Maryke Roberts

Vryskutjoernalis

Elke sosiale kwessie in die KKNK se teaterligte uitgewys

Maryke Roberts, Clifford Roberts KKNK 2023-04-19

Die KKNK is 1–9 April op Oudtshoorn gehou. Clifford en Maryke Roberts was 6–9 April daar: Clifford agter die kamera en Maryke met haar notaboek. Hier is hul oorsig van dié vier dae.

Buddy Holly: Dié vertoning laat jou uitasem – van rock ’n roll én hartseer

Maryke Roberts Teater 2023-04-11

"Buddy Holly het in sewe kort jare amper meer vermag as die meeste ander kunstenaars in ’n leeftyd, en in ’n tyd toe rock ’n roll as 'boosaardig en volksvreemd' beskou is, gewys dat daar baie meer in die lirieke steek as wat mense verwag."

Devil song: Ware teatertuiskoms by ou teatersentrum in Distrik Ses

Maryke Roberts Teater 2023-03-30

"Die kabaret is geïnspireer deur die Tony-bekroonde Audra McDonald se liedjiesiklusse The seven deadly sins en bevat kort beskrywings, liedjies en voordragte oor die sewe doodsondes: hoogmoed, gierigheid, gramskap, afguns, wellus, gulsigheid en luiheid."

Fleur du Cap-teatertoekennings 2023: Room van teaterwêreld vereer

Maryke Roberts Teater 2023-03-29

"Africa Melane se afsluitingswoorde namens die beoordelaars het die teaterbedryf en hul invloed op die samelewing baie raak opgesom: 'Geen stad soos groot soos Kaapstad kan sonder kunstenaars oorleef nie.'"

Key change-teaterresensie: Roxmouth is ’n meestervermaker

Maryke Roberts Teater 2023-03-20

"Jy kan nie uit daardie teater stap ná Key change en kwaad of angstig of terneergedruk voel nie. Jonathan Roxmouth is ’n meestervermaker en dan is hy boonop ’n uitstekende sanger en pianis."

Teaterresensie: Meesters in aksie in Master Class

Maryke Roberts Teater 2023-03-06

"Prinsloo word Callas. Die waarhede wat sy praat oor die waardering van die kunste; die belangrikheid daarvan in ons lewens, word ewe toepaslik in die Suid-Afrika van 2023 – drie jaar van verhongering van baie kunstenaars."

Johan Combrink-gedenklesing 2023 – "Afrikaans, ekosisteme vir volhoubaarheid en sukses: die kunste, TV- en vermaaklikheidsbedryf"

Maryke Roberts ATKV-Portaal 2023-03-01

"In vraetyd het Karen bygevoeg dat sy as jong student geleer het dat jy in die kunste nie net kan film of teater doen nie, nie net kan sing of dans nie. Jy moet iets van alles kan doen om te oorleef. En dan is ’n sepiester die groot aantrekkingskrag by ’n kunstefees se teaterproduksie en vise versa. Alles werk saam."

Maryke Roberts en Bettina Wyngaard in gesprek oor Lokval

Maryke Roberts, Bettina Wyngaard Skrywersonderhoude 2023-02-16

"Opbouende kritiek is iets waaruit mens altyd kan leer. Daar is byvoorbeeld een keurverslag wat ’n aantal probleme in ’n vorige manuskrip uitwys. Daai kritiek was soos ’n meesterklas in skryfkuns, en ek bewaar dit soos goud."

Hansard se vaslegging kry ander betekenis hier

Maryke Roberts Teater 2023-02-15

"Diana smeek Robin om sy woorde aan die Britse publiek goed te kies, hulle te help om die groter prentjie te sien, maar sy verweer is dat die Britte ’n konserwatiewe nasie is en nie wil hê dinge moet verander nie."

Laerskool Noord – ’n komedie: skoolkomedie vind by almal aanklank

Maryke Roberts Teater 2023-02-02

"Wat wel seker is, is dat ek hierdie stuk nog ’n keer sal kan gaan kyk, want dis die lekkerste lag-en-ontspan-uur wat ek in ’n lang tyd ervaar het."

Die geskiedenis word lewendig in Chris Karsten se Op pad na Moormansgat

Maryke Roberts Resensies 2023-01-17

"En natuurlik kan jy nie onaangeraak bly deur Karsten se ongelooflike talent as woordkunstenaar nie. Sy vermoë om iets doodgewoons só anders te stel, terwyl die sosiale kommentaar so half onopsigtelik saam geabba word, is iets wat ek regtig van sy boeke geniet."

Dis asof Aleit Swanepoel saam met jou kosmaak – al geselsende

Maryke Roberts Boeke en skrywers 2023-01-10

"Dis meer as ’n leefstylkookboek, dis ’n huldeblyk aan iemand wat miljoene mense se lewens geraak het – nie net met sy programme, akademie of vriendskappe nie, maar by al die glansgeleenthede waar hy regoor die land opgetree het en waar sy woorde mense geïnspireer het."

Doolhof deur Rudie van Rensburg: ’n doolhof van gebeure en juwele

Maryke Roberts Resensies 2022-12-05

"Dit laat jou omblaai tot in die nanag wanneer jy weet jy gaan dit die volgende oggend ontgeld."

Phoebe word ambassadeur vir roerende projek

Maryke Roberts Feeste 2022-11-17

"The Cactus Foundation  is deur Sarah Clayton gestig in reaksie op kinders se wrede marteling en poging om ’n klein hondjie dood te maak in opdrag van hul pa. Die hondjie se naam is Phoebe en sy is nou die ambassadeur vir die projek. Feesgangers kan vir Phoebe, Patricia en Sarah tydens die fees ontmoet."

Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie

Maryke Roberts Lesersindrukke 2022-11-15

"Dis meer as ’n baie goeie tienerboek; dit fokus jou aandag weer op die klein juwele in die lewe, wat so maklik deur die oorverdowende geraas van die alledaagse verdwerg word."

Top