Minder ontwerpklem op menslike behoeftes, meer op planeet

  • 0

Decorex Kaapstad is pas in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gehou en benewens die produkte wat aan die publiek beskikbaar is, bied dit ’n noodsaaklike geleentheid aan ontwerpers en handwerkers om hul produkte in die internasionale kollig te plaas. Verskeie bekende handelsname gebruik Decorex om hul nuwe versameling vir die jaar bekend te stel.

Decorex Kaapstad het met die eerste Kaapstad Dekor-en-Ontwerp-week saamgeval.

Een van die insiggewende ervarings by Decorex was ’n begeleide stap saam met Bielle Bellingham, Decorex Africa se uitvoerende kreatiewe direkteur. Sy het gesê niemand in die uitstalling is daar omdat hulle ontwerp of kreatiwiteit as werk sien nie, maar eerder as ’n magtige hulpmiddel tot verandering.

“Om huiseienaars te inspireer om hul huise beter te maak, lê die taak by ons om as’t ware die toekoms namens hulle te gaan haal en te vertoon. In hierdie ruimte is daar ’n goeie balans tussen craft en ingenieurswese; daar is mooi en magies, maar ook tegnologie; daar is ligsinnigheid, maar ook gravitas.

“Daar is spesifieke patrone, kleure, ontwerpe, lyne en materiale wat hier na vore kom en dis nie om dowe neute nie. Die materiaalkultuur hier gebruik word, is ’n uitdrukking en manifestasie van groter globale neigings en sosiale kulturele veranderinge, wat deursyfer na ons materiaalkultuur. Dis fassinerend om te sien en leer wie ons is as Suid-Afrikaners; as Afrikaners; en wat ons kultuur oor ons sê.”

Die toekoms van ontwerp moet volhoubaar wees.

Sy het bygevoeg dat ontwerpers die afgelope 30 jaar hopeloos te veel klem gelê het op ons menslike behoeftes, terwyl ons die planeet uitwis.

Bielle het by ’n uitstalling interessante stoele in die Hatch-restaurant-gedeelte vertoef en vertel dat ontwerpers genooi is om volhoubaar-ontwerpte stoele in te skryf. “Met beginsels soos herwin, verminder, hergebruik en weier, is dit geen maklike taak nie, want jy moet diep delf vir volhoubare ontwerpe.

“Vir die volgende 30 jaar van ontwerp moet ons generasie se grootste doelwit volhoubaarheid wees. Maar meer nog, ons moet volhoubaarheid toeganklik en bekostigbaar vir almal maak. Dit kan nie ’n voorreg wees nie, maar ’n universele reg en realiteit vir een en elkeen.

Een ontwerper het gesê hy ontwerp nie ’n stoel nie – onder die ‘weier’-banier – en dis sy bydrae tot volhoubaarheid.

“Hier by RX Africa en Decorex stoot ons volhoubaarheid nou onder die publiek na vore en dit vorm die grondslag vir elke besluit wat ons neem en elke projek wat ons aanpak.”

Bielle het gesê dat ons met dit as basis drastiese veranderinge in ons woning moet aanbring. “En ons woning is die planeet. Ons leefstyl skep geweldig baie afval en ons as ontwerpers het ’n groot verantwoordelikheid om werklik aandag hieraan te gee.

“As argitekte, ontwerpers, handwerkers, ingenieurs, media, is ons kulturele agente van wie die publiek kan leer. Ek vra dus aan elkeen:

  • Sê nou maar dat ontwerp meer as ’n kultus van eksklusiwiteit kon wees?
  • Wat sou gebeur as ons nuwe houdings sou ontwerp, in plaas van nuwe produkte?
  • Sê nou maar ons toeganklikheid sou prioritiseer sodat almal by ontwerp kan baat?
  • Wat sou gebeur as ons foute of onvolmaakthede sou vier en ’n meer inklusiewe definisie van skoonheid sou voorstel?
  • Hoe oorkom ons ons verslawing aan gerief en ons onversadigbare hunkering na meer?
  • Hoe kweek ons samewerking in ons voorsieningsketting om deursigtigheid en die deel van kennis aan te moedig?
  • Wat sou gebeur as ontwerpers en beleidsvormers kon saamwerk om regulasies te formuleer wat etiese ontwerp aanmoedig?
  • Hoe skep ons meer geslote stelsels waar die afval van een proses die hulpbron van ’n ander word?
  • Hoe gaan ons wyer as die tradisionele idees van wins, terwyl ons erken dat oplossings ekonomiese, kulturele en sosiale implikasies kan balanseer en steeds ’n positiewe uitwerking kan hê?
  • Wat sou gebeur as ons strewe na gemak en gerief ons na die punt van geen omkeer sou dryf?”

Bielle se oorhoofse boodskap was dat ons in ’n vinnig bewegende wêreld alles onder ons vingers met tegnologie wil beheer, maar steeds na die bekende hunker.

Tegnologie kan ook volhoubaar ontwerp word.

“Twee baie sterk temas wat ons in die ontwerpwêreld sien, is hierdie oordadige kreatiewe uitdrukking en die geneigdheid om van die paniek, onstabiliteit en onsekerheid van die lewe met alles wat modern en vinnig is te wil ontsnap, maar terselfdertyd neig ons ook na die nostalgiese, bekende, klassieke, omdat ons dit verstaan; ons kan dit vashou en daaraan vasklou; en ons is seker daarvan.

Bielle se vrae oor hoe ons denkpatrone kan verander, is in treffende plakkate by Decorex vertoon.

“Dis twee reaksies op die onsekerheid van die lewe, maar baie uiteenlopend, wat parallel loop.”

Humanscale se Path, ’n stoel wat meer as 4kg oseaanplastiekrommel herwin om elke stoel te maak.

Sy het haar punt geïllustreer deur eers by die Usurppa-kunsversameling, wat kuns op Samsung-televisies vertoon, te verpoos en direk daarna Frystark, ’n GqeberhaPE-handelsmerk, wat in die helfte van die vorige eeu geloods is en nou hulself weer opnuut in die mark vestig, aan te doen. Frystark se slagspreuk is heel gepas: “Past empowers future.”

Die Anima soliede houthuise, wat nie fondamente nodig het nie en lig op die aarde sit, was nog een van haar voorbeelde. Dit kan per hyskraan afgelewer word en is ideaal vir sensitiewe natuurgebiede soos reservate of fynboslandgoedere of plekke wat afgeleë is. Geen addisionele verhitting of verkoeling is nodig nie, want die hout reguleer en verskaf die perfekte temperatuur.

Bielle het gesê: “Dit spreek tot ons nostalgiese sy en beklemtoon weer hoe belangrik hierdie retroleidrade is. Goed-vervaardigde produkte is volhoubaar uit eie reg, omdat dit nie net goed vervaardig is en mooi is nie, maar beslis as erfstukke ’n plek in die toekoms verdien.”

Ons gebruik giers as voëlsaad, maar dit kan voedselskaarsste uitwis.

Sy het ook vertoef by Studio-H, wat voëlhuisies met voëlsaad (giers) uitgestal het, maar gevra het dat jy nie die voëls voer nie. Die ateljee het ’n volledige studie, die Millets Report, gepubliseer.

Die Voedsel-en-Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het 2023 tot Internasionale Jaar van Giers verklaar. Giers, ’n antieke graan, is inheems aan Suid-Afrika, en het die potensiaal om ’n groot rol te speel om klimaatsverandering en voedselsekerheid aan te spreek.

Studio-H se verslag sluit artikels van kenners in: van voedingsvoordele deur Mpho Tshukudu en resepte deur Khanya Mzongwana tot 'n humoristiese rubriek deur Anna Trapido en 'n persoonlike essay deur Mokgadi Itsweng. Pêrelgiers word geëet in die vorm van brood, pap en in gekookte of gestoomde kosse. Giersbier word dikwels ’n stapelvoedsel van godsdienstige en sosiale lewe in Afrika genoem.

As gevolg van sy hoë proteïeninhoud en mededingende opbrengste op marginale lande word die graan gewild as voer vir pluimvee en ander vee, lui die ateljee se inleiding tot die verslag.

Tog, in Suid-Afrika is dit algemeen bekend en in gebruik as voëlsaad. ’n Kosbare, inheemse voedselbron – reg, onder ons neuse – wat vir voëls gevoer word.

Bielle het by ’n reuse- lapagtige tent van Changing Spaces, ’n binnenshuise-ontwerp-firma wat danksy tegnologie regoor die wêreld werk sonder om fisies al hul kliënte te besoek en wat hul projekte teen die tent se materiaalmure geprojekteer het, ingestap. Die rol wat tegnologie speel om mense regoor die wêreld te verbind, en ‘n koolstofvoetspoor wat minder fisiese reis meebring, is verskeie male onderstreep.

Frystark bring ouwêreldse retromeubels weer na die voorgrond. Dis volhoubaarheid in ’n ander vorm.

Sy het bygevoeg dat vervaardigers soos Samsung jou onder meer sal laat weet jou yskas is nie optimaal gepak nie, energiebesparende toestelle ontwerp en selfs klokkies laat lui as jou deur nie dig sluit nie. “Hierdie vervaardigers is lankal by lippediens verby. Hul ontwerpe is waarlik gefokus op die omgewing en die beste manier om daarna om te sien, sonder om tegnologiese vooruitgang in te boet.”

Sy het daarby aangesluit deur ons boumateriaal te wys wat nie net laer koolstofvoetspore genereer nie, maar ook hotelgroepe en konstruksiemaatskappye aanspoor om te kyk hoe hul boumetodes minder skadelik kan wees en volhoubare bronne kan gebruik.

Kuns op televisieskerms is so modern as kan kom.

Ook op haar besoeklys was die uitstalling van Ramteck, wat die idee van saamgeperste sand as boumateriaal gebruik, wat sagter op die omgewing is. Ander alternatiewe was ligter boublokke wat soos saamgeperste hout lyk en afgesaag en gevyl kan word. Dit bou vinniger en vervaardiging is groener.

Anima se soliede houthuise, wat nie fondamente nodig het nie en lig op die aarde sit, was nog een van haar voorbeelde. Dit kan per hyskraan afgelewer word en is ideaal vir sensitiewe natuurgebiede soos reservate, fynboslandgoedere of plekke wat afgeleë is. Geen addisionele verhitting of verkoeling is nodig nie, want die hout reguleer en verskaf die perfekte temperatuur.

Die fisiese teenwoordigheid van die gewilde aanlynkleinhandelaar, Superbalist.com, met volledige kamers, het die lyn tussen e-handel en baksteen-en-sement laat vervaag. Die idee van ’n vertoonwinkel waar jy aan alles kan vat en met ’n OR-kode in jou “waentjie” kan laai, maar nie hoef huis toe te karwy nie, want dis steeds aanlyn-aankope, het gewys dat tegnologie en die tradisionele kan saamwerk, in plaas van een óf die ander.

Bielle het by ’n uitstalling interessante stoele in die Hatch-restaurant-gedeelte vertoef en vertel dat ontwerpers genooi is om volhoubaar-ontwerpte stoele in te skryf. “Met beginsels soos herwin, verminder, hergebruik en weier is dit geen maklike taak nie, want jy moet diep delf vir volhoubare ontwerpe. Plaaslike ontwerpers, onder wie Andrea Kleinloog, Jon Case, Matthew Dasneves, Sanri Pienaar, Rupert Green, Hannerie Visser, Joe Paine, Bofred, het hul hand aan stoele gewaag. Een ontwerper het gesê hy ontwerp nie ’n stoel nie – onder die ‘weier’-banier – en dis sy bydrae tot volhoubaarheid.”

Volhoubare materiaal soos bamboes, rottang, herwonne materiaal, bly die gunstelinge vir die toekoms.

Een van die afdelings van die dekorskou wat vanjaar groot aftrek gekry het, was die Future talks by die Future of Design-ruimte, waar onderwerpe soos groener ontwerpe, herwinning, die klemverskuiwing van ’n verbruikersekonomie na ’n volhoubare ekonomie, en ander, onder die loep gekom het.

“Dis egter nodig om nie net te praat nie, maar om oplossings te vind en in werking te stel,” het sy gesê.

James Vos (Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei), wat die skou amptelik geopen het, het onder meer die belangrikheid van ontwerp, handwerk en kreatiwiteit as inkomstebronne vir selfs die kleinste onderneming beklemtoon en ook genoem dat Afrika en die res van die wêreld Kaapstad as bron van inspirasie beskou. Borgskappe gee aan kleiner ontwerpers en kunstenaars ’n uitstalruimte by Decorex en internasionale kopers kom kyk hier na die volgende vuurwarm neiging.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top