaar as Beste Nuwe Wêreldprodusent aangewys en ’n derde maal in totaal, nadat dit die titel ook in 2015 ingepalm het.
Smit Motors deur Réney Warrington: ’n resensie
2019-06-20"Die boek is goed. Punt. Dit sal jou laat lag en huil. Die taalgebruik is pragtig. Die karakters is goed ontwikkel en die storielyn eenvoudig, dog baie treffend en meesleurend."
Ode aan Chris van Wyk lui nuwe era van Van Wyk-aanhangers in
2019-06-19"En raadpleeg jy die program, sien jy dis die vyfde maal dat Zane en Christo saamwerk. Hulle wérk. Baie goed. Daar is ’n gedeelde passie daar, wat deurskemer in die 70 minute op die verhoog."
Wanneer water wyn word deur Vivian Kleynhans (soos vertel aan Jacqueline Leuvennink): ’n resensie
2019-05-23"Wat wel vir my die hardste praat in hierdie boek, is die krag van ’n vrou. En hoewel hierdie ’n bruin vrou is wat swaargekry het onder apartheid en die verhaal uit daardie oogpunt geskryf is, is haar storie universeel."
The Goat, or Who is Sylvia? laat jou jou morele waardes bevraagteken
2019-05-14"Watter oortreding is groter as die ander?"
Meesters in aksie in Kunene and the King
2019-05-14"Dis 25 jaar sedert Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. ’n Kwarteeu waarin die wonde van baie dekades moet begin genees. Of só glo diegene dalk wat nie met wonde saamleef nie."
Equus: ’n teaterresensie
2019-04-10"As jy weer ’n slag wil introspeksie doen oor die sin van die lewe, die gejaag na wind, gaan kyk bietjie na binne in die veiligheid van die donker teater."
Bos deur Jaco Wolmarans: ’n resensie
2019-04-09"Hierdie is hopelik die begin van ’n lang lys suksesboeke in die spanningsgenre. Hy kan beslis kers vashou by ons land se voorste misdaadskrywers."
Happy New Year: ’n teaterresensie
2019-03-06"Dié toneelstuk laat jou met ’n ligte hart uit die teater stap, want albei akteurs leef hulle oortuigend in die rolle in, die musiek laat jou voete onwetend saamtik en danksy hul vertellings en Lucie se illustrasies, wandel jy in jou gedagtes vir ’n uur of wat deur die strate van Kaapstad en glo weer in tweede kanse."
Spanning, intrige en baie aksie maak Jagter ’n meesleurende ervaring
2019-02-26"Dis skrywers soos Bettina wat jou laat wens skrywers kon boeke vinniger skryf, sodat ons as lesers nie so lank moet wag vir hul volgende pennevrug nie."
’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo: ’n resensie
2019-01-22"Ek het regtig ’n groot aanhanger van Hugo se werk geword, juis omdat sy die vermoë het om mense se innerlike wroegings só goed te verwoord. Haar karakters kry ’n lewe tussen die bladsye en dis soos vriende vir wie jy moet koebaai sê as jy die laaste bladsy klaar gelees het."
Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers
2019-01-17"Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense."
Dry White: Nik Rabinowitz bly een van ons beste komediante
2018-12-20"Daar is geen twyfel dat Nik Rabinowitz weet hoe om gehore te vermaak nie – hy weet hoe om die laggolf te ry as hy die kol tref, maar weet ook om ’n ander rigting in te slaan en van die onderwerp af te stap as die gehoor nie met sy vertellinge tred hou nie."
