Gustaf Pienaar

Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai. BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)

Moord onder dwang

Gustaf Pienaar 2013-09-05 "Gedurende die aand van 11 September 1970 het twee mans – wat in die latere hofsaak bloot as beskuldigdes 1 en 2 geïdentifiseer is – in die buitewyke van Knysna gestap."

Die betekenis van “kontant” in ? testament

Gustaf Pienaar 2013-08-16 Is daar in jou testament dalk woorde of bepalings waaroor daar ná jou dood gestry kan word? Indien daar by jou enige twyfel is, gaan spreek jou prokureur dat hy jou testament deeglik onder oë neem. Die laaste ding wat 'n mens wil hê is dat daar na jou dood hofsake tussen jou erfgename moet wees.

Verlore varkie

Gustaf Pienaar 2013-08-08 Vandeesweek se hofsaak vertel die amper droewige verhaal van 'n boer, ene mnr Scheepers van Vryburg, wat in die middel-sestigerjare van die vorige eeu vyf varke met sy bakkie dorp toe vervoer het.

Is die Mercedes “bestuur”?

Gustaf Pienaar 2013-08-02 "Wat mnr Smith presies gedoen het, sê die hofverslag ook nie, maar op 'n manier het hy die aansitter van die motor in werking gestel, en omdat die motor in rat was, het dit vorentoe gespring."

Kokstad se straatligte toegelig

Gustaf Pienaar 2013-07-30 "Die dorpie het metterjare so ontwikkel dat die munisipaliteit in 1906 'n kontrak met 'n firma gesluit het vir die beligting van Kokstad se strate saans met gasligte."

Daders, mededaders, medepligtiges, mede-als

Gustaf Pienaar 2013-07-19 Ons lees omtrent daagliks in die koerante dat daar meerdere mense betrokke is by die pleeg van misdade, en daarom word daar in ons reg onderskei tussen daders, mededaders, medepligtiges en begunstigers.

’n Bespreking van die appèlhofuitspraak in Minister van Polisie v Frederik Barend van der Vyver

Gustaf Pienaar 2013-07-15 "In hierdie bespreking bepaal ek my by die betrokkenheid van superintendent Bartholomew – hoofspeler in die sogenaamde "bloedspoor"-getuienis – by die vervolging van Fred van der Vyver, asook die betrokke howe se uitsprake in daardie verband."

Retensiereg en die Beechcraft 90

Gustaf Pienaar 2013-07-11 "’n Retensiereg verleen aan iemand die reg om die eiendom van ’n ander persoon in sy besit te hou totdat hy vergoed word vir geld of arbeid wat hy aan die betrokke eiendom bestee het."

Ongrondwetlike vermoedens in wetgewing

Gustaf Pienaar 2013-07-09 "'n Bejaarde Zoeloe-vrou is aangekla van die besit van dagga. Sy was die hoof van 'n kraal in die Elenge-gebied in die distrik Msinga in KwaZulu-Natal."

Risikoreëling by koopkontrakte

Gustaf Pienaar 2013-06-28 "Nadat die koopkontrak gesluit is, het die huis afgebrand."

Pofadder (en nog 'n pynlike byt van 'n ander aard)

Gustaf Pienaar 2013-06-25 "Die ongelukkige Castell-Castell se vinger wou nie genees nie, want dis ’n ander ding van die pofadder: sy gif is sitotoksies: dit vernietig met ander woorde weefsel." 

Negotiorum gestor

Gustaf Pienaar 2013-06-18 "Uiteindelik sit jy met die rekenings van die loodgieter en die glashandelaar, terwyl jou huishulp aan die einde van die week haar volle loon van jou verlang, hoewel sy twee dae lank in werklikheid vir jou buurman gewerk het."

Versari in re illicita

Gustaf Pienaar 2013-06-11 "Gedurende die herfs van 1959 het ene Van der Mescht en sy vriend Arie Groesbeek in Groesbeek se huis ’n verbinding van goud en kwik op ’n stoof tot kookpunt verhit met die doel om die goud daaruit af te skei."

Versigtig met die kaas!

Gustaf Pienaar 2013-06-04 "Om kaas te eet kan lewensgevaarlik wees," sê regter Hiemstra in 'n hooggeregshofuitspraak van 1964.

25 Mei: "drank deeply of brandy"

Gustaf Pienaar 2013-05-27 Soos appèlregter Holmes dit later gestel het: 'To ease his troubled exit through life’s twilight he drank deeply of brandy.'"
Top