Swartwater is amateurteater met ’n warm hartklop

  • 3

...
Sommige stories is dus ouer as wat enige van ons vermoed, die hartseer is universeel.
...

Swartwater is na die Nasionale Kunstefees gebring deur Nama Khoi Productions, ’n maatskappy wat gestig is om die storie van die Nama-mense onder die aandag van Suid-Afrika te bring.

Die spelers is (hier bo van links na regs): Serapha Joseph, Annaline Joseph, Liza-Marie de Waal en Diansca Obies.

In die programnotas staan bloot: “A profound exploration of grief and resilience.”

Die stuk is deur Geralt Cloete geskryf.

Swartwater handel oor die lewe van ’n nomadiese groep mense wat nooit behoort nie. Eers trek hulle agter hulle vee aan, dan word hulle deur wit base weggejaag van plase af en moet weer elders gaan bly.

Dit is ’n hartseer storie. Meng daarin die uiters konserwatiewe gemeenskap se onvermoë om met jong meisies oor seks te praat, dan weet jy nou al wat gaan kom.

Die ma se enigste seksopvoeding is dat ’n jong meisie nooit alleen rivier toe moet gaan nie, want daar bly ’n slang wat in ’n mens kan verander; die slang is gevaarlik vir die meisie. In ’n plek sonder TV, internet of selfone is dit al wat ’n meisie weet. Kort voor lank sit sy dan met ’n swellende maag.

Sou iemand die Jesus-verhaal ken, sal hulle weet dat die maagd skynbaar deur die Heilige Gees “besoek” is om haar swanger te maak. Die narratief is natuurlik ’n direkte uitvloeisel uit die Romeinse mites wat geglo het dat die keiser, of Caesar, gebore word uit ’n maagd wat deur ’n slang besoek word. Sommige stories is dus ouer as wat enige van ons vermoed, die hartseer is universeel.

Natuurlik kom vaders, of die totale gebrek aan vaders, ook dan ter sprake. Diegene wat Blonde gesien het, die biofilm oor Marilyn Monroe, sal weet dat die karakter regdeur haar bestaan wil weet wie haar pa is. Swartwater het presies daardie element in.

Eenvoud

Die toneelstuk is eenvoudig, die narratief gemik om ’n storie oor swaarkry te vertel.

Swartwater is ’n kort toneelstuk, die spelers is amateurs. Die storie het wel ’n waarneembare hartklop en die Nama-Afrikaans is pragtig.

Dit sal in sy huidige vorm nie kritici se toptrefferslyste haal nie, maar ek is dankbaar dat ek dit kon sien en sou dit aanbeveel, solank die kyker weet dat dit amateurteater is.

Lees ook:

Persverklaring: Vyf jong skrywers gekeur vir NATi Jong Sterre

Pieter Odendaal se Droomwerk bring postkoloniale denke na die hospitaal

  • 3

Kommentaar

  • Lee-Ann van Rooi

    Dit is nie deur Lee-Ann van Rooi geskryf nie. Ek het saam met hulle vir 'n week in die kaap gewerk, 'n maand voor NAF by Theater Arts Amin Collective (TAAC). Dit is deur jong skrywer, Geralt Cloete, wie deel gaan wees van die Jakes Gerwel Jong Sterre program hierdie jaar. Sal julle asseblief aanpas? Baie dankie 🙂 Vêr weg van die huis af, vol hoop en drome, het hulle diep in my hart ingekryp een daar gaan lê.

  • Toroga Denver

    Daar is tog niks AMAteurs van werk wat ǂANAPEKA of intentional is om ǀARI OF WEGGESTEEKTE KHOIKHOI First nation ǀgarubes of stories te vertel, wat ǃHOA OF PRAAT OOR DIE AMA OF waarheid vir al wanneer systems en organisations nog aspris is om os KHOI mense ǃKHOMPO of dom te hou. Ek sien die woord amateur as diep problematies.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top