Gustaf Pienaar

Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai. BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)

Pligsversuim

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-04-21

"Nege dae lank het die boot hulpeloos op die see rondgedobber totdat dit naby Lambertsbaai in 'n storm op die rotse geloop het. Al agt bemanningslede, onder wie ene Maweza, het verdrink."

’n Perd se prys, ’n donkie se diens

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-04-14

"Hulle sê trou is nie perdekoop nie. Maar  as 'n mens kyk na al die moeilikheid wat arme mnr Macdonald van Johannesburg  gehad het toe hy by sy buurman – ene generaal Von Mellenthin – 'n perd gekoop  het, dan wil dit wraggies lyk of perdekoop soms 'n groter risiko kan wees as om  voor die kansel te loop staan."

Regsalmanak: Appèlle na die Geheime Raad in Londen

Gustaf Pienaar 2015-04-08 "Greyvensteyn se plaas in die distrik Molteno is deur 'n swerm voetgangersprinkane binnegeval. Die sprinkane het oor die plaas getrek in die rigting van Hattingh en ander boere se plase. Onderweg het hulle heelwat skade aan Greyvensteyn se plaas aangerig."

Res nullius

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-03-30

"Die Hypatia is 'n skip wat jare gelede naby Robbeneiland gesink het. Omdat dit nie meer onder die beheer van sy eienaar was nie, het dit 'n res nullius geword. 'n Sekere mnr Bell het die skip ondersoek en belanggestel in die reusagtige skroef ..."

Menseregtedag en tannie Lee

Gustaf Pienaar 2015-03-20 Sy was 75 jaar oud was toe sy op 28 Januarie 1972 met die gereg in Kaapstad gebots het. Tannie Lee was 'n nooi met wie mens nie op Menseregtedag sou skoor soek nie.

"'n Vaatjie op bene"

Gustaf Pienaar 2015-03-18 "Die winkelier is later deur die hof as ''n vaatjie op bene' beskryf. Hy was 1,7 m lank, het 105 kg geweeg, en was daarby nogal kort van humeur, want hy het mnr A in die hitte van die argument na die warmplek gestuur."

Hulp by selfdoding

Gustaf Pienaar 2015-03-10 "Colombo ... was baie lief om uit ’n veeltal verdagtes dié ouens wat ’n motief vir die moord gehad het, te sif. As hy eers agterkom dat iemand ’n motief gehad het om te moor, het hy soos ’n bloedhond op daardie spoor langs geloop totdat hy die moordenaar kon vastrek. Maar dit was televisie."

Acti de pastu: was dit mense of diere se skuld?

Gustaf Pienaar 2015-02-25 "Du Plessis se diere kon uit eie beweging oorgegaan het na Vlok se plaas, in welke geval daar sprake kon wees van Du Plessis se skuldlose aanspreeklikheid aan die hand van die sogenaamde actio de pastu pecoris."

"Jaar-en-’n-dag-reël" en die gemenereg

Gustaf Pienaar 2015-02-13 "Volgens persberigte sou Jacob Zuma vroeër vanjaar ... gesê het dat Suid-Afrika se probleme 'begin het met die landing van Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap'. ... Van Riebeeck (het) die Romeins-Hollandse regstelsel saam met hom na die Kaap gebring."

Sir James Rose Innes (1855–1942)

Gustaf Pienaar 2015-02-04 "As regter was Rose Innes regverdig, altyd beleefd en geduldig, ontsaglik hardwerkend, iemand wat vinnig tot 'n beslissing kon kom, maar dikwels veeleisend – selfs onsimpatiek – teenoor veral junior advokate."

En as die verkoopsman jou 'n rat voor die oë draai?

Gustaf Pienaar 2015-01-27 "As die gebruikte motor wat as die 'beste transaksie van die eeu' vir jou aangebied is, tog maar 'n paar skete het, of as die druiwe of perskes wat jy by die vrugtestalletjie langs die pad gekoop het, nie heeltemal 'die soetste in die Kaap' is nie, was dit bedrieglike wanvoorstelling?"

Middernagtelike oop hek

Gustaf Pienaar 2015-01-27 "Feit is dat mnr Bowden sy linkerbeen sodanig beseer het toe hy in die donker teen die oop hek vasgeloop het dat hy 'n aksie om skadevergoeding teen mnr Rudman ingestel het."

Lusitania-ramp (en so ietsie oor genl Hertzog)

Gustaf Pienaar 2015-01-21 "Die keldering van die Britse passasierskip Lusitania deur 'n Duitse duikboot in Mei 1915 het 'n indirekte maar tog interessante nasleep in ons lasterreg gehad."

Oor TE Dönges, Tom Naudé en Ariel Sharon: die semi-grondwetlike krisis van 1967

Gustaf Pienaar 2015-01-02 " ’n Vorige Israelse premier, Ariel Sharon, het nou net mooi ’n jaar gelede – op 11 Januarie 2014 – gesterf nadat hy agt jaar vantevore in ’n koma verval het na ’n massiewe beroerte. Die bewustelose Sharon is in verpleeginrigtings versorg sonder dat hy ooit sy amp formeel kon neerlê. Dit herinner aan die semi-grondwetlike krisis wat Suid-Afrika in 1967 beleef het na TE Dönges se beroerte."

Beheer- en toesiggeveg oor 'n kind

Gustaf Pienaar 2014-11-25 "Regter King van die Hooggeregshof in Kaapstad begin sy interessante uitspraak van vroeg in 1994 in McCall v McCall deur daarop te wys dat Amerikaanse paartjies wat skei, die gebruik het om vir hulle vriende 'n groetekaartjie te stuur met die woorde 'The war is over, we are divorced.'"
Top