Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer.
Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is.
In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf Izak.

Ivermectin, vaccines and science – a vet explains

Marianne Lomberg, Izak de Vries Interviews 2021-02-03

"Ivermectin exploits this communication system: it makes it impossible for the different parts of a worm or other parasite to talk to each other."

Die volkspeler agter die Taalgenoot se sukses

Johan Jack Smith, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-27

"Dis maklik om te skok, maar dis moeiliker om in te lig sonder om te skok."

Ivermektien, entstowwe en die wetenskap – ’n veearts verduidelik

Marianne Lomberg, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-25

"Lede van ’n sportspan praat met mekaar, maar binne ’n mens of ’n dier se liggaam gebeur kommunikasie deur spesifieke chemikalieë wat tussen selle rondgestuur word, amper soos briewe. En ivermektien buit juis hierdie kommunikasiestelsel uit: Hy maak dit onmoontlik vir die verskillende dele van ’n wurm of ’n ander parasiet om met mekaar te praat ..."

Sophia Oliphant gesels oor haar ervaring met COVID-19

Sophia Oliphant, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-13

"Die dood is ’n onderwerp wat nou onvermydelik is. Die mense in my gemeenskap begin nou meer bewus word van die dodelikheid van die virus. Ons is verslae en verlate as die dood intree."

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

Awie Badenhorst, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-12

"Entstowwe, of vaksines, om die wetenskaplike naam te gebruik, word gewoonlik vervaardig wanneer ’n verswakte weergawe van die virus wat die siektes veroorsaak, in ’n persoon ingespuit word om ’n immuunreaksie te ontlok. Die persoon se eie immuunstelsel vervaardig dan teenliggaampies teen die virus."

COVID-19: Die kliniese bestuurder van ’n 200-bed-veldhospitaal vertel

Elma de Vries, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-07

"Dis ’n vreemde virus hierdie. Met gewone griep sal net 1–2% mense hospitaaltoelating benodig, so 98% kan tuis aansterk. Met COVID-19 is dit anders, met omtrent 14% wat ernstig siek word en tot 5% wat krities siek word en intensiewe sorg mag benodig."

Toast rig ’n gemaskerde satelliet op Roof en (Or)Wellington

Izak de Vries Musiek 2020-12-21

"Toe Bob Dylan die Nobelprys vir Letterkunde gewen het, is daar op verskillende forums gesels oor die musiekteks as letterkundige instrument, maar doen ons werklik genoeg om ons liedjieskrywers se bydrae tot ons letterkunde te verreken?"

Ché sing en dans harte warm

Ché, Izak de Vries Musiek 2020-12-15

"Ek kan definitief nie vergeet van die amazing span wat gehelp het om die video ’n sukses te maak nie: Ek en oom Ernst Kleinhans van Select het saam gewerk aan die skrywe van die liedjie. Die videowerk en die redigering was gedoen deur Christiaan Wolf en sy ongelooflike span. Die choreografie was gedoen deur ’n unbelievable danser, Ashley de Moore."

Barack Obama: Die selfoon, die media en die waarheid

Izak de Vries Menings 2020-12-10

"Die konserwatiewe redakteurs uit sy jong dae was soms openlik teen Obama se ideale gekant, maar hulle het die waarheid nagejaag. Vandag kan almal hulle selfone gebruik om op webruimtes te kuier waar die waarheid nie meer saak maak nie."

Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek

Deon Meiring, Izak de Vries Musiek 2020-12-09

"Daardie kinderlike verwondering is byvoorbeeld iets wat vir my belangrik is. Dit help my om meer verbeeldingryk te wees. Dis juis iets wat nodig is om sin te maak uit grense. Die verbeelding om te kan kyk na dit wat moontlik is, al is dit nog nie die noodwendige werklikheid nie."

Die stoute Corona / The naughty Corona: ’n resensie

Izak de Vries Resensies 2020-12-08

"Hierdie mooi, insiggewende teks is deur ’n mediese dokter vir sy kleinkinders geskryf. Die idee was aanvanklik om seker te maak dat hulle nie onnodig vir hulle eie veiligheid hoef te vrees nie."

Wenners van die Arabies-Afrikaans-kompetisie bekend

Izak de Vries Menings 2020-12-04

"Afrikaans kan die taal van versoening wees deur die verskillende herkomste van ons taal te vier en te koester; daarom ook gedenk die Afrikaanse  Taalmonument en -museum die vrylating van ons slawevoorouers en hulle bydrae tot die skepping van ons taal."

Tuin van Digters 2020, ’n fotoberig

Izak de Vries Leefstyl 2020-12-03

"Die jaarlikse Tuin van Digters, wat gewoonlik so na as moontlik aan die verjaarsdag van Breyten Breytenbach val, is vanjaar weens COVID-19-regulasies uitgeskuif na 27, 28 en 29 November. Die tema van 2020 was ‘grendels, slotte, sleutels’. NP Van Wyk Louw het in sy eerste reël van Tristia, XIVb geskryf: ‘Slotreëls is altyd sleutels meer as slotte.’"

Three women providing a catalyst for African literature: An interview

Izak de Vries, JL Powers, Ashawnta Jackson, SarahBelle Selig Interviews 2020-12-02

"I just began to feel excited about the possibility of bringing African literature of all genres to a North American readership – not scholarly work, which I think has some real champions, but crime novels, thrillers, literary fiction, children’s fiction and graphic novels."

Jeugboeke met Johannes: ’n Zoom-gesprek met Maretha Maartens

Johannes Meyer, Izak de Vries, Maretha Maartens PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-11-26

Johannes Meyer en Izak de Vries voer ’n Zoom-gesprek met Maretha Maartens oor haar boek, Bethel se berg wat een van die naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie van 2019 was.

Top