Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer. Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is. In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf hy. Foto: Theodore Rossouw

Om te skryf, ’n resensie

Izak de Vries Resensies 2022-11-15

"Mense vra dikwels hoe hulle kan begin skryf. Van nou af gaan ek hulle van Om te skryf vertel. Ek gaan hierdie boek eers show aan almal wat wil leer skryf, en hulle dan tell om dit deur te werk. Daarna kan ons verder gesels."

Toyota US Woordfees: Al om Antjie

Izak de Vries Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-11-02

"Schalk Joubert, die man wat ook met ’n baskitaar kan toor, was die musiekregisseur; die hooffeesindoena, Saartjie Botha, het self die regie waargeneem."

Die Toyota US Woordfees: boeke, gesprekke en mense

Izak de Vries Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-26

"Ek het hard probeer om soveel as moontlik in te pas in die kort tydjie en het dus gekonsentreer op boeke, skrywers en die gespreksreekse."

Die elfde Tuin van Digters deur Izak se lens

Izak de Vries Feeste 2022-10-20

Tuin van Digters is vanjaar vir die elfde keer by die Breytenbach Sentrum in Wellington gehou.

Toyota US Woordfees 2022: Afrikaans herontdek by feeste

Izak de Vries, Lara Aucamp Feeste 2022-10-18

"Dis die eerste keer dat ek regtig die taal geniet het. Omdat ek so lank afstand van die taal af gehad het, kon ek dit soos nuut ontdek. Ek het altyd die woorde verstaan, maar het begin om die taal op ’n ander vlak te verstaan en waardeer."

Toyota US Woordfees 2022: Boekemacrazies by die Toyota US Woordfees

Izak de Vries, Trisa Hugo, Analize Viljoen Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-17

Trisa Hugo en Analize Viljoen van Boekemakranka deel hulle indrukke van die pas afgelope Toyota US Woordfees. Izak de Vries het met hulle gesels.

Toyota US Woordfees: Wilken Calitz oor sy verwerking van Prente by ’n uitstalling

Izak de Vries, Wilken Calitz Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-06

Wilken Calitz vertel vir Izak de Vries hoe hy hierdie projek aangepak het.

Etienne van Heerden Veldsoirée: Elise Bishop oor Twee lewens

Izak de Vries, Elise Bishop Skrywersonderhoude 2022-10-05

Die Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Elise Bishop het met Izak de Vries gesels oor haar outobiografie Twee lewens.

Vriende van Afrikaans bevorder leesvaardighede in die Baai

Izak de Vries ATKV-Portaal 2022-10-05

"Die VVA het onlangs met ’n multidissiplinêre span deur die suide van die land getoer. Hulle was ook in Gqeberha, waar onderwysers en ouers genooi is om na hulle aanbieding te luister."

Suid-Afrikaanse samelewing weer eens by ’n kruispad: Gesprekke by die Etienne van Heerden Veldsoirée

Izak de Vries Menings 2022-09-26

"In die laat jare tagtig het Suid-Afrika gesteier. Ons land was finansieel in ’n gemors, en die samelewing was vasgevang in ’n brutale geweldsklimaat. Uit daardie dryfsand het leiers verrys wat ’n verskil sou maak."

Jong musici bekoor in die Baai

Izak de Vries Musiek 2022-09-20

"Katleho Mothae, Tiaan Uys en Matthew Perry het onlangs hulle eksamens afgelê en het met lof geslaag. [Bridget] Harrison het toe self ’n plan gemaak om haar studente blootstelling te gee. Sy het ’n minitoer vir hulle gereël met twee optredes in Knysna, een in Gqeberha en een in Makhanda."

Onderhoud: Kirky van Kirkwood sing dat ’n mens moet spring

Izak de Vries, Kirky van Kirkwood Musiek 2022-09-16

Kirky van Kirkwood se tweede enkelsnit, "Spring", is  pas uitgereik. Die lied handel oor iemand wat ’n loopbaankeuse moet maak. Izak de Vries het by Kirky gaan kuier enkele dae voordat sy haar bakkie gepak het om self ’n enorme loopbaanskuif te maak. Gaan jy spring, of spyt wees?

An interview with Tracy Terblanche, manager of Bargain Books Walmer Park

Izak de Vries, Tracy Terblanche Books and writers 2022-08-30

"Chat to one of our helpful booksellers. We can order titles in and source books from many sources. Sometimes it feels like we conjure up books from magical places and we feel like wizards, although Book Wizard is not yet an official job title."

True magic amongst grinding poverty, no fairies: Bridget Krone on her latest book

Izak de Vries, Bridget Krone Books and writers 2022-08-10

Can a dream be born in Cedarville, a place of grinding poverty? Izak de Vries chats to Bridget Krone about The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap, published by Catalyst Press.

Nuwe redaksielid by LitNet se Nuwe Skryfwerk: ’n onderhoud met Didi Potgieter

Naomi Meyer, Izak de Vries, Didi Potgieter Onderhoude 2022-08-04

"Ek het tydens my studies geleer dat kritiek (of in dié geval ’n afkeuring) my beste leermeester is."

Top