In gesprek met Karen Meiring oor Soomloos by die Suidoosterfees
2023-04-20"Dit was ’n spanpoging, maar ’n produksie soos Soomloos moet in styl verteenwoordigend wees van wat as 'soomloos' beskou kan word. Ons vier Gerwel se lewe en ongelooflike bydrae tot die nuwe Afrikaanse gemeenskap, maar dit is nie ’n geskiedenisles nie."
In gesprek met Veronique Jephtas oor My kroon se krank by die Suidoosterfees
2023-04-20"Kô kyk, want dit gaan oor meer as net hare. Dit gaan oorie oorbegin, die eerlik praat, die awkward phases vannie lewe. Dit gaan oor opstaan en oppie ou einde vannie dag drie vroue wat net gehoor wil wôd, soe kô luister, toe?"
Lynthia Julius is LitNet en die Tuishuise se tweede inwoonskrywer op Cradock
2023-04-19"Met die instelling van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap bring LitNet goeie nuus vir skrywers wat ruimte nodig het om ongestoord met die muse, of met wifi passwords van Jerusalem, in gesprek te tree."
Mutton hour by die KKNK, ’n resensie
2023-04-18"Die basis van Mutton hour is kamisjibai, ’n vorm van straatteater wat gewild geword het in Japan tydens die Groot Depressie. Dit is ’n uur van vet pret – selfs geskik vir vegans."
Mirakel deur Reza de Wet weer opgevoer, ’n resensie
2023-04-17"Ons ekonomie is tans moertoe, maar as jy ’n paar rand kan afknyp, sou ek hierdie stuk vir teaterliefhebbers aanbeveel. Júis ómdat."
Ver in die wêreld Kittie vra vrae by die feeste, ’n resensie
2023-04-17"Kramer maak nooit die fout om te begin preek oor kulturele appropriasie nie. Die stuk sê egter baie duidelik dat die legendariese 'Koos' se bydrae nooit na waarde verdiskonteer is nie. En Kittie, die meisie wat skynbaar warm gevry is deur Pessach en toe agtergelaat is, vertel ’n hartseer storie."
Karatara, ’n resensie
2023-04-12"Die danswerk, dikwels in die donker, en die briljante gebruik van ’n feitlik leë verhoog met bitter min rekwisiete en dikwels nog minder lig, is baie slim."
Mirre en aalwyn deur Nicola Hanekom: twee resensies en steeds ’n soeke
2023-04-12"As die brandende bos die wekroep van ’n leier in die Ou Testament was, sou die kruis die simbool van leierskap in die Nuwe Testament kon wees. Sou emotikons dan die simbole wees van ’n religie gebaseer op die aantal likes wat ’n mens op die internet kan kry?"
My kroon se krank by die KKNK, ’n resensie
2023-04-12"Iemand se hare, natuurlik of nie, dra ’n boodskap. Vir ’n enorme deel van ons landsbewoners is sosiaal aanvaarbaar iets om na te streef."
In conversation with Alfred Hinkel about Stof at the Suidoosterfees
2023-04-12"Because Stof is a once-off. Dit sal nie weer opgevoer word nie."
Kopiereg, billike gebruik en kunsmatige intelligensie
2023-04-05Verskeie taalmodelle, waaronder ChatGPT, kan deesdae teks genereer op aanvraag. En verskeie toepassings, waaronder DALL·E en Midjourney, kan kunswerke skep. Waar laat dit gewone mense met die vraag oor kopiereg? Hoe raak hierdie nuwe tegnologie publikasies soos LitNet?
Is diskriminasie teen transgender en interseksatlete veroorloof?
2023-03-30"Hierdie essay probeer die feite nagaan om die WAF se besluit te verstaan en om te kyk of Taylor korrek is oor 'core principles of inclusion, fairness' en dies meer."
In conversation with Lee-Ann van Rooi about The woman who fed the dogs
2023-03-30"All characters are disturbed and have gone through trauma of some kind; only the depth varies. Nobody is born bad. What happened to her? That is why this is important."
Desiré Gardner is Magda Louw by die Suidoosterfees. Ons gesels met haar.
2023-03-28"Hannes se kennis is soos die weduwee se kruik. Dit hou nooit op nie en dit raak nooit afgewater nie, so ek drink alles op soos ’n spons. Ek hou van sy eerlikheid en opregte leiding met my spel en ook my tekste."
Kopiereg en billike gebruik vir leke
2023-03-23Wat is kopiereg? Hoekom is daar iets soos kopiereg? Mag ek iemand se kiekies op die sosiale media deel? Mag ek ’n gedig met WhatsApp na ’n vriendin stuur? En wat van billike gebruik? LitNet het by Catrina Wessels, ’n kopieregkonsultant en literêre agent, gaan aanklop.

