Gustaf Pienaar

Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai. BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)

'n Rowwe diamant

Gustaf Pienaar 2012-11-12 "Broodryk is in hegtenis geneem en aangekla van besit van ongeslypte diamante. Hy het onskuldig gepleit en aan die einde van die staatsaak het sy advokaat aansoek gedoen om sy ontslag – glo omdat daar nooit bewys is dat hy in besit van die diamante gevind is nie."

As jy stilbly, kan iemand jou dalk melk (wat is estoppel?)

Gustaf Pienaar 2012-11-05 "Op ’n dag in 1959 het ’n Thames-vragmotor wat aan Resisto Dairy, ’n melkery in die Kaap, behoort het, êrens op ’n openbare pad gery toe die dieselbrandstoftenk losbreek."

Hierdie brandewyn het die man nie dronk laat word nie, maar wel kranksinnig

Gustaf Pienaar 2012-10-31 "Regter Mouton van die hooggeregshof in Windhoek moes beslis of Stellmacher aan ’n geestesgebrek of ’n geestesongesteldheid gely het, wat sou beteken dat hy ontoerekeningsvatbaar was en ... waarskynlik vir die res van sy lewe ’n staatspresidentspasiënt in ’n inrigting vir sielsiekes sou wees."

Oktober 1996 se emosionele skok en psigiatriese skade: verkeerde baba, verkeerde ma!

Gustaf Pienaar 2012-10-23 "Verdere bloedtoetse wat ook op húlle uitgevoer is, het getoon dat die twee seuntjies kort na geboorte in die hospitaal omgeruil is. Gavin was nie mej Clinton-Parker se natuurlike kind nie; haar kind was Robyn. En omgekeerd: Robyn se natuurlike ma was nie mej Dawkins nie, maar mej Clinton-Parker."

Lente 1926: Daardie dag het Aliwal-Noord nie na 'n vakansiedorp gevoel nie

Gustaf Pienaar 2012-10-17 "Die een groep het stelling op ’n strategiese koppie ingeneem en die ander groep moes probeer om hulle daar uit te kry en die koppie oor te neem. Albei groepe was met Martini-Henry-gewere gewapen, maar natuurlik, omdat dit ’n skyngeveg was, het hulle nie met skerppunt-ammunisie geveg nie, maar met loskruitpatrone."

Oktober 1978: Die man wat moes wegstap van die twee liefdes in sy lewe

Gustaf Pienaar 2012-10-09 "En wat maak die koerantverslaggewer? Hy gaan lap die storie oor Attie se kleurling-herkoms aan Landman uit en vir dié groot Afrikaner is dit omtrent die einde van die wêreld dat sy dogter se kêrel ’n kleurling is." Gustaf Pienaar se regsalmanak handel oor die verhaal agter die destydse film Die Springbok.

2 Oktober 1974: Die dag toe boetie sy ouers ’n groot kopseer gegee het

Gustaf Pienaar 2012-10-01 "’n Sekere mnr Pretorius van Windhoek se omgewing in die destydse Suidwes-Afrika het groot geskrik toe sy vrou hom op ’n aand kom meedeel dat hulle tweejarige seuntjie so pas omtrent ’n hele pakkie pynpille opgeëet het."

26 September: In die hofsaal het dit niks met apartheid te doen gehad nie

Gustaf Pienaar 2012-09-25 "Die landdros se bevel sou net aangeval kon word as dit sou neerkom op ’n ongelyke behandeling van mnr Pitje – en dit, het die Appèlhof beslis, was nie die geval nie."

September 1969: Wat is soeter as heuning?

Gustaf Pienaar 2012-09-18 "Daarom, as ’n swerm bye in jou boom nes maak, word hulle nie jou eiendom nie – net soos ’n voël wat in jou boom nes maak, ook nie jou eiendom word nie. Daarom is enigiemand in beginsel geregtig om die heuningkoeke van sulke wilde bye vir hom te neem."

9 September: Die volgende baba was ‘n glipsie (maar dis nie wat jy dink nie)

Gustaf Pienaar 2012-09-12 "Dit was mnr en mev E se vierde kind, maar die glipsie was nie die egpaar s’n nie. Dit het só gebeur ..."

4 September: Sou jy 'n glasie klink op hierdie hofuitspraak?

Gustaf Pienaar 2012-09-07 "’n Mnr Swart van Middelburg in die destydse Transvaal was die eienaar van 'n gebou wat ene mnr Vosloo gehuur het vir die bedryf van 'n drankwinkel. Die skriftelike huurooreenkoms het bepaal dat as Vosloo vervolg sou word weens 'n oortreding van die Drankwet, Swart die reg sou hê om die huurkontrak onmiddellik te kanselleer."

25 Augustus: die afsterwe van ’n bejaarde steekhaarbrakkie (en twee bulhonde)

Gustaf Pienaar 2012-08-30 "Die DBV moes boonop mev Clarke se regskoste vir die getwis oor die eksepsie betaal. Hulle het te laat agtergekom dat haar byt méér as haar blaf was."

Wees mooi sonder om lelik te wees

Gustaf Pienaar 2012-08-23 "Die beweging Beauty without Cruelty het in Augustus 1985 by minstens twee spoorwegstasies tussen Kaapstad en Simonstad groot advertensieborde gehuur en daarop ’n baie omstrede maar hoogs effektiewe advertensie geplak."

13 Augustus: Hoekom Douglas se kerk hierdie week op die map is

Gustaf Pienaar 2012-08-15 ’n Gemeentelid se testament het hierdie kerk onnodig baie geld gekos.

9 Augustus: Soms is regskoste nie "peanuts" nie

Gustaf Pienaar 2012-08-09 "Tussen Junie en Augustus 1944 het hy teenoor die koöperasie die wanvoorstelling gemaak dat hy ’n baie groot grondboontjie-oes gehad het. In werklikheid het hy nog nooit grondboontjies geplant nie en het hy nie soveel as ’n enkele pit aan die koöperasie gelewer nie."
Top