Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer. Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is. In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf hy. Foto: Theodore Rossouw

Elsa Winckler, iemand wat lief is vir die liefde

Elsa Winckler, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2021-12-22

"Die agape-liefde sou ek sê kom eers later, lank na eros. Eros is die eerste vonk, die deel waaroor ek so graag skryf, en dis belangrik."

An interview with Greig Cameron, writer and director of Seal Team

Greig Cameron, Izak de Vries Interviews 2021-12-22

"Overall, the entire process was a joy. I always try to make a fun environment where the actors can enjoy themselves. I think that genuine joy translates into the film. Also, it’s easy to forget, sometimes, but we’re making cartoons for a living. If you’re not having fun, you’re doing it wrong."

Die etiek van verpligte inentings

Izak de Vries Menings 2021-12-07

"As mense gedwing sou word om hulle inentingspaspoorte te toon voor hulle winkels, restaurante, kroeë, nagklubs of openbare vervoer mag betree, sal die opname drasties styg. Dit is in talle ander lande bewys. Is dit eties? Dit is."

Selfs Job sou empatie hê met die rateltaaie Ethienne Reynecke

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-23

"Rateltaai is egter nie juis ’n boek oor rugby of gevegskuns nie. Enige een wat belangstel in ’n storie van ’n man wat skynbaar alles teen hom gehad het en steeds kon opstaan, sal hierdie boek geniet. Ek het."

Die pers, die Broederbond en FW se besluit

Hennie van Deventer, Izak de Vries Onderhoude 2021-11-17

"Ek was in die omgewing toe president George Bush vir De Klerk uit die Withuis bel. Dit was maar een bewys van die internasionale impak. ’n Beter bewys as die Nobelprys kan daar seker ook nie wees nie."

Wilbur Smith, ’n gewone man wat vir gewone mense skryf

Izak de Vries In memoriam 2021-11-15

"Ten spyte van ’n opvoeding by Michaelhouse was daar ’n tyd in Smith se lewe dat hy dit nie breed gehad het nie. As twintigjarige het hy ’n ruk lank op ’n vissersboot gewerk."

FW hét ’n keuse gehad

Izak de Vries Menings 2021-11-12

"My kinders verstaan nie die hel van apartheid nie. En dít is ’n voorreg. Die dice het uiteindelik beter geval, oom Adam. My kinders is geseënd."

Why is Ethiopia at war? A Zoom interview with Caroline Kurtz

Caroline Kurtz, Izak de Vries Interviews 2021-11-10

Why is Ethiopia at war? What is the role of Prime Minister Abiy Ahmed, recipient of the Nobel Peace Prize? Is this a repeat of 1974, when the people of Tigray led a revolt on Addis Ababa?

Wetenskap, poësie én teologie – dit bied Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-08

"Bybelstories in perspektief is ’n aktuele werk, een wat die dwaalleringe oor onderwerpe soos evolusie deeglik die loef afsteek. In die plek daarvan bied hy feitelik korrekte, wetenskaplike antwoorde aan jong (en ou) gelowiges."

Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-08

"Waar kom ons vandaan? is ’n moedige poging om die wetenskap kaalkop en baie eerlik aan jongmense bekend te stel. Ek sou dit baie graag in elke klaskamer in die land wou sien, maar wees gewaarsku: Die regse koalisies gaan kwaai hierop reageer."

Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties gesels oor Volume

Hunter Kennedy, Izak de Vries Musiek 2021-11-03

"Daar is altyd ’n herbesinning aan die gang en ja, ons raak natuurlik ouer. Ons gaan nie ophou musiek maak binnekort nie."

“Sielvoeding sal plaasvind” | Brumelda Bell oor Die liedjiemakers en die Suidoosterfees-inry

Brumelda Bell, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-11-02

"Die gehoor gaan inspired wees. Wie weet, miskien is een van die liedjies wat ons doen die rede waar ’n persoon se lewe change in iets positive."

Die tiende Tuin van Digters, ’n visuele oorsig

Izak de Vries Feeste 2021-10-27

"Die wetenskap het digters nodig, aldus ’n wêreldleier in klimatologie. Dit was maar een klein juweeltjie tydens die Tuin van Digters op Wellington. Afrikaanse digkuns en die diversiteit daarvan is gevier in die mooi tuin van die Breytenbach Sentrum."

Quinton de Kock se ondersteuners wys hy én Krieket SA is verkeerd

Izak de Vries Menings 2021-10-27

"As ’n mens die sosiale media gevolg het, sou ek dink dat De Kock nou op sy knie moet gaan, sy vuis moet lig en in Afrikaans skryf: Ek is jammer oor my ondersteuners se reaksie, hulle het my gewys dat #blaclivesmatter nodig is."

“Skep jou eie geleenthede” – Frazer Barry oor skeppende werk en die Suidoosterfees-inryteater

Frazer Barry, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-10-26

"Die musiek is beeldskoon, eerlik en onpretensieus en is ’n getuigskrif van ons Suid-Afrikaanse musikale landskap en kultuurskat."

Top