Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer.
Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is.
In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf Izak.

Wolk se Hannes Barnard nou ook internasionaal

Izak de Vries, Hannes Barnard Skrywersonderhoude 2020-10-05

Hannes Barnard se eerste roman, Halley se komeet, is pas deur ’n Amerikaanse uitgewer gekoop om dit wêreldwyd in Engels te versprei. Sy tweede roman, Wolk, maak tans opspraak.

Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas

Izak de Vries In memoriam 2020-10-01

"John het egter gesê dit help nie jy sit kos in ’n kind se maag en die kop bly leeg nie. Aanvanklik het hy en Gail sommer hulle eie boeke aan die kinders gegee om te lees, maar uiteindelik het hulle skenkings gekry, en in 2008 is ’n biblioteek begin in ’n skeepshouer wat aan hulle geskenk is."

As die Cape Flats kon praat: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel

Izak de Vries Resensies 2020-09-30

"Dalk kry Fredericks dit reg om ánder stories rugbaar te maak, die kleiner narratief teenoor die meesternarratief."

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

Izak de Vries, Solet Scheeres Onderhoude 2020-09-29

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Johannes Meyer, Fanie Viljoen, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2020-09-29

In hierdie Zoom-gesprek praat Fanie Viljoen met Izak de Vries en Johannes Meyer oor Fanie se jongste boek – die grafiese roman, Laaste lewe.

Huldeblyk in beeld: Die tannies van Bonteheuwel

Izak de Vries In memoriam 2020-09-15

Die twee kosmaaktannies van Bonteheuwel, Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, is kort ná mekaar oorlede. Izak de Vries bring hulde met van sy foto’s.

Die etiek van inentings en toetsing: Izak de Vries as proefkonyn

Izak de Vries Menings 2020-09-03

“Ek het myself laat inspuit met COVID-19. Jip. Jy het reg gelees. Ek het my bevoorregte agterent op daardie stoel neergesit en gesê: ‘Spuit maar, dokter, spuit my in.’”

Johan Combrink-lesing 2020: ’n oorsig en foto’s van die geleentheid

Jean Oosthuizen, Izak de Vries ATKV-Portaal 2020-02-26

"Maak van lees ’n fees."

Fotogalery: Adam Small-fees 2020

Izak de Vries, Johannes Nieuwenhuys Feeste 2020-02-26

Die Adam Small-fees, wat deur Darryl David georganiseer is, het van 21 tot 23 Februarie 2020 in Pniël plaasgevind. Johannes Nieuwenhuys en Izak de Vries deel hulle foto’s.

LitNet Akademies-resensie-essay: Grensgeval as interteks tussen môre en gister

Izak de Vries Seminare en essays 2020-01-09

"Marita van der Vyver se werk lees só lekker dat ’n mens dit op die sand by die see, knus onder die komberse met ’n beker warm sjokolade, of selfs hoog in die berge met ’n kopliggie in ’n grot wíl lees."

Fotoblad: ATR-Kokertoekennings 2019

Menán van Heerden, Izak de Vries Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2019-12-04

Die Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op Vrydag, 29 November 2019 in Bellville plaasgevind. Izak de Vries en Menán van Heerden was daar met hul kameras.

Fotogalery: Stellenbosch-bekendstelling van Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Izak de Vries NB-Uitgewersportaal 2019-11-22

Izak de Vries het foto’s geneem by die Stellenbosch-bekendstelling van Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Die bekendstelling het op 19 November 2019 in Stellenbosch Hotel plaasgevind.

Bongani J Kubheka: "I have found my calling"

Izak de Vries ATKV-Portaal 2019-10-31

"Bongani J Kubheka had an easy smile, and a reason for it: the young singer had won ATKV Muziqanto in 2018, and he has picked up his first Fleur du Cap Award in April 2019. Right now, he is in Germany for the Neue Stimmen Singing Competition in Gütersloh."

US-taalbeleid en die Konstitusionele Hof se beslissing: Afrikaans? Afrikatale? Stellenbosch?

Izak de Vries Universiteitseminaar | University Seminar 2019-10-11

"As Afrikaans ons kwynende ekosisteem wil red, moet ons ander tale se ekosisteme help voed."

Poësie in petrol | Poetry in petrol

Izak de Vries Menings 2019-10-10

"Ek is boonop nie ’n digter nie. Hierdie sou dus nie ’n gedig gewees het nie. Maar in my hand was ’n kamera. So vrinne, kom ons droom."

Top