Gustaf Pienaar

Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai. BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)

1 Augustus: Bankroof-berou in Neelsie se verjaarsmaand

Gustaf Pienaar 2012-08-01 "Maar toe het sy gewete hom begin pla. Hy het besef dat hy met ’n verkeerde ding besig is en het besluit om kop uit te trek. Hy het van die pad afgetrek en was net besig om die voertuig agter oop te sluit sodat hy Singh van sy veranderde voorneme kon verwittig toe die polisie daar aankom."

Al die baie maniere om mense opsetlik dood te maak

Gustaf Pienaar 2012-07-27 "Op 24 Julie 1964 – dis ook al 48 jaar gelede – het John Harris ’n koffer in die hoofsaal van die toe nog nuwe Johannesburgse spoorwegstasie geplaas. Op die koffer was daar ’n nota met dié boodskap - nogal in Afrikaans: "Terug in tien minute". Binne-in was daar ’n bom bestaande uit, onder meer, agt dinamietkerse en ongeveer tien liter petrol."

Shapi die stout olifantjie

Gustaf Pienaar 2012-07-17 "Shapi die olifant was regtig die vredeliewendheid self. Al wat hy gesoek het, was ’n paar lekkertjies..."

Wanneer iets wat jy nie gedoen het nie, jou in die moeilikheid laat beland

Gustaf Pienaar 2012-07-11 "In die meeste gevalle waar mense in ons howe van strafbare manslag aangekla word, is dit omdat hulle iets positief gedóén het wat hul in die moeilikheid laat beland het ... In Russel se geval is hy egter nie daarvan aangekla dat hy iets positiefs gedóén het nie; hy het juis versúim om iets positief te doen, naamlik om vir Mostert te sê dat die krag intussen aangeskakel is."

Het sy die gesig van ’n moordenaar? Die storie van Daisy de Melker

Gustaf Pienaar 2012-07-05 In die week waartydens sy haar verjaardag sou gevier het, skryf Gustaf Pienaar oor die vrou wat tot vandag toe Suid-Afrikaners se verbeelding aangryp.
Top