Gustaf Pienaar
Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai.
BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)
Steekhaarbrakkie
Gustaf Pienaar
2013-05-14
Dalk het dit jou ook al oorgekom. Jy ry nog so ewe rustig op jou fiets rond wanneer jy uit die bloute deur 'n verpeste steekhaarbrak aangeval word – so asof jy een of ander misdadiger is. En wat maak jy?
Geldige testament
Gustaf Pienaar
2013-05-08
Vandeesweek se vertelling is maar net weer ’n illustrasie van hoe belangrik dit is dat ’n mens te alle tye ’n regsgeldige testament moet hê wat aan jou behoeftes voldoen.
Eensame nursies
Gustaf Pienaar
2013-05-07
Neem nou byvoorbeeld die storie oor die 97 verpleegsters van die Verre Oos-Randse Hospitaal wat in 1956 in ’n Sondagkoerant verskyn het.
Die sterfte op die treinspoor
Gustaf Pienaar
2013-05-02
"Maar nou het niemand gesien dat Blom die moord pleeg nie, en tog was daar ’n klomp getuienis, soos die leuens oor die chloroform-kopery by die apteker, die motief rondom Elsie se swangerskap, die leuens oor die spierbeserings, wat natuurlik veroorsaak kon gewees het toe Blom Elsie se lyk op die spoorlyn geplaas het ..."
Berig die koerant oor verwaarloosde bejaardes?
Gustaf Pienaar
2013-04-24
"In eensaamheid, met harte vol heimwee, bring hulle hul skemerdae deur. Al waarop hulle gedagtes teer, is herinneringe – herinneringe aan die dae toe hulle hul hande deurgewerk het om hulle kroos kos, klere en opvoeding te gee."
Wie was Tielman Roos?
Gustaf Pienaar
2013-04-16
"Hy het nie geweet dis die minister van justisie met wie hy praat nie, en toe hy vra watse werk hý doen, het Tielman blitsvinnig geantwoord: 'Ek is die gek wat jou aangestel het.'"
'n Toe mond is 'n heel mond
Gustaf Pienaar
2013-04-08
Hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor ’n 'n ene mej Van Blerk se onderonsie met 'n versekeringsmaatskappy.
Die legendariese William Emil Hollard
Gustaf Pienaar
2013-04-02
Hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor ’n kleurryke regsgeleerde, William Emil Hollard, die man na wie Hollardstraat in Johannesburg vernoem is.
Moenie drink en bestuur nie (of saam met iemand ry wat drink en bestuur nie)
Gustaf Pienaar
2013-03-26
"Dit lyk vir my die vorm van opset wat hier ter sprake is, is dolus eventualis: opset-by-moontlikheid-bewussyn. 'n "Slagoffer" – soos me Lampert – voorsien subjektief die moontlikheid dat om saam met 'n hoogs besope man in 'n driewiel-motorfiets te gaan ry, op 'n botsing kan uitloop waarin sy beseer kan word, en versoen haar met daardie moontlikheid."
Die inbraak 'n eeu gelede: 19 Maart 1913
Gustaf Pienaar
2013-03-19
"Vandeesweek presies ’n eeu gelede – op 19 Maart 1913 – het diewe by ’n bekende Kaapse juweliersaak ingebreek en met ’n vet buit weggekom: 5 000 pond se juwele – in vandag se geldwaarde om en by ‘n miljoen rand."
Speedy (Bokslagter) Gonzales
Gustaf Pienaar
2013-03-12
"Speedy was ’n beesboer op die plaas Zoetvlei in die Vryburg-distrik. Langer as 23 jaar het hy ’n doring in die vlees gehad: sy buurman, Scholtz, se klompie skape en boerbokke."
Die vreesaanjaging en die ryk man
Gustaf Pienaar
2013-03-07
"Saam met die stewige klompie rente wat die hof die eiendomsagent beveel het om te betaal, het Van den Berg seker heelpad bank toe geglimlag."
Aan wie behoort die kroegstoele toe?
Gustaf Pienaar
2013-02-26
"Op grond van dié twee beginsels beslis die hof dan dat die kroegstoele deel van die ingeboude kroeg was en dat mnr S dit kon hou. Die twee staalkabinette moes hy egter aan mnr R teruglewer."