Liefde is ... oorlogskuns: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 April om 15:00)

  • 2

Dnipro se lughawe is Sondag met bomme bestook. Eben Viktor verduidelik hoe dit hulle geraak het.

Dan kom oorlogskuns ter sprake.

In Oekraïne is beelde wat gebaseer is op die strokiesprent Liefde is ..., op verskeie groot advertensieborde aangebring. Viktor gesels oor hierdie makabere kunswerke, en ook oor liefde, troues en die wisjiwanka, ’n tradisionele Oekraïense hemp met fyn borduurwerk op.

Luisteraars wat die bespreking van die oorlogskuns wil volg, word aangeraai om op hierdie skakel te klik, en dan die prente te bestudeer terwyl die gesprek daaroor handel, maar ons moet waarsku: Van die beelde is bisar. Hou asseblief verby as oorlog en bloed glad nie met jou akkordeer nie.

Om meer oor die pragtige wisjiwanka te lees, google dit gerus die Engelse woord vyshyvanka.

Sien ook:

Oekraïne: Berigte te velde

Ukraine’s nightmare: The Russian Bear and its history

Humor in die oorlogsone: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (21 Maart 2022 om 15:00)

  • 2

Kommentaar

  • Ek is 'n graad 10-leerder wat drama het wat 'n monoloog vir punte moet doen. Ek sukkel om my eie een te skryf en dis waarom ek hier wil aansluit.

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. LitNet sal jou nie kan help om jou eie monoloog te skryf nie. Maar ons kan help om 'n monoloog hier in ons spens op te spoor: https://www.litnet.co.za/category/nuwe-skryfwerk-new-writing/drama/. Kyk bietjie wat is al deur groot geeste geskryf. Lees wyd en kry idees vir jou eie skryfwerk! As dit by nog voorbereiding kom: hier is 'n indeks van vraestelle en memo's wat jy gratis kan gebruik om te oefen - https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Rol daardeur en kyk wat beskikbaar is. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakels om die inhoud in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top