- Foto’s: Clifford Roberts
Die reën het natuurlik die heerlike lentegevoel verdryf, maar die organiseerders laat hulle nie van stryk bring nie. Ryneveldstraat voor Erfurthuis is vinnig verruil vir die Open Window-kampus by Oude Molen en die aankondiging op sosiale media het sekerlik enige kwaai tannie wat haar bolla in ’n krul wou ruk, ontwapen: “[D]ie Toyota Stellenbosch Woordfees het dus besluit om die Langtafel te skuif na ’n droë, beskutte venue waar jy nie agter jou poppadom in die reën hoef aan te hardloop nie.”
En met jasse en truie en dik reënbaadjies het die gaste kom kuier. Daar is eers in die voorportaal oor ’n glas wyn van ’n paar bekende wynplase – Alto, Dorp Street, Spier en Blaauwklippen – en ’n paar onder die Stellenbosch Wynroetes-vaandel gekuier.
Toe is daar deurgestap na die speelse wêreld binne, wat herinner het aan ’n vrolike kosfees iewers in verre lande, maar met Kaap-Maleise inslag sterk in die voorgrond.
Dit was ’n ware straatbraai (onderdak natuurlik) saam met Johnny Hamman van John Joseph Anatomy of Food. Suid-Afrikaners se koserfenis is beïnvloed deur vuur, daarom is ’n kole-kosfees vir alle kulture op die spyskaart – van tandoor tot braai tot Weskusvis, en watter lekker manier om Erfenismaand mee af te sluit.
Meer as 450 mense het gekuier, gelag, stories gedeel en die wonderlike reënboognasie gevier. En natuurlik was die rugbyuitslae van Saterdagaand ’n goeie tonikum om die gemoedere nog ligter te hou!
Tussendeur het ’n paar uitgelese sprekers meer oor die fees en die geleentheid vertel, onder wie Henriëtte Loubser (hoofredakteur, Netwerk24 en Media24 Afrikaanse nuus), Saartjie Botha (Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur), Anton Falck (visepresident Hino, Toyota South Africa Motors), Amanda de Klerk (Stellenbosch Wynroetes), Rudolf Gouws (voorsitter, Woordfees-adviesraad), Leslie van Rooi (US) en Danie Fölscher (voorsitter, Woordfees-direksie).
Die voete het lekker saamgetik met optredes deur Babalwa Mentjies en Frazer Barry en sy orkes, Deniel Barry (perkussie), Charlton Davids (klavier) en Earl Witbooi (baskitaar).
En natuurlik is daar heerlik gesmul, en die wyne van die Stellenbosch-omgewing het alles mooi bymekaar gebring.
Foto’s:

Vinnige planne het die Langtafel van onder die eikebome na onderdak geskuif. (Foto: Clifford Roberts)

Isabella Nagel, Divan Erasmus en Reeve Warley hou die glasies vol by die Alto-stalletjie. (Foto: Clifford Roberts)

Tammy Hendrikse en Kallyn Merckel van die Blaauwklippen-stalletjie (Foto: Clifford Roberts)

Die Fiësta-aanbieder, Rumacques Gelderbloem (ook bekend as die rymkletser Oxijin) kom proe wyne by die Stellenbosch Wynroetes-stalletjie. (Foto: Clifford Roberts)

Lizelle en Leon le Roux van Sanlam kom by die geleentheid aan. (Foto: Clifford Roberts)

Bo en onder: Die koue en reën is behoorlik verdryf met die mooie dekor, lekker atmosfeer en braaifees en wyn. (Foto: Clifford Roberts)

Johnny Hamman van John Joseph Anatomy of Food was die sjef van die aand en het die borde én monde vol gehou! (Foto: Clifford Roberts)

Ilzebeth Oosthuizen en Rudolf Gouws (voorsitter, Woordfees-adviesraad) glimlag vir die kamera. (Foto: Clifford Roberts)

Die akteurspaartjie Diaan Lawrenson en Jody Abrahams (Foto: Clifford Roberts)

Jenive Moses en Norman Layman van Stellenbosch Wynroetes (Foto: Clifford Roberts)

Anet Pienaar-Vosloo en Ton Vosloo het sommer sy verjaardag ook tydens die Langtafel gevier. (Foto: Clifford Roberts)

Edward van den Berg en André Schwartz (Foto: Clifford Roberts)

Thelren Masimila, Lynn Heathcote, Thelma Masimila en Theltom Masimila (Foto: Clifford Roberts)

Kabous en Martie Meiring en Gerhard en Di van Niekerk (Foto: Clifford Roberts)

Dié gaste van Investec is, van links, Charl en Helene Cronjé en Gabriël en Liesbet Pansegrouw. (Foto: Clifford Roberts)

Anne Havemann en Carel Nolte van Easy Equities wat die Skrywersfees by die Toyota Woordfees borg. (Foto: Clifford Roberts)

Saartjie Botha (direkteur, Stellenbosch Woordfees NPC), Fiona van Kerwel, projekbestuurder, WOW, en Leslie van Rooi van die Universiteit Stellenbosch (Foto: Clifford Roberts)

Die wynplase was ook goed verteenwoordig – nie net by die stalletjies en op die wynlys nie, maar ook met hul bywoning. Van links is Bertho van der Westhuizen van Alto en Renata en Andrew de Vries van Koelenhof. (Foto: Clifford Roberts)

Musiek het die voete lekker laat saamtrap en die harte verwarm. (Foto: Clifford Roberts)

Julie en Pietie Williams het ook die geleentheid bygewoon. Pietie is die direkteur van toerisme en sosiale ontwikkeling by die Kaapse Wynland Distrik Munisipaliteit. (Foto: Clifford Roberts)

Daar was ’n groot braaifees binne-in die saal, maar agter die skerms het die kombuis ook gekook! Hier is Nkosi Watinye en Pamela Chadongo besig om samoesas te diepbraai. (Foto: Clifford Roberts)

Frazer Barry en sy orkes het musiek verskaf. (Foto: Clifford Roberts)

Mivuyo Mila en Welekazi Mila (WOW-projek) voor die kosfees amptelik binne begin. (Foto: Clifford Roberts)
Lees ook:
Persverklaring: Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Schalk Joubert
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Carla Smith
Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-persverklaring: Wenner van vanjaar se kortverhaalkompetisie