Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer. Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is. In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf hy. Foto: Theodore Rossouw

Author in residence: Mia Arderne

Mia Ardene, Izak de Vries Books and writers 2022-07-05

"Writing is usually such a solitary thing, and it can get lonely. So, being surrounded by other writers has been amazing. Being in a space where six of us are together and working, feels like I'm part of a community of artists where we can share our processes and our progress."

Inwoonskrywer: Elodi Troskie

Elodi Troskie, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2022-07-04

"Met soveel verskillende tale en stories wat saans om die etenstafel ontmoet het, dink ek het ons almal baie by mekaar geleer. Ons was ook gelukkig om die Karoo Writers’ Festival in Cradock en die Nasionale Kunstefees in Makhanda by te woon en ook daar deur kreatiewe energie omring te word."

Reuse, konings, cowboys en tsotsi’s, of die poësie van protes

Izak de Vries Feeste 2022-07-04

"Beide was protesteater, maar hulle was totaal uiteenlopend. Een was keihard en heg verweef, die ander was ’n stuk visuele poësie wat beeldskoon was, maar dalk ’n bietjie te selfvoldaan."

Die Nasionale Kunstefees, waar oud en nuut vervleg

Izak de Vries Feeste 2022-06-29

"Die begin van kuns en teater; die mens wat vermaak en oorbluf wil word deur skouspel."

Inwoonskrywer: Naomi Meyer

Naomi Meyer, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2022-06-29

"As mens in hierdie dorp inligting vir mens se storie benodig, moet mens net vra en jy sal met vriendelikheid vrygewig ontvang. Baie dankie, Somerset-Oos, en baie dankie Paulet Huis en al jou luukse gasvryheid!"

Die Schreiner Karoo Writers’ Festival, ’n fotoblad

Izak de Vries Boeke en skrywers 2022-06-28

"Hierdie skrywersfees in die Karoo is klein en intiem. ’n Mens leer die sprekers en die gaste ken. Dit is gans anders as die groot nasionale feeste waar die sprekers op die verhoog sit en ’n mens nie regtig na aan hulle kan kom nie. Hier eet almal saam, die sprekers luister na mekaar en daar is ’n heerlike interaksie tussen dié wat optree en die wat die gesprekke en ander items bywoon. Die lieflike Victoria Hotel en die Tuishuise bied ook ’n unieke, warm platform vir die fees."

Author in residence: Mphuthumi Ntabeni

Mphuthumi Ntabeni, Izak de Vries Interviews 2022-06-28

Mphuthumi Ntabeni is one of six authors currently in residence in Somerset East, courtesy of the Jakes Gerwel Foundation and PEN South Africa. His novel The wanderers is on the long list for the Sunday Times Fiction Prize.

Major international award for Erika Bornman, author of Mission of malice

Erika Bornman, Izak de Vries Interviews 2022-06-26

"I’m blown away and I feel so honoured. When I left KwaSizabantu back in 1993, there was very little support available to survivors of cultic and coercive groups. It was pre-internet days, too, so I was on my own and really struggled. Books saved me, however."

Ruk maskerloos op na die Nasionale Kunstefees!

Izak de Vries Feeste 2022-06-24

"Makhanda het sy beste uitrusting aangetrek en is reg om makietie te hou. Jy is genooi."

Regarding spiritual auto mechanics and healing: in conversation with Klara Ana Rosa

Izak de Vries, Klara Ana Rosa (Wojtkowska) Interviews 2022-06-15

Nzara: Hunger is a mythological, musical epic poem telling the story of the Rozvi Empire from Great Zimbabwe attempting to steal the moon out of the sky. The movie is based on a ceremony-theatre play by the same name. It is cyclical in nature and portrays a world devoured by terror. It invites us, once again, to believe in love.

Van Der Aven se eerste Afrikaanse enkelsnit “Heimwee” op Mimi se verjaarsdag

Izak de Vries, Roelof van der Merwe Musiek 2022-06-10

"Heimwee" is die eerste enkelsnit van hierdie kort nuwe album. Roelof sê: "Ons weergawe van die liedjie word op Vrydag 10 Junie uitgereik. Ons het onlangs verneem dat Mimi Coertse op 12 Junie 90 Jaar oud word. Dis nogal amazing hoe hierdie dinge so uitwerk. Ons het groot respek vir haar en wat haar musiek vir die skatkis van Afrikaans beteken. Ons hoop sy het ’n wonderlike verjaardag!"

#CrazySocks4Docs celebrated at the Nelson Mandela University

Yoshna Kooverjee, Izak de Vries Interviews 2022-06-03

"Studying towards a medical degree is extremely demanding and studies show that medical students around the world have high rates of depression and anxiety, even in the preclinical years of training. Awareness and knowledge are the first steps to prevention, and as the saying goes, prevention is better than cure!"

Waarom gesondheidswerkers Vrydag snaakse sokkies gedra het

Izak de Vries Menings 2022-06-03

"Op Vrydag 3 Junie het baie gesondheidswerkers en mediese studente snaakse sokkies gedra. Dit was nie toevallig nie. Reeds vir ’n hele aantal jaar is die eerste Vrydag in Junie bekend as CrazySocks4Docs-dag, of dan #CS4D."

In conversation with Hannes Barnard about Halley’s Comet

Hannes Barnard, Izak de Vries Books and writers 2022-05-24

"They run for their lives as dusk turns into night. Bullets fly as he gets closer. They stop breathing because it’s making too much noise. Still, Rudie comes closer. And closer."

Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman

Menán van Heerden, Izak de Vries, Herman Wasserman Skrywersonderhoude 2022-05-19

Wêreldpersvryheidsdag word elke jaar op 3 Mei gevier. Vanjaar se tema is "Joernalistiek onder digitale beleg". Herman Wasserman vertel vir Izak de Vries en Menán van Heerden oor sy jongste twee projekte: ’n boek, Disinformation in the Global South, en ’n verslag, "Meeting the challenges of information disorder in the Global South".

Top