
Elders gesien: Oor ’n onverwagse meevaller vir ’n handtekeningjagter
2024-02-03"Onwillekeurig kyk ek of daar nie getekende eksemplare onder die H&R’s is nie. Die hoop beskaam wraggies nie."

Elders gesien: Die verrigtinge in die Vredespaleis, Den Haag
2024-01-17"Die verrigtinge het my telkens ’n doodgewone vraag laat vra: Wat maak dat Hamas vir Israel só intens haat?"

Gustaf Pienaar reageer op die voortslepende Gelyke Kanse | Universiteit Stellenbosch-sage – en die Fourie-verslag
2019-12-03"Indien die aanloop tot die uitspraak nie die toets van grondwetlikheid slaag nie, is die uitspraak self dan mos ook ongrondwetlik."

Heldeverering van Tsafendas ’n gevaarlike speletjie in ’n erg verdeelde land
2019-04-04"Ons het nie nóg ’n buitelander nodig om vir ons te kom vertel hoe ons ons geskiedenis moet verstaan nie."

Harris Dousemetzis se omstrede biografie oor Tsafendas: nóg ’n leser se indrukke
2019-02-27"In my gereelde Saterdag-rubriek in Die Burger het ek op 19 Januarie 2019 vertel het hoe ek my vervies het vir die Brit Harris Dousemetzis wat in sy boek oor Dimitri Tsafendas, The man who killed apartheid], téén alle logika en doodgewone gesonde verstand in aanvoer dat Tsafendas volkome rasioneel was toe hy Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 in die parlement om die lewe gebring het."

Oor brande en brandstigting
2019-02-12"Wat nodig is, is die politieke wil om die grondliggende redes vir geregverdigde protes uit die weg te ruim, maar ook om die epidemie van brandstigting in ons land permanent die nek in te slaan. My oproep is: Verskerp die toepaslike wetgewing, brei die gemeenregtelike posisie uit, vervolg oortreders meedoënloos en straf hulle swáár."

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud
2018-10-01"[D]atums gee dus konteks – ook wat ons regserfenis betref. ’n Mens sou weliswaar ’n boek soos hierdie tematies kon aanpak met stories oor die verskillende vertakkinge van die reg: strafreg, deliktereg, kontraktereg, administratief- en staatsreg, en dies meer. Ek het egter gereken ’n datumgekoppelde benadering mag dalk ’n ongewone, vars invalshoek wees."

Redelike twyfel deur Chris Marnewick: ’n resensie
2018-07-09"Redelike twyfel se groot verdienste lê daarin dat ons met ’n hofdrama te doen kry wat in elke opsig geloofwaardig is ... Die ervaring van die skrywer, self ’n senior advokaat, is in dié opsig ’n reuse-aanwins."

My (onuitgesaaide) "Monitor"-verslag uit Rhodesië – winter, 1978
2017-12-14"Ek was ietwat bewoë toe ek op die aand van 21 November 2017 op TV die jillende, juigende skare gesien het wat in Harare se strate feesgevier oor die einde van die katastrofiese Mugabe-bewind."

Regsalmanak: Sandverkope – inkomste of kapitaalwins?
2017-03-08"Dit spreek vanself dat as die sand eenmaal van die plaas af verwyder is, dit op geen manier aangevul kan word nie en dat die voortdurende verwydering van sand van die plaas af klaarblyklik die waarde daarvan verminder."

Pandemonium in die parlement se besoekersgalery: multis cum lacrimis (overgeset synde: “met die vloei van baie trane”)
2017-02-16"Kort nadat die EFF-lede uitgeboender is, het pandemonium op die openbare galery ontstaan nadat vermoedelik pepersproei (of was dit traangas?) daar gespuit is."

Regsalmanak: Shangri-la – Onrus op ’n laaste rusplaas
2017-02-08"Onthou: al was die oppervlakkige getuienis van die begraafplaas uitgewis, was die grafte en die stoflike oorskot van die heengegane mense nog steeds dáár."

Regsalmanak: Caveat subscriptor
2017-01-12"Die Romeine het al eeue gelede gewaarsku: caveat subscriptor – 'koper, wees versigtig!'"

Regsalmanak: Konstitusionele hof – die howe is nie die beste plek om kerklike geskille te besleg nie
2016-11-21"Net mooi ’n jaar gelede, op 24 November 2015, het die konstitusionele hof uitspraak gelewer in ’n saak wat ook met selfdegeslaghuwelike verband hou."

Regsalmanak: Padwoede is nie die "nuwe normaal" nie
2016-11-14"Dit het meer as een keer gebeur, en toe die twee motoriste albei by ’n verkeerslig stilhou, het Eadie uitgeklim, ’n hokkiestok uit sy motor gehaal en op die ander ou afgestorm."