Daar is nog hoop: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (2 Mei om 15:00)

  • 0

Is daar nog hoop onder die inwoners van Oekraïne?

Daar is, sê Eben Viktor, maar alles is nie rooskleurig nie. Hy praat oor die positiewe dinge wat steeds gebeur, maar ook oor die verontmensliking van die oorlog en kollaborateurs wat geld ontvang in ruil vir koördinate waarmee hulle land gebombardeer kan word.

Luister ook hoekom ’n Afrikaanse gedig wat op LitNet verskyn het, nou op PEN Oekraïne se webblad verskyn – in Oekraïens, en in Engels.

Dit en veel meer in hierdie potgooi.

Onder die potgooi deel ons foto’s van Dnipro se plaaslike koerant.

Wees asseblief gewaarsku: Moenie afrol daarnatoe as jy ’n sensitiewe kyker is nie.

Hier is die skakel na Eben Viktor se gedig op PEN Oekraïne se blad.

Hier is die skakel na Eben Viktor se oorspronklik gedig op LitNet.

Redaksionele nota: Die foto’s is weens veiligheidsredes onttrek. Eben se beskrywing in die potgooi is gelukkig baie duidelik.

Lees ook:

Oekraïne: Berigte te velde

Liefde is ... oorlogskuns: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 April om 15:00)

Reusagtig soos Zelenski, Oekraïne op my TV-skerm: Lag. En húil.

Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top