Loit Sōls is een van ses skrywers wat onlangs vir ’n maand lank in Paulet Huis te Somerset-Oos skryf het. Die residensie is moontlik gemaak deur ’n ruim borg van die Jakes Gerwel Stigting. Loit is deur PEN Afrikaans vir die verblyf genomineer.
Izak de Vries het hom ’n paar vrae gevra.
Waar kom jy vandaan?
Ek is Loit Sōls en my komvandaān Eēste Indigenous Goema, Cape Flats, Kaāpstadt.
Wanneer in jou lewe het jy besluit: “Ek is ’n skrywer”?
It wassië conscious decision; die writing spirit het my gelydelik gepossess van omtren 18 af. Om en by 19, 20 jaā oud het ek my eēste skryf-stills vasgepen inne slim A5 skool excercise boekie.
Die verblyf word moontlik gemaak danksy ’n ruim borgskap van die Jakes Gerwel Stigting, maar jy het aansoek gedoen vir hierdie residensie via ’n PEN-sentrum. Hoe het jy van PEN gehoor en die residensie gehoor?
’n Vriendin het my op WhatsApp gevitèl van dié jaā se particular residency, but Theo Kemp het my al in 2018 ge-inform da-van en angehits om te apply; ek kon toe nie dai tyd wan ek was klaā ge-engage in, en gecommit totte ansoek virre study space.
Wat hoop jy om tydens die residensie te bereik?
Om daā te wies vi my fellow writers, enne groōtere binne-oōr van diepere empathy vi open dialogue te develope. Om te help innie extension (of soe iets) vannie Breytenbach Sentrum se 2016 Tuin van Digters idea: “Kom ons praat anders saam met mekaar”: ’n group-praātsie, geskoei op die model van die Bohm-dialoog: geen agenda, geen debat, slegs mededelings, vrae, betuigings, opmerkings in enige vorm of toonaard, en, hopefully, soe Jakes se legacy te bolster, nie net op te shine.
Hoe vind jy die saamwees met ander skrywers?
Key-woōd: saāmwies. Positively oepkop, embracing en mēdedēlend, but oek lekke challenging. Accepting, idea-vol, informative, fresh, liberating, renewing, but oek prikkelend. Glattie all-knowing, competitive of one-upmanshipperag. Baie humour en tērg, soema vannie begin af. Humble, low-key, but kick-ass walking encyclopaedias, is som van my fellow writers; rērag interested, nie net curious. Cool mēnse.
Somerset-Oos is ’n klein dorpie. Is die stilte goed vir jou skrywerskap?
YOU BET! “Goed” isse understatement.
- Fotografie: Izak de Vries
Lees ook:
Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022
Kommentaar
'n Meer as heerlike onderhoud in eiesoortige liplekker gladdetong loslitidioom sonder kruisbande of brieke! Hou asseblief aan met skryf Loit Sols - dit werk vir my. Welgedaan, Izak.
Dangkie Marietjie, virrie mooi gebaar