Gustaf Pienaar

Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai. BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)

Advokaat Oswald Pirow

Gustaf Pienaar Rubrieke 2015-08-13

"'My boy,' het Pirow die jong prokureur gerusgestel, 'you insert the digit, I will add the nought.'"

Oliver Deneys Schreiner: appèlregter met ‘n voorliefde vir Packards

Gustaf Pienaar Rubrieke 2015-08-05

"'Mr Rosenberg,' het hy gesê, 'I thought that the business of this company was boiling soap, not cooking the books!'"

Oor Nkandla - en Watergate

Gustaf Pienaar SêNet-briewe 2015-08-05 Gistermiddag het ek met toenemende agting gekyk na regstreekse uitsending van die Openbare Beskermer se perskonferensie oor Nkandla. Die dame het my by herhaling beïndruk. Sy het spreekwoordelik ’n streep in die sand getrek met haar uitspraak dat sy die rol van die Openbare Beskermer in ons demokrasie in ’n sterker posisie wil laat as […]

Marlene Lehnberg, die skêrmoordenaar

Gustaf Pienaar Rubrieke 2015-07-28

"Die ouer lesers onder ons sal ongetwyfeld nog die opspraakwekkende moordverhoor van Marlene Lehnberg en haar handlanger, Marthinus Choegoe, onthou."

Skuldig! Aan 'n poging om 'n misdryf te pleeg ...

Gustaf Pienaar Rubrieke 2015-07-20

"In Schoombie se geval het die appèlhof beslis dat hy wel aan poging tot brandstigting skuldig was."

Aangeklamde uiltjieknippende regter

Gustaf Pienaar Rubrieke 2015-07-13

"Daar was heelparty klagtes teen regter FitzPatrick, onder meer dat hy sy plig sou versuim het deurdat hy die openingsdag van die rondgaande hof op Oudtshoorn, 24 Maart 1877, sou uitgestel het sodat hy 'n plesiertog na Knysna kon onderneem."

Slim Jannie se Rooi Eed

Gustaf Pienaar Rubrieke 2015-07-07

"Broodryk het daarna 'n aksie teen genl Jan Smuts in sy hoedanigheid as eerste minister en minister van verdediging ingestel waarin hy die hof versoek het om die ooreenkoms wat hy met die Unieregering gesluit het toe hy die Rooi Eed onderteken het, ter syde te stel."

Op die spoor van Barend van Niekerk

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-06-25

As skoolseun skryf hy 'n brief vir DF Malan. Wat het daarna van Barend van Niekerk geword?

Regsalmanak: Stemparade

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-06-24

"Met 'n stemparade, het die regter  beslis, behoort die stem ook uitgeken te word onder 'n aantal ander stemme,  anders het die uitkenning nie veel waarde nie."

Regsalmanak: Met die maan gepla

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-06-10

"Wat hy dus in wese  betoog het, is dat die regter self 'n almanak by die datum van die voorval kon  oopmaak, kon kyk of dit daardie aand volmaan was of nie, en dit as 'n  tersaaklike feit in ag kon neem. Nou wat is 'n regterlike  kennisname?"

Regsalmanak: Drie vroue "pleeg" gholf

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-06-03

"Tog het iets lelik skeefgeloop met mev Welsh se slaanslag. Die bal het na regs gevlieg en mev Clark op die linkeroog getref. Die skade aan haar oog was so ernstig dat die oog verwyder moes word."

Regsalmanak: Besproeiingspype

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-05-20

Aan wie het dié plaas se besproeiingspype behoort, en hoekom?

Regsalmanak: "Vermoede van dood"-bevel

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-05-13

"'n Goeie voorbeeld van 'n 'vermoede  van dood'-aansoek vind ons in die 1993 Suid-Afrikaanse Hofverslae. Ene mnr  Govender was 56 jaar oud toe hy in die winter van 1985 sy huis in Chatsworth in  Durban verlaat het. Sedertdien het niemand hom weer gesien nie – nie sy familie  of vriende nie en ook nie sy kollegas by die fabriek waar hy gewerk het nie."

Die paar ure wat Suid-Afrika sonder 'n staatshoof was

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-05-06

"Slim regsgeleerdes het daarna gewonder wie Suid-Afrika se staatshoof was gedurende die paar uur tussen die geboorte van die Republiek om middernag op 30 Mei 1961 en mnr Swart se inhuldiging 'n paar uur later op die oggend van 31 Mei ..."

'n Destydse uitspraak oor die "rooi gevaar"

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-04-28

Dis die week ná Vryheidsdag en in hierdie rubriek skryf Gustaf Pienaar oor hoe Suid-Afrikaners vroeër jare ingeperk was om sosiaal te verkeer weens hul politieke standpunte.

Top