Liefde is ... oorlogskuns: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 April om 15:00)
2022-04-13In Oekraïne is beelde, wat gebaseer is op die strokiesprent Liefde is ..., op verskeie groot advertensieborde aangebring. Viktor gesels oor hierdie makabere kunswerke, en ook oor liefde, troues en die wisjiwanka, ’n tradisionele Oekraïense hemp met fyn borduurwerk op.
Tronke bedreig ons dogters: ’n resensie van Anthony Molyneaux se Last blue ride
2022-04-01"Foucault wys daarop dat te min personeel in tronke gemaak het dat ons gevonniste misdadigers nou dophou met gesofistikeerde apparaat en geboue, in plaas daarvan om hulle te rehabiliteer. In Suid-Afrikaanse tronke is die oorlading só enorm dat gesofistikeerde dophoustelsels gewoon nie bestaan nie. In die plek daarvan word ons tronke deur bendes bestuur."
Broodnodige teater: ’n amper-resensie van Contested bodies or Doctor James Barry, Lord Charles Somerset, and I
2022-03-25"Moenie tradisionele teater verwag nie, beslis ook geen stigtelike oomblik nie. Tog: Die kostuums is beeldskoon. Die spel is verstommend. Hoewel jy van een historiese oomblik na die ander gegooi word, is die lyn maklik om te volg."
’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne
2022-03-23"Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie). Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een dermatoloog."
Humor in die oorlogsone: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (21 Maart 2022 om 15:00)
2022-03-21Hoe saboteer jy ’n hommeltuig met ingelegde tamaties? Menslikheid, humor en sterk vroue sou ’n goeie opsomming wees van hierdie gesprek met Eben Viktor vanuit Dnipro in Oekraïne. Ook taal. Wat beteken die woord waterpas in Russies?
Reis met woorde, ’n onderhoud met Xanelé Puren
2022-03-18"Die boek, wat lyk en voel soos die bekende Moleskine-dagboeke, is interaktief en help kinders om die storie- en ander boeke wat hulle self kies om te lees, op te som en om dan ook hulle eie idees te begin formuleer om self tekste te skryf."
Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud
2022-03-13Vanjaar val nasionale biblioteekweek gedurende 14–20 Maart. Izak de Vries het in Distrik 6 by die Otto Stigting gaan kuier om uit te vind waarom nasionale biblioteekweek gevier word, waarom dit juis nou gevier word, en wat die doel van hierdie week is.
Interview with a former refugee, Karina Szczurek
2022-03-13"Watching Ukrainian parents evacuate their children to safety while staying behind to fight for their future breaks my heart. I cannot imagine the levels of anxiety and distress this kind of separation causes for a family. These people will never fully recover from this, even if they survive."
Die missiele val: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 Maart 2022 om 14:00)
2022-03-12Hoe gaan dit met Eben en sy vriende? Wat maak hulle wanneer die missiele val? Hoe kan ons die inwoners van Oekraïne help?
Die Russe is 70 km weg. Hoe berei ’n mens voor? (Oekraïne, 4 Maart om 14:40)
2022-03-04Eben Viktor woon in Dnipro, Oekraïne. Die Russiese soldate is nou slegs 70 km ver. Hoe berei hy en sy vrou voor? Wat doen hulle vriende? Waarom koop hulle jodium?
SALA-toekennings 2021: ’n onderhoud met Jean Meiring
2022-03-03"Wat is ons sonder storievertellers en hul stories?"
Philip de Vos en Piet Grobler gesels oor Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes
2022-02-24Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes is ’n bundel versies deur Philip de Vos met tekeninge deur Piet Grobler. Izak de Vries het met albei gesels.
Afrikaanse mense praat seks
2022-02-14"Maar my reis om met seks te werk het oor ’n lang pad bymekaargekom toe ek my meestersgraad by New York University (NYU) voltooi het. Hier het ek meer oor seks en seksualiteit geleer."
Iemand met ’n burgersin? Die regsaspekte van entstofmandate
2022-01-28"Antivaksers se pogings om individuele vryheid bó die regte van die gemeenskap te pleit, is ’n deeglike knou toegedien toe die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KBVA) beslis het dat Goldrush, ’n aanlyndobbelgroep, reg opgetree het deur Theresa Mulderij af te dank ná sy geweier het om ingeënt te word."
25 trappe na benede, ’n onderhoud met Madelein Rust
2021-12-22"Sonder dat sy bewus is daarvan, span sy in wat sy desnoods deur die jare moes aanleer om haar emosionele en fisieke welstand te verseker – ’n vermoë om mense se liggaamstaal sowel as mikro- en makrogesigsuitdrukkings te interpreteer. Mense wat vir lank aan fisieke en emosionele geweld onderwerp word, word dikwels meesters van interpretasie."

